DIE VOOR- EN NAGESLAGTE VAN

 

ANDRIES BAREND FREDERIK STEYN

(van Eendvogelpan)

  steyn wapen

 

  Die Suid-Afrikaanse Steyn Familiewapen.

                        Die wapen is amptelik in Maart 2014 by die Fries Heraldiese Vereniging (Fryske Rie foar Heraldyk) geregistreer deur Lodewyk Christiaan Steyn .

  

dgsteyn-sign-small[1]

__________________________________________

HERKOMS VAN DIE NAAM STEYN

__________________________________________

STEIJN – STEYN

Vroeër jare het die Nederlanders nie vanne gehad nie.  Patronieme is gebruik soos bv. Douwe Gerbens was “Douwe” seun van “Gerbens”. Gerbens Jacobs was weer “Gerbens” seun van “Jacobs”, ens.  Dit is eers heelwat later dat die gebruik van vanne verpligtend geword het. Douwe Gerbens het in die Kaap die van “Steijn” aangeneem wat moontlik gedui het op sy ambag as “Baas Metselaar”. Die Nederlandse woord “steen” beteken klip of rots.

Variasies van sy naam en van soos verskyn in ou dokumente en kerkregisters: Douwe, Douwen, Douw, Gerbens, Gerbrants, Gerbrantz, Gerbrandse, Gerrebrandtze, Gerbrant, Gerbrandze, Gerbrantsze, Gerb:, Stein, Stijn, Steijn.

__________________________________________

HERKOMS VAN DIE STAMVADER DOUWE GERBRANTS (GERBENS)

__________________________________________

DOUWE GERBRANDTS (GERBENS), seun van GERBEN JACOBS en ANTJE HUIGIS (HUIGS of HEYNIS)  is gebore in ongeveer 1631 en gedoop op 10 Julie 1631 in Bozum, Friesland, Nederland.

‘n Uitreksel uit die “Collectie Doop-, Trouw-, Begraaf- en Lidmaatboeken (DTBL) Hervormde gemeente Bozum, doop 1616-1657” – Bron: Fries historisch en letterkundig centrum (Tresoar):

Baarderadeel, dopen, doopjaar 1631, Gedoopt op 10 juli 1631 in Bozum, Dopeling: Douwe, Vader: Gerben Jacobs, Moeder: Antje Huigis

Gerben Jacobs en Antje Huigis is getroud op 25 Junie 1620 in Bozum – Bron: Fries historisch en letterkundig centrum (Tresoar):

Vermelding: Bevestiging huwelijk op 25 juni 1620 in Bozum, Bruidegom: Gerben Jacobs afkomstig van Bozum, Bruid: Antye Heynis afkomstig van Bozum, Opmerking : hij is weduwnaar 

GERBEN JACOBS en ANTJE HUIGIS se kinders:

1.      Jacob Gerbens is gedoop op 16 Maart 1623 in Bozum.

2.      Agniet Gerbens is gedoop op 11 Desember 1625 Bozum.

3.      Huigh Gerbens is gedoop op 21 Desember 1627 Bozum.

4.      Nieske Gerbens is gedoop op 25 April 1630 Bozum.

5.      DOUWE Gerbens is gedoop op 10 Julie 1631 Bozum.

6.      Jan Gerbens is gedoop op 26 Mei 1633 Bozum.

7.      Dirck Gerbens is gedoop op 19 April 1635.

8.      Agge (Aege) Gerbens is gedoop op 27 Maart 1642.

Sy vader, Gerbens Jacobs, se eerste huwelik was met Jetske Teekes (Yets Taeckis).  Hulle kinders word ná sy huwelik met Antje Huigis in Bozum gedoop (Gedoopt op belijdenis): Ietske is gedoop op 13 Mei 1621. Bauck is gebore in 1612 en gedoop op 2 September 1625. Win is gebore in 1610 en gedoop op 2 September 1625. 

BOAZUM (BOZUM) 

Boazum (in Hollands: Bozum) is ‘n klein dorpie in die voormalige Baarderadeel gemeente (tans Littenseradiel), Friesland, met ongeveer 400 inwoners. Dit is een van die eerste Frieslandse gemeenskappe wat in dokumente genoem is.  Douwe Gerbens en sy familie se dooprekords wys dat hulle hier gedoop is.  Die kerk op die dorp word die Boazum Kerk of die Sint Martin Kerk genoem en is ‘n voorbeeld van twaalfde-eeuse romantiese argitektuur. Die kerk was oorspronklik ‘n Rooms-Katolieke tempel toegewy aan St Martin, maar word ‘n Protestantse kerk ná die Protestantse Hervorming. Dit is gelys as ‘n Rijksmonument – nommer 8473.

bozumkerk

Twee nasate van Andries Barend Frederik Steyn, voor die ou kerk op Boazum –Andries Barend Frederik (André) du Plessis en sy dogter Cindy Bam. 

__________________________________________

DOUWE GERBENS se eerste huwelik is op 18 Maart 1657 in Leeuwarden, Friesland met Rixt (Rikstje) Egberts, dogter van Jense Egberts.  Sy is gedoop op 1 Januarie 1632 in Leeuwarden en word op 16 Januarie 1661 ‘n lidmaat van die NH kerk in Leeuwarden. Volgens die Ondertrouwboeken van die Nederlands-Hervormde Gemeente van Leeuwarden het albei ten tye van hul huwelik in Weidum gewoon:

Naam man: Douwe Gerbens van Weidum, Naam vrouw: Rixt Egberts van Weidum,  Datum ondertrouw: 18-03-1657

Twee seuns word in die Doopboeken van die Nederlands-Hervormde Gemeente van Leeuwarden aangeteken; Age Douwes (z) gedoop op 11 Oktober 1661 in Leeuwarden en Gerben Douwes (z) gedoop in Leeuwarden op 25 Oktober 1663.

Op 16 Mei 1687 lê Douwe ‘n verklaring in die Kaap af voor sekretaris Grevenbroek waarin hy al sy eiendom in die vaderland (Friesland), veral sy huise en erwe in die dorp Weidum, aan sy seun “Age Douwez Stein oordra (transporteert). Sy jonger seun is as kind oorlede.

“Verschijnd voor mij JG de grevenbroek secretaris deses Commandements Douw Gerbrant Stein metzelaar in dienst der e Comp, hier bescheide, dewelke in tegenwoordigheid der ondergeschreve getuigen verklaarde, getransport: gecedeerd, en in vollen eigendom overgelaten te hebben, gelijk hij transporteert, cedeerd en in vollen eigendom uijt vaderlijke leivde mist desen overlaat an soon Age Douwez Stein Burger tot Amsterdam, alle sijne so roerende als roerende goederen, egene uitgesonderd, die hem comparant in ‘t vaderland toebehoren en eigen zijn, en particulierlijk sijn huijsen en erven in ‘t dorp Weidom bij Leeuwarden in Vriesland gelegen, om daarmee te doen en te handelen als met sijn eigene geacquireerde goederen, en so hijh best te rade werden sal…”

Douwe en Rixt het in 1663 ‘n huis in Leeuwarden aangekoop. Volgens John Muir se artikel in die Huisgenoot van 18 Desember 1931, het mej. R. Visscher die argivaris van Leeuwarden vir hom ‘n soeke na Douwe gedoen. Die onderstaande is ‘n uittreksel uit haar brief gedateerd 12 Maart 1923:

“Zoo vond ik hier in 1663 nog een Douwe Gerbens vermeld die in dat jaar, met zijne vrouw Ricxt Egberts, een huis aankoopt.”

WEIDUM

Weidum is ‘n klein dorpie op die weste-oewer van die Zwetterivier, in die voormalige Baarderadeel gemeente (tans Littenseradiel), Friesland – ongeveer 9 km suid-wes van Leeuwarden en ongeveer 8 km voor Boazum waar Douwe Gerbens gedoop is. Die dertiende-eeuse Hervormde Kerk word ook genoem die Johanneskerk en is oorspronklik gewy aan Sint Johannes die Evangelis.

kerk

Die Johanneskerk – Lytse Buorren 3, Weidum.

koster

 André en Cindy saam met die kerk se \koster, Geeske Limburg.

LEEUWARDEN

Leeuwarden is die hoofstad van Friesland en word algemeen aangegee as die stad van herkoms van stamvader Douwe Gerbens Steijn.

leeuwarden nh kerk

Huizum Nederlands Hervormde Kerk in Leeuwarden. Die oudste kerk in die gemeente Leeuwarden.

 friesland kaart

Leeuwarden na Weidum – ongeveer 9 km. Weidum na Boazum – ongeveer 8 km.

friesland drag

Die mense van Friesland (Fryslân) het hul eie vlag, eie volkslied en praat Frysk (Fries).

