Frankryk

FRANKRYK

‘n Pragtige land van kleurvolle landskappe – manjefieke berge, vrugbare valleie, wingerde, olyfboorde en goudgeel canola landerye. Poskaartmooi Middeleeuse dorpies lê naby aan mekaar en spog elkeen met ‘n Middeleeuse kerk, ‘n antieke kasteel , of ‘n ruïne.

Pontaix (43)

Poitiers na Noize (8)

ruine

Ons Franse voorvaders,  die Hugenote, het in 1688 in Suid-Afrika aangekom na erge godsdiensvervolging deur hul Rooms-Katoliekgesinde koning in Frankryk . Onder haglike omstandighede het hulle met verskillende roetes uit hul geboorteland gevlug, bv. oor die Franse Alpe, deur Switzerland en Duitsland na Amsterdam.  Die Nederlanders moes plan maak met die baie vlugtelinge en aangesien hulle ‘n digter bevolking aan die Kaap wou hê, het hulle emigrasiepakette vir die Franse aangebied.

Hierdie handjievol Franse – minder as 200 siele uit die 400,000 wat uit Frankryk gevlug het , en hul nasate  het ’n ongelooflike bydrae gemaak tot die kultuur, geestelike lewe en ekonomie van ons land. Dit is jammer dat ons, die nasate van hierdie moedige Hugenote, die taal en kultuur van ons voorvaders verloor het.

Ons familie se direkte Franse voorvaders:

Jean Prieur du Plessis van Pointiers

Louis Fourie van Pontaix of Livron