VOOR- EN NAGESLAGTE VAN

 NICOLAUS HITGE

 (gebore 1785)

carlsberg_wapen

   Die stadswapen van Carlsberg

________________________________________

DIE SUID-AFRIKAANSE STAMVADER – NICOLAUS HITGE

________________________________________

Stamvader NICOLAUS HITGE is in ongeveer 1785 in die dorp Carlsberg, Duitsland gebore. In die “Suid-Afrikaanse Geslagregisters” word sy ouers as Konrad en Sara Hitge aangegee, maar volgens Margaret Harradine, Afrikana Bibliotekaris by die  Nelson Mandela Metropoolse Munisipaliteit, was  sy ouers Coenraad Hitge en Annmaria Huytman.

CARLSBERG

Carlsberg is geleë in die Bad Dürkheimdistrik, Rheinland-Pfalz, Duitsland, ongeveer 45km wes van Mannheim. Die dorp is die eerste keer genoem in dokumente  wat dateer  uit 1754 toe Graaf Georg II van Leiningen die dorp uitgelê het as ‘n nuwe nedersetting vir vlugtende Hugenote.

carlsberg2

Carlsberg – bron: trekearth.com

carlsbergkaart

 NICOLAUS SE PAD NA SUID-AFRIKA

As ‘n jong seun is Nicolaus teen sy sin gefoseer (impressed) om in Napoleon se leër te veg, maar die eerste aand op wagdiens word hy deur die Britte gevang. Die oorlog tussen Brittanje en Frankryk het die Britte opnuut  die strategiese nut van die Kaap laat insien en in 1806 het Brittanje die Kaap binnegeval en herower.

Die Britse regering het ‘n aanbod aan krygsgevangenes in Engeland gemaak – sluit aan by hul weermag of vergaan in aanhouding. Soos baie ander, het Nicolaus verkies om by ‘n Britse regiment aan te sluit en land op 1 Maart 1806 onder bevel van Kaptein Cuyler in Algoabaai. Fort Frederick is gekonfiskeer en word die tuiste van jong Nicolaus gedurende sy eerste jare in Algoabaai. Die plasing van troepe in die grensarea van die Oos-Kaap was met die idee om aanvalle deur die Xhosa, veediefstal en moord op plaasgesinne te beheer.

 voetsoldaat

‘n Britse voetsoldaat uit die Napoleontiese era, 1806-1820

 troepedraer

‘n Britse oorlogskip en troepe-draer soorgelyk aan die een waarin Niclaus Hitge na Algoabaai gevaar het.

 FORT FREDERICK

Die fort is in ongeveer 1799 gebou – gedurende die Eerste Britse besetting.  Die besetting het geduur tot 1802. Die Napoleontiese oorloë was in volle gang en daar was altyd die moontlikheid van ‘n Franse landing in hierdie deel van Afrika en dus was ‘n fort met permanente troepe noodsaaklik.

Fort Frederick is vernoem na die Hertog van York en is gebou op ‘n kop met uitsig oor die vasmeerplek in Algoabaai. Die vierkantige klipfort het sye van 24m lank en is 3m hoog en was ‘n kompleks van geboue: barakke, vier klein huise vir die offisiere, ‘n bakkery, magasyne, smidswinkel, timmermanswerkplaas en ‘n kruithuis. In die goed omheinde terrein buite die fort was ‘n groot groentetuin en ‘n beeskraal. Agt kanonne het die fort beskerm.

fortfrderick

Fort Frederick

NICOLAUS SE LEWE IN ALGOABAAI

Met sy sterk persoonlikheid het Nicolaus gou ‘n gunsteling onder die offisiere geword, en hulle het hom gehelp om in die fort ‘n negosiewinkel te begin. Hy het vinnig ‘n welgestelde man geword en het as gevolg van sy streng integriteit en sterk karakter hoë aansien en respek geniet.

Onder die 1820 Britse setlaars was ‘n ene MARY HUNT, dogter van Charles Hunt en Elizabeth Day. Sy was die weduwee van W.G.H. Wright met een kind.  Mnr. Wright het oorboord geval tydens die reis na Suid-Afrika. Nicolaus het haar bevriend en is op 14 Mei 1820 op 35-jarige ouderdom met haar getroud. Mary is in 1792 in London gebore.

aankoms

Die aankoms van Britse Setlaars in Algoabaai (tans Port Elizabeth).