__________________________________________

DOUWE GERBENS SE LEWE AAN DIE KAAP

__________________________________________

DOUWE GERBENS (GERBRANDTZ) is in ongeveer 1668 – 1672 deur die Hollandse Oos-Indiese Kompanjie na die Kaap gestuur as “baasmetselaar” om te help bou aan die Kasteel.

hoeksteen

‘n Gedenkplaat by die Kasteel in Kaapstad verwys na Douwe Gerbrandtz Steyn:

“The erection of the five-cornered stronghold with its bastions was done under the supervision of engineer Dombaer, Master-builder Douwe Gerbrandtz Steyn and joiner Adriaan van Braekel.”

Die eerste verwysing na Douwe in die Kaap is sy handtekening as getuie op ‘n ooreenkoms gedateer 8 Junie 1672. Met verloop van tyd het hy ander poste in die Kompanjie beklee. In 1686 was hy die opsigter van die Stellenbosche begraafplaas en gedurende 1697 was hy hoof tuinier en landmeter. Heelwat van sy dokumente en tekeninge as landmeter bestaan vandag nog. Onder die werk wat hy gedoen het, was onder andere opmetings vir Olof Bergh, Abraham Hartog, Samuel Elsevier, Simon van der Stel, W.A. van der Stel, Frans van der Stel en Johan Blesius. Op 19 Augustus 1685 trou hy in die Kaap met MARIA LOZEE, ‘n slavin van Johannes Coon.               

“ao’ 1685 Den 19 dito (Augustus) Douwe Gerbrants van Leuwarden, en Maria Loozee van de Caep”. 

Ten tye van hul huwelik het Maria alreeds ‘n 2-jarige seuntjie gehad wat daarna die van Stein/Steijn gedra het. Douwe noem hom ook in sy testament met dieselfde van.  Hierdie seun Jacob (Jacobus) is die ware stamvader van die Steyns in Suid-Afrika, en alhoewel daar nie sekerheid oor die identiteit van sy vader is nie wil dit tog voorkom asof Jacobus die biologiese seun van Douwe was en buite-egtelik gebore is voor hulle huwelik.

Maria Lozee is gedoop op 12 September 1666. Na Douwe se dood trou Maria met met Paul Heyns en sy sterf in April 1743. Maria, haar moeder Marie van Bali/Angola, en suster Cornelia was slavinne van die Coon familie en die getuie by haar seun Jacob (Jacobus) se doop was Juffrou Koon. Die slawekwartiere in die Kaap is bekend as die slawe lozee.

“een slavinne kint van Joannes Coon gedoopt onder getuychen van den heer en wiert genaemt Maria”

In Februarie 1683 was Douwe Gerbrandtz Steijn een van die eerste boere wat grond in Stellenbosch bekom het.  Dit was die plaas “Oude Molen” wat hy weer in 1687 verkoop het:

“In den jare 1683 in Februari is an Douwe Gerbrantsz Stein, doenmals als Vrijman sig hier generende in volle en vrijen eigendom vergind en toegestaan………..seker stuk lands gelegen an Stellenbosch, strekkende Noordelijk tegen het land van den Vrijburger Jan Jansz van Eden, Zuidelijk tegen dat van Jan Cornelisz van Oudbeijerland, Oostelijk tegen het land van Harmen Jansz van Noordhoorn, en Wetelijk tegen het gebergte, groot seventien morgen en seven Rhijlandsche roeden en vijf vierkante voeten. ”

Stellenrust

 Stellenrust, die voormalige Oude Molen Stellenrust,  waar wyn met die naam “Douwe Steyn” gemaak word.

vdbijlhuis

Van der Bijlhuis, Markstraat 37, Stellenbosch.  Die gebou staan op grond wat oorspronklik deel gevorm het van die plaas Oude Molen wat in 1683 aan Douwe Steijn uitgereik is.

Na die verkoop van “Oude Molen” verkry hy van 1692 tot 1694 die plaas “Rustenburg”, vandag bekend as “Stellenrust”. Op 27 Maart 1685 het hy ‘n tweede plaas op Dwarsrivier in Stellenbosch gekoop uit die die boedel van Barend Hendricks.

Buiten die plase het hy ook ‘n huis op Stellenbosch en ‘n huis en in Tafelvallei besit:

“seker stuq huijservs gelegen in dese Tafelvallei op den hoek van de eerste Berg dwars straat en Oliphant Straat” gekoop vir 40 g. Caabse of Indische valuatie,”

Douwe word ‘n hele paar keer in kerkregisters genoem as getuie (peetouer) en is in 1689 tot diaken gekies en later as ouderling.

douwe testament

‘n Uittreksel uit Douwe Gerbrand(t)s Steijn se testament.

douw steijn signature

Douwe se handtekening op sy testament van 1699.

Douwe is in April 1700 oorlede en begrawe in die kerkhof van die Groot Kerk, Kaapstad.

“Aan Cabo de boa Esperance ult. April 1700. Soveel deese maand aan geregtigheden van begrafenissen is ingekomen, te weten, van baas douwe en twee kinderen 24g.”

Sy dood word gemeld in ‘n brief geskryf deur J. Phyffer, gedateerd 2 Junie 1700 (uit die “Precis of the Archives of the Cape of Good Hope: Letters Received, 1695-1708”, saamgestel deur H. C. V. Leibbrandt):

baas douwe

John Muir sê die volgende van Douwe Gerbrants in sy artikel in die Huisgenoot van 18 Desember 1931:

Hy was ‘n betroubare man van vaste oortuigings, ‘n geskikte stiefvader vir ‘n familie wat vandag baie duisende tel en vir wie hulle en Suid-Afrika nie skaam hoef te wees nie.

__________________________________________

EERSTE GESLAG IN SUID-AFRIKA

__________________________________________

DOUW GERBRANTZ STEIJN en MARIA LOZEE se kinders:

1.   JACOBUS, die ware stamvader, was Maria se “voorseun” en aangeneem deur Douwe.

2.  Anna (Antie) was gedoop op 24 Augustus 1692 en getroud met Marthinus Prins. Sy was agt met haar vader se dood. “1692 Den 24 dito (Augusti) een kint gedoopt waer van vader is Douwe Gerbrants Stein, de moeder Maritie Loozee, als getuijge stont Barbara Rottinga, is genaemt Antie.”

__________________________________________

JACOBUS STEIJN is gedoop op 29 Augustus 1683 en hy was sewentien met Douwe se dood. Sy doop:  “1683 Den 29 dito (August) Jacob de moeder Maria Lossee (get) juffrou Koon.”

In Douwe se testament word Johannes genoem as sy huidige vrou se voorseun wat die naam Steijns dra.  Hy erf drie honderd guldens in Kaapse waarde:

 “Verders heeft hij testateur nog gelegateert aan sijne praesente vrouws voorsoon Jacobus mede genaamt Steijns een somme van geliycke drei hondert guldens alle caapze valuatie.”

JACOBUS trou op 24 Oktober 1706 met MARIA POTGIETER, dogter van Harmen Jansz Potgieter en Isabella (Beeletjie) Frederiks.  Sy is gedoop op 31 Augustus 1687 in Drakenstein.

jacobus huwelik

Jacobus was ‘n vryburger, ‘n boer asook ‘n slagter – soos aangeteken in die die Resolusies van die Politieke Raad van die Kaap die Goeie Hoop op Dinsdag 5 April 1718:

“Dingsdagh den 5e April 1718, voormiddags. D’ ondergetekende burgerraden ter hand sijnde gestelt seker request door de vrijslagters Hendrik de Vries, Gijsbert Lafebre en Jacobus Steijn ”

precise

Hy blyk ook ‘n goeie skut te wees en wen ‘n afdeling in die papegaaiskietkompetisie op 3 November 1704.

In 1719 koop hy “Welgemeent”, ‘n paar hektaar grond in die Kaapse Tuine teen die hang van Tafelberg, met waterregte uit die Waterhoffontein. In die eerste helfte van die agtiende eeu het die grond in die Tuine dikwels van eienaars verander omdat landbou te beperk was op die klein stukkies grond.  Op 14 November 1730 verkoop hy “Welgemeent”, aan Johannes F.C. Michault vir 5 000 guldens, asook 1 200 skape en roerende eiendom vir 1 300 guldens. Hy het die eiendom langer bewoon as enige ander vorige eienaar.  Deur die jare is die huis en gronde vergroot en in die 19de eeu word die breë stoep en pilare aangebou. Die eindom word in 1944 as ‘n Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar.

 welgemeend kaart

 ‘n Akwarelle van die Tuine deur Johannes Schumacher uit die boek “Die Kaap in 1776-1777.”deur A. Hallema. “Welgemeent” is een van die eiendomme aan die regterkant.

 welgemeend posisie

Welgemeend is tans ‘n huweliks- en konferensiesentrum.

__________________________________________

TWEEDE GESLAG

__________________________________________

JACOBUS STEIJN en MARIA POTGIETER se kinders: (Maria, Douwe, Hermanus, Sibella, Emmerentia, Jacobus, Sibella, Jacobus, Paulus, Maria Steyn en Anna)

1.   Maria Steijn is gedoop op 14 Augustus 1707 in Kaapstad en trou op 22 Maart 1722 in Kaapstad met Harmanus Criel, van Hanau. Sy sterf in 1724 op 17-jarige ouderdom kort na hulle dogtertjie (ook Maria) se geboorte. Die inventaris van haar boedel is gedateer 22 November 1724.

