Nederland

kaart

Wat sou ons ou voorvaders meer as drie eeue gelede hiervan gedink het: ons vlieg ‘n skrale 11 ure aan die ongeveer 10,000 – 11,000km (soos die kraai vlieg).  So bv. het die skip “Borsenburg” Texel in Noord-Holland op 5 Januarie 1688 uitgevaar, en na meer as vier maande, op 12 Mei 1688 eers in die Kaap aangekom.

seevaart

Op 22 April 2013 begin ons die voetspore van ons Nederlandse stamvaders op te soek in plekke soos Leeuwarden, Boazum en Weidum, en terwyl ons daar was moes ons doodeenvoudig ook o.a. Amsterdam, Zaansche Scans en Volendam verken!

nederland

Wat ‘n pragtige, skoon en geordende land.  Nederland het sy donker, liberale kant ook, maar daarvan is min te sien in die platteland. Hier sien jy oral fietse, nogmaals fietse, duisende fietse, water, groen gras, blomme, windmeulens, antieke dorpies, kerke, kaas en friesbeeste.

Ons familie se direkte Nederlandse voorvaders:

Douwe Gerbens Steijn van Leeuwarden, Friesland

Cornelis Gerritsz van Nieukerk van Nijkerk, Noord-Holland

Abraham de Klerk van Serooskerke, Zeeland

Jan Georg Bender van Amsterdam, Noord-Holland