2.   Douwe Steijn is gedoop op 27 Januarie 1709 in Kaapstad. Hy was ‘n bakker aan die Kaap.

3.   HERMANUS (D’OUDE) Steijn is gedoop op 2 Julie 1711 in Kaapstad en sterf in 1795. Hy trou op 23 Oktober 1732 met Petronella Kemp.

4.   Sibella Steyn is gedoop op 7 Oktober 1714 in Kaapstad en sterf op 5-jarige ouderdom op 15 Oktober 1719.

5.   Emmerentia Steyn is gedoop op 21 Maart 1717 in Kaapstad. Sy trou met Arnoldus Schephausen en na sy dood met Daniel Malan. Sy sterf in ongeveer 1762 in Stellenbosch.

6.   Jacobus Steyn is gedoop op 15 Oktober 1719 in Kaapstad. Hy en sy sussie Sibella was ‘n tweeling maar hy is as kind oorlede.

7.   Sibella Steyn is gedoop op 15 Oktober 1719 in Kaapstad – tweeling suster van Jacobus.

8.   Jacobus Steyn is gedoop op 25 April 1723 in Kaapstad en was ‘n boer Grootvadersbosch tussen Swellendam en Barrydale. Hy trou met Susanna Fourie.

9.   Paulus Steyn is gedoop op 1 Oktober 1724 in Kaapstad.

10. Maria Steyn is gedoop op 21 September 1727 in Kaapstad en trou met Christiaan Lodewijk Hoebert.

11. Anna (Antie) Steyn was gedoop op 21 Augustus 1729 in Kaapstad. Sy trou met Wouter de Vos.

__________________________________________

HERMANUS D’OUDE (bekend as Hermanus d’ Oude om hom te onderskei van sy seun Hermanus d’ Jonge) is gedoop op 2 Julie 1711 in in die Groot Kerk, Kaapstad, en sterf in 1795 op sy plaas Bruintjiesrivier, Swellendam distrik. As getuies by sy doop was Johannes Harmansz en Beatix Harmansz Potgieter.

hermanus doop

Hy trou in 1731 met Petronella Kemp, dogter van Pieter Kemp en Luytje Willemse by wie hy drie kinders gehad het; Johannes, Petronella en Sibella. Sy sterf in Maart 1735 kort ná die geboorte van hul jongste kind (“in de kraam overleden”).

In 1739 trou hy in die NG Kerk Drakenstein met sy niggie MARTHA POTGIETER, dogter van Hans Jurgen Potgieter en Cornelia Botha. Sy is gebore in 1722 en gedoop op 13 September 1722. Martha is in 1805 oorlede aangesien haar testament op 1 Augustus 1805 is die Kaap geregistreer is. Sy was nog lewend in 1802 tydens haar seun Jacobus Arnoldus se boedelopname:

Aldus gedaan en g’inventariseerd ter plaatse bovengem: op den 28 Jann: 1802, volgens ‘t aanwyzen op opgeeven van den overleedenes moeder Martha Potgieter, wed:we wylen d’ edelen Herm:s Steyn d’ oude;…

In 1743 trek Hermanus d’Oude agter sy Potgieter-skoonfamilie aan na Swellendam en op 3 Februarie 1743 verkry hy die leningsplaas “de Bruintjes Rivier over de Berg”. Later besit hy ook die plase “De Combuijs aan de Cango, aan’t Voorhuis gelegen aan de breede rivier” en “de Bruintjes Fontein geleegen aan de Klip rivier”. Op die plase “Bruintjesrivier” en op “’t Voorhuis” was daar “‘t vaatwerk en de brandewijnketels, en ‘n smidswinkel op die plaas “Bruintjes Fontein geleegen aan de Klip rivier”.

Hermanus d’Oude was ‘n vooraanstaande burger in die gemeenskap. In 1746 is hy vir die eerste keer as Heemraad vir die Drakenstein distrik verkies waarna hy gedurende sy leeftyd nog vele male verkies is. Hy was ‘n offisier in die Krygsraad, in die berede mag en hy word genoem as een van die persone wat goewerneur Van Plettenberg in 1778 by die pont oor die Breederivier verwelkom het:

 “S morgens ten vijf uren van de Drostdije Swellendam werdende dan WelEd: Gestr: Heer Gouverneur door den Secretaris dier Colonie uitgeleijd tot aan de Breede Rivier, de welke wij drie uuren daarna bereijkten: werwaards de oud Heemraad Jacobus Botha de oude, en Hermanus Steijn, …

Volgens oorlewering het die skarniere, slotte en spykers van die ou Drostdy deur Hermanus Steyn d’Oude voorsien.

Vanaf Swellendam het Hermanus d’Oude se nageslag verder na die binneland versprei en dwarsdeur Suid-Afrika gevestig tot in die noorde van die ou Transvaal.

plaaskaart

‘n Kaart wat drie van die Steyn plase aandui.

BRUINTJIESRIVIER

  bruintjesrivier

 Die plaas Bruintjesrivier het volgens oorlewering sy naam te danke aan Bruintje, ‘n perd wat in die ou dae in die vallei van die Bruintjesrivier geswerf het.

VOORHUIS

voorhuis

Die ou opstal op die plaas voorhuis. Foto deur Roger Fisher en gepubliseer op die webtuiste van Artefacts.

Hermanus d’Oude was vanaf 1762 die eienaar van die plaas “Voorhuis”. Die plaas is ongeveer 14 km suidwes van Swellendam geleë en teen die jaar 1999, ná nege geslagte, was dit steeds in besit van die Steyn-familie. Hermanus het die plaas aan sy seun Petrus Paulus nagelaat.

Op die plaas is ‘n houtskooloond wat in die middel agttiende eeu deur Hermanus gebou is.  Dit was vir baie jare vervalle maar is onlangs deur die Swellendam-trust gerestoureer. Dit is sowat 50 m wes van die oewer van die Leeurivier geleë.  Die oond word in ou dokumente beskryf as geleë “aan’t Voorhuis gelegen aan de Breede Rivier.

  houtskooloond oud

Die houtskooloond voor restourasie.

houtskooloond plaak

 Foto deur Roger Fisher en gepubliseer op die webtuiste van Artefacts.

__________________________________________

DERDE GESLAG

__________________________________________

HERMANUS STEIJN en MARTHA POTGIETER se kinders: (Hans Jurgen, Jacobus Arnoldus, Hermanus (d’ Jonge),  Maria Johanna, Douw Gerbrand, Cornelia, Sibella, Daniël, Johannes, Petrus Paulus, Theunis Lodewyk, Frederik Theororus en Jacobus Arnoldus)

1.   HANS JURGEN Steijn is gedoop op 21 Februarie 1740 en sterf in 1803. Hy trou met Christina van Zyl en Cornelia Geertruij Kuun.

2.   Jacobus Arnoldus Steijn is gedoop op 26 Maart 1742 in Paarl en is jonk oorlede.

3.   Hermanus (d’ Jonge) Steijn is gebore in 1743 op “Bruintjiesrivier” in die Swellendam distrik en is gedoop op 15 Desember 1743 in Drakenstein. Hy sterf in ongeveer 1804 en was getroud met Anna Margaretha van Staden en het geboer op die plaas “Jan Harmsgat” (nou Nooitgedacht), Swellendam waar hy ook begrawe is. Hermanus d’ Jonge was in 1795 die President van die kortstondige Republiek van Swellendams.

4.   Maria Johanna Steijn is gedoop op 7 November 1745 op Swellendam. Sy trou op 10 Maart 1765 in Tulbach met Matthys de Jager, gebore in 1741 in Paarl.

5.   Douw Gerbrand Steijn is gedoop op 1 April 1747 in Tulbagh sterf in ongeveer 1790. Hy trou op 5 Oktober 1765 met Cornelia Potgieter, dogter van Hermanus Potgieter en Elsie Botha. Sy is gedoop op 5 November 1747.  Sy tweede huwelik is op 8 Augustus 1773 met Margaretha Aletta Botha, dogter van Philippus Roedolfus Botha en Elizabeth du Preez.  Sy is gedoop op 10 November 1754 in Swellendam. Hulle was die voorouers van Staatspresident Paul Kruger. Sy derde huwelik is op Januarie 1776 met Catharina Maria Potgieter, dogter van Hans Jurgen Potgieter en Elizabeth van Staden.  Sy is gedoop op 26 Mei 1758 in Swellendam.

6.   Cornelia Steijn is gedoop op 6 April 1749 in Tulbagh en trou met Jan Wessels, en na sy dood met Mattheus Willemse.

7.   Sibella Steijn is gedoop op 29 November 1750 in Swellendam. Sy trou op 22 Februarie 1767 met Pieter Fourie.

8.   Daniël Steijn is gedoop op 27 Augustus 1752 en sterf op 29 April 1824 in Swellendam. Hy trou op 30 Oktober 1774 met Hester Rog, dogter van Johann Christoffel Rog en Martha de Jager. Sy is gedoop op 17 Februarie 1760 in Stellenbosch en sterf in 1782. Sy tweede huwelik is op 30 Junie 1782 met Dorothea Elisabeth Koen, dogter van Johannes Casparus Koen en Anna Maria Cordier.  Sy is gedoop op 3 Augustus 1760.  Sy derde huwelik is op 3 April 1791 met Cornelia Gildenhuyzen, dogter van Barend Gildenhuyzen en Maria Elizabeth Diederiks. Sy is gedoop op 30 September 1768.

9.   Johannes Steijn is gedoop 25 Desember 1753 en was ‘n burger Swellendam. Hy trou op 16 Maart 1777 met Barbara Wilhelmina Vogel, dogter van Johann Christian Vogel en Maria Martha du Preez. Sy is gedoop op 24 Desember 1758. In 1776 verkry hy die leenplaas “Kliprivier”.

10. Petrus Paulus Steijn is gedoop op 25 Desember 1755 en sterf op 18 Oktober 1826 in Swellendam. Hy boer op “’t Voorhuis”, Swellendam en trou op 22 November 1789 met Susanna Grobbelaar, dogter van Petrus Grobbelaar en Susanna Maria Human.  Sy tweede huwelik is met Susanna Helena Kock.

11. Theunis Lodewyk Steijn is gedoop op 8 Januarie 1758 en sterf in 1783 gedurende ‘n epidemie.

12. Frederik Theororus Steijn is gedoop op 30 September 1759 sterf in ook in 1783 gedurende die epidemie.

13. Jacobus Arnoldus Steijn van Swellendam is gedoop op 7 Februarie 1762 in Stellenbosch en sterf voor 28 Jannuarie 1802 – die datum van sy boedelinventaris. Hy laat o.a., die volgende na: Een opstal der leeningsplaats, gen:d de Bruintjes Rivier, geleegen aan de Breede Rivier.

__________________________________________

HANS JURGENS STEIJN is gedoop op 21 Februarie 1740 en sterf in 1803. Sy name kom van sy moeder se Potgieter familie. Hans boer op die leenplaas “’t Voorhuis”, Leeurivier, Swellendam distrik. Hy trou op 29 Oktober 1761 in Tulbagh met Christina van Zijl, dogter van Johannes en Catharina van Eeden. Sy is gedoop op 24 Maart 1737 en sterf in 1775. Haar boedelinventaris is gedateer 29 Mei 1775. Hulle het 5 kinders gehad; Martha, Johannes, Catharina, Maria Johanna en Anna Christina.

“Inventaris van alle zodanige goederen en effecten als door wijlen Christina van Zeijl huijsvrouw van den onderget: den Hans Jurgen Steijn bij haar doodelijk deces zijn ontruijmt en nagelaten en thans door den ondergetek:dn met zijne bij wijlen bovengem: Christina van Zeijl in egte verwekte vijf onmondige kinderen worden bezeten. Een Comp:s leenings plaats gen:t ‘t Voorhuijs aan de Leeuwen Rivier…”

Na haar dood trou Hans op 4 Mei 1777 met CORNELIA GEERTRUY KUUN, dogter van Stephanus Kuun en Anna Margaretha Gildenhuys. Sy is gedoop op 14 Oktober 1760 in Caledon.

__________________________________________

VIERDE GESLAG

__________________________________________

HANS JURGENS STEIJN en CONELIA GEERTRUY KUUN se kinders: (Hermanus, Anna Margaretha, Hans Jurgen, Cornelia Geertruy, Stephanus Johannes en Douw Jacobus Petrus)

1.   Hermanus Steijn is gebore in die distrik Swellendam en is gedoop op 14 November 1779 in Kaapstad. Sy eerste huwelik is met Johanna Hendrina Steijn en sy tweede huwelik met sy niggie Elizabeth Louisa Kuun, die dogter van of Hendrik Kuun and Elizabeth Louisa Tessenaar.

2.   Anna Margaretha Steijn is gedoop op 28 November 1784 in Kaapstad.

3.   Hans Jurgen Steijn is gedoop op 6 Januarie 1788 in Graaff-Reinet. Sy eerste huwelik is met Francina (Sina) Christina Koortze in Februarie 1811 in Swellendam. Hy was ‘n Voortrekker (trek onbekend) en trek tot in Ohrigstad waar die plaas “Steelpoort” aan hom toegeken is. Hy en sy vrou word genoem in die 1824 Beaufort-wes opgaafrol met 3 seuns en 3 dogter, 1 perd, 10 osse, 6 beeste, 1,218 skape en 203 bokke.

4.   Cornelia Geertruy Steijn is gedoop op 30 Oktober 1791 in Kaapstad en sterf in 1820. Sy trou met haar neef Hermanus Steiijn, gedoop op 8 Februarie 1784 in Tulbagh.

5.   Stephanus Johannes Steijn is gedoop op 20 April 1794 in Graaff-Reinet. Hy trou op on 2 November 1817 in Tulbach met Martha Johanna Margaretha Odendaal, dogter van of Johannes Odendaal and Anna Van Den Berg.

 6.   DOUW JACOBUS PETRUS Steyn is gebore op 29 Januarie 1797 en sterf in 1877.

__________________________________________

DOUW JACOBUS PETRUS STEIJN is gebore in die distrik Swellendam en gedoop op 29 Januarie 1797 in Kaapstad. Getuies by sy doop was; Jacobus Arnoldus Steyn en Beatrix Steyn. Hy sterf in 1877 in Mooirivier, Potchefstroom. Hy was ‘n “landman”.

doop dpj 1797

dpjsterfte2 1

dpjsterfte2 2

Douw trou op 4 Januarie 1824 in Beaufort met ENGELA PETRONELLA ESTERHUYSE, dogter van Jan Christoffel Esterhuizen en Elizabeth Catharina Koorsen. Sy is gebore op 20 Desember 1804 in Tulbach, gedoop op 29 September 1805 in Tulbach en sterf in 1877 in Potchefstoom.

dpj huwelik

Douw was ‘n boer in die distrik Beaufort voor hy as Voortrekker met sy gesin tot in Potchefstroom getrek het. Volgens “Voortrekkerstamouers 1835-1845” deur Jan C. Visagie, was Douw reeds einde 1839 in die Transoranje. Sy broer Hans Jurgens was vermoedelik deel van dieselfde trek.

Voortrekkers

“The Voortrekkers” deur G. S. Smithard en J. R. Skelton.

voortrekkerfort ruines

1842 Voortrekkerfort ruines op die plaas Elandsfontein naby Fochville.

markplein potch 1854

Potchefstroom-markplein in 1854.

voortrekker gesin

‘n Voortrekker gesin soos uitgebeeld in die museum by die  Voortrekker Monument in Pretoria.

__________________________________________

VYFDE GESLAG

__________________________________________

Na die gesin se aankoms in Potchefstroom word die spelling van “Steijn” vervang met “Steyn”.

 dpjsterfte2 23

DOUW JACOBUS PETRUS STEIJN en ENGELA PETRONELLA ESTERHUYSE, se kinders: (Johannes Christoffel, Douw Petrus Jacobus, Andries Barend Frederik, Hermanus Stephanus, Catharina Elizabetha, Stephanus Johannes, Marthinus Johannes en Cornelis Gerhardus)

1.   Johannes Christoffel Steyn is gebore op 28 Februarie 1824 en gedoop op 4 April 1825 op Beaufort. Hy trou met Gertruida Maria Fourie.

2.   Douw Petrus Jacobus Steyn is gebore op 28 April 1828 en gedoop op 6 Mei 1828 in Beaufort. Hy trou met Alida Gulsina Barendina Smuts, dogter van Gilles Cornelius Smuts en Anna Maria Elizabeth Buys.

3.   ANDRIES BAREND FREDERIK Steyn is gebore op 22 November 1829, gedoop op 31 Maart 1830 in Beaufort en sterf op 15 November 1906 op “Zoekmekaar, Soutpansberg. Hy trou met ElIZABETH CORNELIA JOHANNA BOTES (Bodes), dogter van Wietse Botes (Wietz Bodes) en Magdalena Maria Catharina Le Roux.

4.   Hermanus Stephanus Steyn is gebore op 30 Junie 1831, gedoop op 6 Februarie 1832 in Beaufort en sterf op 28 Junie 1874 op “Blijvooruitzig”, Heilbron. Hy trou met Elizabeth Cornelia Magdalena Catharina Botes, dogter van Barend Hendrik Botes en Christina Carolina Margaretha le Roux.

 5.   Catharina Elizabetha Steyn is gebore op 3 Oktober 1835, gedoop op 1 November 1835 op Beaufort en sterf op 5 Desember 1910 op “Kafferskraal”, Potchefstroom. Sy trou met Michiel Cornelius Berning, seun van Pieter Christiaan Berning.

6.    Stephanus Johannes Steyn is gebore in ongeveer 1839 en sterf op 29 Junie 1910. Sy eerste huwelik is met Anna Geertruida Susanna Cornelia van den Berg en sy tweede huwelik met Martha Maria Magdalena Minnie.

 7.   Marthinus Johannes Steyn is gebore in August 1840 en sterf op 7 Julie 1884. Hy trou met Nicolina Regina Smuts, dogter van Gilles Cornelius Smuts en Anna Maria Elizabeth Buys. Sy is ‘n suster van sy broer (Douw Petrus Jacobus) se vrou.

 8.   Cornelis Gerhardus Steyn is gebore op 24 April 1841 en sterf op 7 August 1886. Hy trou met Jacoba Elizabeth Matthyse.

__________________________________________

ANDRIES BAREND FREDERIK STEYN is gebore op 22 November 1829, gedoop op 21 Maart 1830 in die NG Kerk, Beaufort-Wes en sterf op 15 November 1906 op die plaas Zoekmekaar, Soutpansberg. Hy is vernoem na sy Esterhuizen oupagrootjie, Andries Barend Frederik Esterhuizen.

doop abf 1829

Andries Barend Frederik Stijn se doopinskrywing in die register van die Beaufort-Wes.

Andries trou in 1853 in Winburg met ElIZABETH CORNELIA JOHANNA BOTES (Bodes), dogter van Wietz Botes en Magdalena Maria Catharina Le Roux. Elizabeth is gebore op 13 Mei 1835 in Winburg en sterf op 24 Oktober 1904 op “Haakdoorndraai”, Soutpansberg.

abf en botes

Andries Barend Frederik Steyn en Elizabeth Cornelia Johanna Botes.

Bron: Uit die album van Johan August Steyn – geni.com

 abf 1829 sterfte 1

 Die skrywer Pets Marais vertel ‘n interessante staaltjie in sy boek “In die saal” oor hoe Andries vir Paul Kruger gewaarsku het van die Jameson-inval. Hier volg ‘n uittreksel uit sy boek:

 “Die lewe van die boer in Suid-Afrika was deurweef met swaarkryjare soos toe die droogte gekom het, of toe siektes soos die runderpes verwoestend deur die land getrek het.  In tye soos hierdie het die boer na ander maniere gesoek om sy inkomste aan te vul en geld te verdien.  Transportry was jare lank een van die algemeenste maniere vir ‘n ekstra verdienstetjie.  Veral in die dae toe Rhodes net begin het om die destydse Rhodesië oop te stel en alle voorrade per wa ingebring moes word, was transportry betalend.

Een van die families wat hiedie geleentheid aangegryp het, was die Steyns van die plaas Soekmekaar ten noorde van Pietersburg. Andries Barend Frederick Steyn het nie lank gelede nie – om die waarheid te sê, net voor die runderpesjare – na die Transvaal verhuis nadat hy vroeër in die Vrystaat gewoon het. In 1895 het die Steyns besluit om vir die myne in Bulowayo myngereedskap aan te ty.  Rhodes was mos oortuig daarvan dat daar in Bulawayo net soveel goud ontdek sou word soos aan die Rnd en hy wou die myne daar vinnig aan die gang kry.  Oubaas Andries Steyn het besluit om saam te gaan.  Sy vrou was al oorlede en hy was 60 jaar oud.  Nogtans sou hy die tog geniet en al die nuwwe plekke wat te sien was.  Sy seun Johannes, sou saamgaan en ook sy skoonseun Herman Colijn. Hulle moes eers die mynmasjienerie in Johannesburg gaan haal en hulle het drie waens gebruik.  Omdat die toerusting so groot was, moes die bak van twee van die waens verwyder word om dit te kon dra.  In die derde wa was hulle eie voorrade.   

Alles het gunstig verloop en dit was ‘n Vrydag toe hulle die toerusting in Bulawayo afgelaai het. Daarna kon hulle huiswaarts keer, maar  hlle het net tot by ‘n rivier ten suide van Bulawayo gegaan en daar uitgespan tot die Sondag.  Hierdie rivier was waarskynlik die Umzingwanirivier.  Terwyl hulle daar gestaan het, het daar twee Engelse polisiemanne aangekom: Gibbs en Williams.  Hulle was op soek na verlore perde en het lekker begin kuier en gesels.  Hulle het seker nie gereken dat hierdie groepie boere iets daaraan kon doen nie, want selfversekerd het hulle vertel dat hulle die perde nodig gehad het omdat Jameson op die grans by Mafeking gewag het om Transvaal binne te val.  Dit sou gedoen word onder die voorwendsel dat die uitlanders van Johannesburg hulle genooi het.  Die twee poliesiemanne was ook op pad om by Jameson aan te sluit.

‘n Mens kan  jou voorstel dat die paar boere hewig ontsteld moes gewees het toe die polisiemanne weer daar weggery het.  As hulle net vir Paul Kruger kon gaan waarsku, maar die osse was moeg en hulle sou te laat in Pretoria aankom.  Die waens het nog drywers nodig gehad en dit was te veel vir een man om te doen.Oubaas Andries gesê dat hy alleen was; hy was vry en sou gaan.  Die seuns het hom laat beloof dat hy sou probeer om vir die “feesdae”  terug te wees op die plaas.

Met droë beskuit en biltong in sy saalsak het Andries Steyn daar weggery.  Langs watter pad en vir hoe lank, sal ons nooit definitief kan weet nie.  Sy seuns het gereken dat hy deur Betsjoeanaland, die huidige Botswana gery het omdat die pad testyds daardeur geloop het.  Maar hy het in Preoria aangekom en gevra om die president te spreek want hy het ‘n belangrike boodskap gehad.  Piet Joubert en Danie Theron was ook by die predident en in hulle teenwoordigheid het hy vertel wat die engelse soldate gesê het.  Volgens die suens se onthou van hulle vader se verhaal het Paul Kruger het Paul Kruger hom bedank, maar waarskynlik nie geglo nie. Hy is toe terug plaas toe.”

Volgens die transkripsies van die Univeriteit van Kaapstad, “British Concentration Camps of the South African War 1900-1902” was Andries gedurende die Anglo-Boere Oorlog op 74-jarige ouderdom gevange geneem en na die Pietersburg konsentrasiekamp geneem.   Hy kom op 25 Mei 1901 in die kamp aan, afkomstig van die plaas “Zookmakaar” in die distrik Groot Spelonken en woon in tent nommer 199. By hom in die kamp is sy vrou 60-jarige vrou Elizabeth Cornelia, hulle 11-jarige kleindogter Elizabeth Cornelia, dogter van hul seun Andries Barend Frederik en Johanna Augusta Hendrika Möller, asook 28 beeste en 4 kalwers.

‘n Beskrywing van die Pietersburg-konsentrasiekamp op die webblad van die Universiteit van Kaapstad se projek, “British Concentration Camps of the South African War 1900-1902” :

“Camp Details , Name: Pietersburg RC , Type: white , Location: on the south-west side of the station, south of the town , Date open: 10/05/1901, Notes:  Raath, p.267:

The inhabitants lived for over a year in tents, on a ration of mealie-coffee, salt, sugar and meat. In addition to the main camp, there was a camp for hensoppers. While the Boer families were kept in the camp, hensoppers were allowed to live in their houses. P.268: In May 1902 there were 78 women and children living in the town; during April 1902 there were at least 712 National Scouts – 71 men, 223 women and 223 children living in Pietersburg. In Dec 1901 it was decided to erect a camp for NS. It was located just beyond the boundaries of the town and consisted of 6 bell tents with 17 inmates – 3 men, 8 women and 12 children. These people had originally lived in houses in the town but because of immorality and for other reasons – not stated – they were removed from the town and placed in tents. As far as is known, there were no deaths in the National Scouts camp. [Coetzee & van Schoor, Kampkinders, p.83]. Raath gives 657 deaths; I have a total of 920 deaths.”

 pieterseburg konsentrasiekap grafte

Rye grafte in die Pietersburg Konsentrasiekamp – bron: eGGSA .

ZOEKMEKAAR

Morebeng, die voormalige Steyn plaas “Zoekmekaar”, lê ongeveer 80 km noord-wes van Polokwane (Pietersburg).

Volgens wikpedia:

“Soekmekaar (of Morebeng/Morbeng) is ‘n dorp geleë in die Limpopo-provinsie, Suid-Afrika, noord-weste van Tzaneen. Die dorp is in 1916 gestig en volgens tradisie is die naam afgelei van ‘n insident toe twee landmeters gedurende mistige weer van mekaar afgedwaal het, en na mekaar moes soek.”

verlate geboue op zoekmekaar

Verlate geboue op Zoekmekaar – foto deur Troy Goldie op google maps.

groot spelonk

‘n 1875 Kaart van die ou Transvaal waarop die Zoutpansberg en Groot Spelonk aangetoon word – opgestel deur Alexander Merensky.

__________________________________________

SESDE GESLAG

__________________________________________

abf 1829 sterfte 3

ANDRIES BAREND FREDERIK STEYN en ElIZABETH CORNELIA JOHANNA BOTES se kinders: (Douw Petrus Jacobus, Magdalena, Wiets Hermanus, Andries Barend Frederik, Engela Petronella, Johannes Jurgens, Elizabetha Cornelia en Johannes Jacobus)

Drie Steyn broers (Wiets Hermanus, Andries Barend Frederik en Johannes Jurgens) trou met drie Möller susters (Hendrina Petronella, Johanna Augusta Hendrieka en Maria Elizabeth). Twee Steyn susters was ook met dieselfde man getroud, nl. Arnoldus Jacobus Colyn.

1.   Douw Petrus Jacobus is gebore op 22 September 1853 en sterf op 47-jarige ouderdom op 22 November 1900 in ‘n krygsgevangeniskamp op Ceylon. Hy trou met Elsie Elsie Magdalena Johanna Venter, dogter van Willem Daniel Venter en Maria Martha van Schalkwyk.

2.   Magdalena Steyn is gedoop op 29 Julie 1855 en trou met Daniel Hendrik Jacobus van den Berg.

4.   Wiets Hermanus Steyn is gebore op 23 April 1857 op “Zoekmekaar”, Soutpansberg en sterf op 29 Augustus 1937 op “Holfontein” distrik Springs. Sy eerste huwelik is op 22 November 1889 in Bethlehem met Elizabeth Aletta Magdalena Jacobs en sy tweede huwelik met Hendrina Petronella (Hennie) Möller, dogter van Johan August Möller en Hermina Catharina Le Roux. Hy was op 44-jarige ouderdom in in tent 201 van die Pietersburg-konsentrasiekamp. Daar word genoem dat hy die eienaar is van die plase “Kameeldoornkuil”, distrik Rhenosterpoort, “Witrand”, distrik Spelonken en dat hy ‘n gedeelte van die plaas “Zookmakaar” in die distrik Groot Spelonken besit. By hom in die kamp was sy vrou, Hendrina Petronella, ses kinders, ‘n jong swart seun in sy diens, 4 beeste, 32 donkies en 3 skape.

4.   ANDRIES BAREND FREDERIK Steyn is gebore in 1859 en sterf op 26 September 1932. Hy trou op 13 Junie 1887 in Bethlehem met JOHANNA AUGUSTA HENDRIEKA MÖLLER, dogter van Johan August Möller en Hermina Catharina Le Roux.

5.   Engela Petronella Steyn is gebore op 3 Januarie 1866 en sterf op 6 Mei 1896. Sy trou met Hermanus Arnoldus Jacobus Colyn.

6.   Johannes Jurgens Steyn is gebore in ongeveer 1868 en sterf in 1943.Hy trou op 29 Julie 1889 in Bethlehem met Maria Elizabeth Möller, dogter van Johan August Möller and Hermina Catharina Le Roux. Sy is gebore in 1870.

7.    Elizabetha Cornelia Steyn is gebore op “Zoekmekaar” en gedoop in 1865. Sy trou met Hermanus Arnoldus Jacobus Colyn, wewenaar van haar suster Engela Petronella.

8.   Johannes Jacobus Steyn is gebore in ongeveer 1867 en sterf in 1901.

__________________________________________

ANDRIES BAREND FREDERIK STEYN is volgens sy sterftekennis gebore in ongeveer 1859 in Potchefstroom. Hy sterf op 26 September 1927 op die ouderdom van 64 jaar en 9 maande in die woonhuis van die plaas “Gelykveld”, distrik Pietersburg.

abf sterfte 1927 1

abf sterfte 1927 2

Hy trou op 13 Junie 1887 in Bethlehem met JOHANNA AUGUSTA HENDRIEKA MÖLLER, dogter van Johan August Möller en Hermina Catharina Le Roux. Sy is gebore op 23 November 1866 in Robertson en sy sterf in 1940 op 73-jarige ouderdom.

steynmollerhuwelik

Volgens die transkripsies van die Univeriteit van Kaapstad, “British Concentration Camps of the South African War 1900-1902” was Johanna Augusta Hendrieka Steyn op 35-jarige ouderdom met drie kinders in die Pietersburg konsentrasiekamp. Hulle dogtertjie Elizabeth Cornelia was saam met haar grootouers in die kamp.

Die kinders was; Andries B. J., (Andries Barend Frederik), Johannes A. (Johannes August) en Jacob Frederick. Hulle kom op 24 Mei 1901 in die kamp aan en woon in tent nommer 191. Haar status word as boer aangegee en eienaar van die plase Haakdoorndraai en Gelekveld (Geluksveld) in die distrik Rhenosterpoort. Die gesin was in die kamp vir een jaar en sewe maand en verlaat die kamp op 24 Desember 1902. Haar man se status word aangegee as “POW” (Prisoner of War) op Bermuda en dat hy op 11 September 1902 teruggekeer het.

konsentrasiekamp

Pietersburg-konsentrasiekamp.

‘n Beskrywing van die Pietersburg-konsentrasiekamp in Wikipedia:

“Die kamp (was) teen ‘n sanderige bult, tussen die spoorlyn wat van Pietersburg na Pretoria loop, die Sterklooprivier en die hoofpad na Potgietersrus. Die kamp, met 300 tente, was met doringdraad omring. Wagte het ‘n aantal blokhuise rondom die kamp beman om te verseker dat niemand maklik kon ontsnap nie.

Een groot tent was as hospitaal gebruik, nog ‘n tent was as stoorplek ingerig en een tent het as administratiewe kantoor diens gedoen. Later is nog vier groot tente as hospitale ingerig om die geweldige hoë aantal siekes te versorg. Daar was in totaal slegs 28 beddens in die hospitaal. Een groot tent is ook as skool en kerk gebruik. Daar was op ‘n tyd meer as 600 leerlinge met slegs 2 gekwalifiseerde onderwysers. Tien kampinwoners het ook bygestaan met die onderrig, wat alles in Engels plaasgevind het. In elke tent het van 4 tot 6 families gewoon. Die tente was oud en stukkend en het weinig beskutting verleen teen die koue wintermaande. Die meeste mense het die geleentheid gehad om komberse en skoon klere bymekaar te maak toe hulle na die kampe gebring is nie. Die mense het dus erg gely.

Die mense het aan vele siektes gely. Elke tent waar jy ingeloer het kon jy siek mense sien lê. Selfs volwassenes het gesterf van die masels. Die mense was magteloos. Al wat hulle kon doen was om te bid. Elke dag en nag het die mense tot die Here gebid om hul kinders te spaar. Behalwe vir die tyd wat die mense gerou het, was daar baie min gewees om die mense in die kamp besig te hou. Die Boere wat die Britte goedgesind was toesig oor die kamp gehou het. Hulle het die vroue beveel om heel dag te werk. Die vroue moes die tente skoonmaak, om die tente uitvee en bossies rondom die tente in in die strate tussen die tente skoffel. Om die reënwater te keer het die vroue slote om die tente gegrawe. Die vroue wat geweier het om te werk is by die kantoor aangekla en dan na kampe buite die Transvaal weggestuur.

Die mans, wat as krygsgevangenes aangehou is, moes die harder handearbeid verrig. So het Jacobus Potgieter vertel hoe hy elke dag die dooies begrawe het. Hy het elke dag na die lyktent gegaan om die name van die dooies op te neem. Die name het hy op ‘n stukkie papier geskryf en dit voor op die bors van die lyk met ‘n speld vasgesteek. Daarna het hy die name in sy sakboek geskryf en die lengte en breedte van die lyke geneem en vir elke lyk ‘n graf gegrawe volgens sy grootte. Dan het hy die naam van die lyk op ‘n stukkie papier geskryf en dit in die oop graf gegooi. Wanneer die lyke by die kerkhof aangekom het, het hy elke lyk in die graf geplaas. Jacobus Potgieter meld dat hy tot sestien of sewentien kiste op een dag moes begrawe.

Die rantsoene, wat in die begin maande in die kamp voorsien is, was skokkend. Die vleis was baie maer en besmet met siektes. Die beesvleis was besmet met vuursiekte en die skaapvleis besmet met hartswater. Nadat die mense gekla het, is die siek beeste en skape dood gemaak en begrawe. Die mense het daarna geblikte vleis gekry. Die mense het geen vars groente gekry nie. Aan die begin is daar geen water in die kamp voorsien nie. Die vroue moes water in die Sandrivier gaan skep en oor die treinspoor dra. Eendag het ‘n trein ‘n jong meisie, wat water gedra het, dood getrap. Later het die Britte water voorsien met waens.

Vuurmaakhoud was eweneens ‘n groot probleem. Elke tent het slegs twee stukke steenkool per dag gekry om kos mee gaar te maak. Daar was geen hout of steenkool beskikbaar vir verhitting nie. Elke dag het daar waens uitgegaan om hout te gaan haal. Die mense, wat die hout gaan haal het, kon die een helfte van die hout vir hul self hou, terwyl die ander helfte aan die ander mense in die kamp uitgedeel is. Hierdie waens het aan die burgers ook ‘n geleentheid geskep om te ontsnap.”

KRYGSGEVANGENES OP BERMUDA

arrival bermuda

Boeregevangenes land by Bermuda.

bermuda

Gedurende die Anglo-Boereoorlog (1899-1902), word 4619 Boere krygsgevangenes na die Bermuda-eilandgroep gestuur van wie 850 was onder die ouderdom van 19. Die jongste was ses jaar oud en die oudste 78.  Hulle is geplaas in kampe volgens hul sienings- en risiko-assessering. So is “Bittereinders” (mans wat geweier het om trou te belowe aan die Britse kroon) bv. geïnterneer op Darrell-eiland. Die Bermuda gevangenes was oor die algemeen goed behandel: elke kamp het sy skool, kerk en biblioteek gehad. En hulle was aangemoedig om deel te neem aan die kampwerk, asook in die maak van handwerk items en speletjies.

noorde plase

‘n Kaart wat vier van die Steyn plase aandui.

__________________________________________

SEWENDE GESLAG

__________________________________________

ANDRIES BAREND FREDERIK STEYN en JOHANNA AUGUSTA HENDRIEKA MÖLLER se kinders:  (Andries Barend Frederik, Johannes August, Elizabeth Cornelia, Jacob Frederick, Douwe Petrus Jacobus, Helena Catharina Susanna en Hendrik Jacobus)

ANDRIES BAREND FREDERIK Steyn is gebore op 7 Mei 1889, vermoedelik op “Zoekmekaar” en sterf op 9 Desember 1972.

1.   Johannes August Steyn is gebore in ongeveer 1891. Hy trou op 29 September 1925 in Pietersburg met Susanna Catharina Venter. Johannes was 11 jaar oud met sy aankoms in die konsentrasiekamp en afkomstig van die plaas “Geluksveld”.

2.  Elizabeth Cornelia Steynis gebore op 5 Julie 1894. Sy het moontlik as jong kind gesterf want sy word nie in die registers van die konsentrasiekamp genoem nie.

4.   Jacob Frederick Steynis gebore in 1899 en sterf op 19 September 1901 op 2-jarige ouderdom in die kamp aan brongitis. Kampregisters noem dat hy afkomstig was van die plaas “Haakdoorndraai”.

5.   Douwe Petrus Jacobus (Pieter) Steyn is gebore in ongeveer 1904.

6.   Helena Catharina Susanna (Lenie) Steyn is gebore op 27 Mei 1906 en sterf op 6 Junie 1979 in Naboomspruit.

7.   Hendrik Jacobus Steyn is gebore in ongeveer 1909.

__________________________________________

ANDRIES BAREND FREDERIK Steyn is gebore op 7 Mei 1889 en sterf op 9 Desember 1972 op die plaas “Eendvogelpan”, Pietersburg distrik. Op 12-jarige ouderdom kom hy saam met sy moeder en twee broers aan by tent 191 in die Pietersburg Konsentrasiekamp, afkomstig van die plaas “Haakdoorndraai”, Rhenosterpoort distrik.

abf kind

Andries Barend Frederik Steyn as kind.

Andries trou met HENDRIKA VAN WYK dogter van Stephanus Johannes van Wyk en Franscina Johanna Hendrina Kruger. Sy is gebore op 19 Desember 1895 in die Aliwal-Noord distrik en sterf op 23 Januarie 1984 op Plot 88, Cloverdene, Benoni.  Sy is op 27 Januarie 1984 begrawe uit die N.G. Kerk Renosterpoort, Pietersburg.

abf fam 1920

‘n Gesinsfoto geneem in 1920: v.l.n.r. is Andries se suster Helena Catharina Susanna (Lenie), Johan August (Jannie), sy vrou Hendrika van Wyk, baba Francina Johanna Hendrika (Sussie), Andries Barend Frederik Steyn, sittend voor hom is Andries Barend Frederik (Driesie), Johanna Augusta Hendrika Möller (Hannie), Albertus Stephanus Johannes (Bertus),  en Andries se broer Douwe Petrus Jacobus (Pieter).

kleinkinders

Andries Barend Steyn en Hendrika van Wyk met twee van hulle kleinkinders: Andries Barend Frederik du Plessis en sy suster, Christina Hermina (Ina).

geslagsregister

Die handgeskrewe gesinsboom van Andries Barend Steyn en Hendrika van Wyk.

Ma en fam

Ses van Andries Barend Frederik Steyn en Hendrika van Wyk se nege kinders: Francina Johanna Hendrika (Sussie), Andries Barend Frederik (Japie), Johanna Augusta Hendrika (Hannetjie),  Hendrika (Hennie), Nicolaas (Klasie) en Hermina Catharina (Mina).

__________________________________________

AGSTE GESLAG

__________________________________________

ANDRIES BAREND FREDERIK en HENDRIKA VAN WYK se kinders: (Andries Barend Frederik, Albertus Stephanus Johannes, Johan August, Francina Johanna Hendrika, Nicolaas, Johanna Augusta, Hendrika, Jacob Francois en Hermina Catharina)

1.   Andries Barend Frederik (Driesie) Steyn is gebore op 23 Julie 1915 in Pietersburg.

2.   Albertus Stephanus Johannes (Bertus) Steyn is gebore op 9 April 1917 in Pietersburg.

3.   Johan August (Jannie) Steyn is gebore op 2 Junie 1919 in Pietersburg.

4.   Francina Johanna Hendrika (Sussie) Steyn is gebore op 17 Desember 1920 in Pietersburg en sterf in Augustus 2015.

5.   Nicolaas (Klasie) Steyn is gebore op 31 Oktober 1923 in Pietersburg.

6.   JOHANNA AUGUSTA HENDRIKA (Hannetjie) Steyn gebore op 8 Julie 1925 in Pietersburg.

7.   Hendrika (Hennie) Steyn is gebore op 7 Oktober 1928 in Pietersburg.

8.  Jacob Francois (Japie) Steyn is gebore op 29 Januarie 1935 in Pietersburg.

9.  Hermina Catharina (Mina) Steyn is gebore op 20 Desember 1936 in Pietersburg.

__________________________________________

JOHANNA AUGUSTA HENDRIKA (Hannetjie) Steyn gebore op 8 Julie 1925 in Pietersburg en sterf op 13 Oktober 2005 in Bloemfontein. Sy trou op 18 November 1944 met WILLEM GERHARDUS (Willie) DU PLESSIS, gebore op 11 Februarie 1920 op Boesmanskop, Wepener en sterf in Bloemfontein op 22 Oktober 2000. Beide is begrawe in die Suid-Park Begraafplaas, Bloemfontein.

Oupa en Ouma dupie

Johanna Augusta Hendrika Steyn en Willem Gerhardus du Plessis op hul troudag.

 50ste Herdenking

Johanna Augusta Hendrika Steyn en Willem Gerhardus du Plessis met hul 50st troudagherdenking – ‘n Berig uit die Volksblad.

 JAH begraf brief

Begrafnisbrief van Johanna Augusta Hendrika Steyn.

wg en jah graf

Johanna Augusta Hendrika Steyn en Willem Gerhardus du Plessis se grafte in die Suid-Park Begraafplaas, Bloemfontein.

__________________________________________

AGSTE, NEGENDE, TIENDE EN ELFDE GESLAGTE

__________________________________________

JOHANNA AUGUSTA HENDRIKA STEYN en WILLEM GERHARDUS DU PLESSIS se kinders: (Johannes Albertus, Hendrika, Hermina Christina en Andries Barend Frederik)

1.   Johannes Albertus (Hannes) du Plessis is gebore op 3 April 1946 in Warmbad. Hy trou op 22 Mei 1968 in Bloemfontein met Hester Jacoba Strydom, dogter van Hendrik Gert Strydom en Hester Jacoba Britz, gebore op 23 Augustus 1948 in Bloemfontein.

 Hannes en Hester se kinders: (Amanda Henriëtte, Willem Gerhardus, Abraham Johannes, Hendrik Gerhard)

1.   Amanda Henriëtte du Plessis is gebore op 20 November 1968 in Bloemfontein. Sy trou op 7 Maart 1987 in Dealsville met Machiel Christiaan (Giel) Horn, gebore op 28 September 1962 in Gobabis, Namibia.

2.   Willem Gerhardus (Willie) du Plessis is gebore op 7 Desember 1969 in Bloemfontein. Hy trou op 4 April 1998 in Bloemfontein met Audrey Joan Adamsen. Sy is gebore in Bloemfontein.

 Willie en Audrey se kinders: (Jaylee Edith en Charlee)

1.   Jalee Edith du Plessis is gebore op 5 Augustus 1998 in Bloemfontein.

2.   Charlee du Plessis is gebore op 24 Augustus 2000 in Bloemfontein.

 3.   Abraham Johannes (Johan) du Plessis is gebore op 11 Mei 1971 in Bloemfontein. Hy trou op 12 November 1994 in Kimberley met Corné Jeanette Eloff. Sy is gebore in Brakpan.

 Johan en Corné se kinders: (Johandie Vinisia, Jean Pierre en Marinda)

 1.   Johandie Vinisia du Plessis is gebore op 6 September 1995 in Kimberley.

 2.   Jean Pierre du Plessis is gebore op 14 Desember 1996 in Kimberley.

 3.   Marinda du Plessis is gebore op 4 November 2013 in Kimberley.

4.   Hendrik Gerhard du Plessis is gebore op 19 Junie 1979 in Windhoek, Namibia. Hy trou op 14 Desember 2000 in Upington met Anita Elizabeth Rohmann. Sy is gebore in Walvisbaai, Namibia.

 Gerhard en Anita se kind: (Phillip Gerhard)

 1.   Phillip Gerhard du Plessis is gebore op 18 November 2003 in Kathu.

2.   Hendrika (Drieka) du Plessis is gebore op 7 Maart 1948 in Sabie, Noord-Transvaal. Haar eerste huwelik is met Andries Wilhelmus Jacobus (Vossie), Vorster seun van Andries Wilhelmus Vorster en Anna Maria Pretorius, gebore op 9 Mei 1946 in Durban en sterf in 2015 in Bethlehem. Haar tweede huwelik is met David Johannes Davis, gebore 25 Februarie 1954.

 Drieka en Vossie se kinders: (Janine Annelize en Jaco André)

1.   Janine Annelize Vorster is gebore op 23 Oktober 1970 in Bloemfontein. Haar eerste huwelik is met Theodorus Gerhardus (Theo) Botha op 2 Januarie 1992 in Bethlehem. Hy is gebore op 6 Augustus 1963 in Glencoe, Natal.

 Janine en Theo se kind: (Angelique)

1.   Angelique Botha is gebore op 22 Desember 1991 in Bethlehem.

Haar tweede huwelik is met Gerhardus van Tonder on 24 Nov 2003 in Vanderbijlpark. Hy is gebore op 28 Februarie 1970 in Parys, Vrystaat.

Janine en Gerhardus se kind: (Reinhardt)

 2.   Reinhardt van Tonder is gebore op 27 Augustus 2009.

2.    Jaco André Vorster is gebore op 20 November 1973 in Bloemfontein. Sy eerste huwelik is met Anja Theron in Frankfort, Vrystaat. Sy tweede huwelik is met Sanet Hagen, dogter van Jan en Sannie Hagen in Swellendam. Sanet is gebore op 26 September 1984.

 Jaco en Sanet se kinders: (Ajay John en Zack André)

1.   Ajay John Vorster is gebore op 31 Mei 2011 in Swellendam.

2.   Zack André Vorster is gebore op 3 Oktober 2014 in Swellendam.

 Drieka en Johan se kinders: (Desmond Juan en Jacques)

3.   Desmond Juan Davis is gebore op 11 Augustus 1976 in Bloemfontein. Hy trou met Esmarie Roets, dogter van Gerhard en Esma Roets op 6 September 2003 in die Hervormde Kerk, Messina.

4.   Jacques Davis is gebore op 18 Januarie 1982 in Bloemfontein. Sy verloofde is Klea Ferreira dogter van Natie en Kobie Ferreira and Kobie, gebore op 9 Mei 1985.

 Jacques en Klea se kind: (Michaela Jemma)

 1.   Michaela Jemma Davis is gebore op 3 Desember 2014 in Swellendam.

 3.   Andries Barend Frederik (André) du Plessis is gebore op 15 Mei 1950 in Sabie. Hy trou op 22 Januarie 1972 met Carol Anne Beck, dogter van Frank Sidney Beck en Magdalena  Josina Fourie, gebore op 15 Augustus 1954 in Bloemfontein.

 André en Carol se kinders: (Cindy, Mandy Andree en Karen)

1.   Cindy du Plessis is gebore op 19 Julie 1972 in Bloemfontein. Sy trou op 28 September 2002 in die Grote Kerk, Kaapstad met Christiaan (Chris) Bam, seun van Gustav Bam en Johanna Catharina (Rinie) van Zyl. Christiaan is gebore op 21November 1966 in Kaapstad.

 2.   Mandy du Plessis is gebore op 1 Oktober 1975 in Bloemfontein.  Sy trou trou op 18 Oktober 1997 in die Klipkerk, Bloemfontein met Pieter Cornelius (Neil), de Klerk seun van Johannes Cornelius (Johan) de Klerk en Elizabeth Margaret (Lu) Warnick. Hy is gebore op 6 April 197 in Cradock.

 Mandy en Neil se kinders: (Natascha en Johan André)

1.   Natascha de Klerk is gebore op 12 Januarie 2000 in Bethlehem.

2.   Johan André (Juandré) de Klerk is gebore op 25 Maart 2002 in Bloemfontein.

3.   Andree du Plessis is gebore in op 14 April 1980 in Ladybrand en en trou op 6 Augustus 1999 in die Klipkerk, Bloemfontein met Vincent Bender, seun van Jan George Frederik Bender en Dorothy Le Hardy. Hy is gebore op 6 Julie 1975 in Bloemfontein.

 Andree en Vincent se kinders: (Damien Vincent, Lucan André en Nevieke Andree)

 1.   Damien Vincent Bender is gebore in Bloemfontein op 13 November 1999.

 2.   Lucan André Bender is gebore in Klerksdorp op 5 Augustus 2006 (woon tydens geboorte in Ventersdorp).

3.   Nevieke Andree Bender is gebore in Klerksdorp op 13 Oktober 2011 (woon tydens geboorte in Ventersdorp).

4.    Karen du Plessis is gebore in Ladybrand op 26 November 1987.

4.   Hermina Christina (Ina) du Plessis is gebore op 1 April 1952 en trou met Patrick (Pat) Bouwer gebore 27 Desember 1987 en sterf in Bloemfontein in Augustus 2014.

 Ina en Pat se kind: (Patrick)

1.   Patrick Bouwer gebore in Bloemfontein op 27 Desember 1986.

__________________________________________

BRONNE

__________________________________________

Steyn en Du Plessis familielede.

Johan August Steyn – geni.com

Chris Steyn – geni.com

Sterftekennisse.

Kaapse argiefbewaarplek.

Fries historise en letterkundig sentrum (Tresoar), Collectie Doop-, Trouw-, Begraaf- en Lidmatenboeken(DTBL) Trouwregister Hervormde gemeente Bozum 1616-1657  Inventarisnr.: DTB 63. https://www.tresoar.nl

Gemeente Argief Nederland, NH Doopboeken Leeuwarden 1603. http://www.gemeentearchief.nl

Heese en Lombard, Suid-Afrikaanse Geslagsregisters, Vol 12.

C.C. de Villiers en bygewerk deur C. Pama, Geslagsregisters van die ou Kaapse Families.

eGGSA, NGK Cape Town and Stellenbosch baptism and marriage registers – getranskribeer deur Richard Ball en Corney Keller.

First Fifty Years Project, Mansell Upham – What can’t be cured, must be endured … Cape of Good Hope – first marriages & baptisms (1652-1665).  http://www.e-family.co.za/ffy/

Webwerf van FamilySearch, Nederduits Gereformeerde Gemeente (NGK) registers.

Tanap, Resolutions of the Council of Policy of Cape of Good Hope Cape Town Archives Repository, South Africa. http://databases.tanap.net/cgh/

Tanap, MOOC8.

H.C.V. Leibbrandt , Kaapse Argiefbewaarder, Precis of the Archives of the Cape of Good Hope, Journal 1699-1732.

Die Universiteit van Kaapstad se projek, British Concentration Camps of the South African War 1900-1902.  http://www2.lib.uct.ac.za/mss/bccd/Camp/54/Pietersburg_RC/

Artefacts,  die plaas Voorhuis. http://www.artefacts.co.za/main/Buildings/image_slide.php?type=2&bldgid=12344&rank=8

Die Burger, die houtskooloond op die plaas Voorhuis. http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1993/09/25/4/1.html/

John Muir – gepubliseer op 11 Desember 1931 in die Huisgenoot, Steyn: die stamboom van ‘n Afrikaner familie.

John Muir – gepubliseer op 29 Maart 1935 in die Huisgenoot, Die man van Bruintjieshoogte.

Dr. A. Hulshof, H.A. van Reede tot Drakenstein, Journaal van zijn verblijf aan die Kaap.

Jan C. Visagie, Voortrekkerstamouers 1835-1845.

Colin Benbow, Boer Prisoners of War in Bermuda.

L.L.Tomlinson, Geskiedkundige Swellendam.

Wilhelm Herman Venter, Die geskiedenis van Winburg tot 1902.

Pets Marais, In die saal.

PlanetGIS, plaaskaarte.

Google Maps en Wikipedia, inligting oor dorpe ens.

Asook ander aangehaalde bronne.