Oorspronklik is net gereed gemaak vir 2,000 Setlaars sover dit kos, huisvesting, vervoer en die uitreik van plase betref. Daar was groot konsternasie toe dubbel soveel opdaag en  sommige geselskappe moes tot twee weke aanboord wag voordat hulle kon land. Groepe is in ’n groot tentedorp volgens hulle stand gehuisves  – die elite in markiestente  en  kleinboere , ambagsmanne, ens. in klein, ronde tente.

 pelater

Port Elizabeth’n paar jaar later.

Met die 1818 en 1820 sensus van Zwartkopsrivier is Nicolaus op Ado Drift. Tydens die uitlê van Port Elizabeth het Sir Rufane Donkin aan Nicolaus ‘n erf gegee met die doel om ‘n hotel te bou wat kon bydra om die dorp te verfraai. In 1821 bou hy die “Red Lion Inn” en bedryf ook ‘n bakkery en ‘n slaghuis op die perseel. Teen die einde van 1823 gee hy kennis om die gebou te verkoop en word dit tydelik deur die Regering oorgeneem as Doeanehuis en Publiekekantore. Ongelukkig is die ou gebou in die laaste helfte van die 20ste eeu gesloop om plek te maak vir die huidige Woolworthsgebou, 19-23 Govan Mbekilaan (was eers Mainstraat).

pekaart

19-23 Govan Mbekilaan

 woolies

Die Woolworthsgebou – voorheen die perseel van Nicolaus Hitge se Red Lion Inn. Regs loop die straat uit op die ou markplein.

 PE1830

 Port Elizabeth in 1830 – uitsig vanaf die markplein op in Mainstraat.  Die Red Lion Inn was ongeveer die vyfde gebou regs in Mainstraat.

DIE RED LION INN

 

 locofinn

‘n Tekening van Port Elizabeth deur Comfield –  gepubliseer in 1823. 

(Die oorspronklike is in die Cory Biblioteek, Rhodes Universiteit, Grahamstad).

  •  ‘n Uitreksel uit: Early Nineteenth Century Architecture in South Africa A Study of The Interaction Of Two Cultures 1795-1837 deur Ronald Lewcock (1963).
  • planinn

“A fortunate chance has preserved full detail of one of the earliest substantial houses to be erected in Port Elizabeth after the arrival of the settlers.  This was a building erected by Nicolas Hidge on a site ‘in the front of the street contiguous to the landing place and to the Market’, which was especially donated by Sir Rufane Donkin, it being stipulated that the recipient ‘was to build a Inn which might prove a decoration to the Town’.  The Inn, which had for its sign a Red Lion, comprised a stone double-storeyed thatched block flanked by two flat-roofed side wings of single-storey height.  There were eight ‘sleeping rooms’ upstairs, separated from one another by light yellowwood partitions, and six large rooms’ at the entrance level.  The roof space was said to be ‘suitable for sleeping rooms or dry store’.  An open staircase connecting the floors rose up from the back parlour.  The main building was flanked on one side by a range of small sheds enclosing a yard ‘which us accessible to wagons’ and containing ‘an entrance to the store which is under the principle part of the house’.  This building is unique in having a Mansard roof which shows in many clear sketches and photographs.  This may be the reason for the representation of the hotel in the early Comfield print with Cape Dutch end gables, which it does not appear ever to have had – in fact the end gables were straight-sided, with the peculiar bend in the middle of the sides associated with the Mansard roofing. (Four dormers on each side of the roof, which do not show in either Hidge’s elevation or Comfield’s sketch, appear in subsequent drawings and photographs. The house, though built by the owner himself, cost 15,000 Rixsdollars.  In 1824 the Government appears to have rented the house as temporary quarters for the Customs House and Public Offices, and probably continued to occupy it until a special building was erected for the purpose in 1837.  Hidge’s Inn was situated in Main Street near the site of the present City Hall. ”

 Op 28 Oktober 1824 word nog ‘n erf aan hom toegeken, deel van die ou Port Elizabethklub. Op dié tydstip was Nicolaus ongeveer £30,000 werd en wou graag terugkeer na sy vaderland, maar met sy skerp sakevernuf het hy ‘n geleentheid raakgesien wat hy nie kon laat verbygaan nie. Die Boere, teleurgesteld met die Britse regering, het ontslae begin raak van hul plase in die Kaapkolonie en die Groot Trek aangepak na die binneland. Die goedkoop plase wat skielik beskikbaar was het Nicolaus vinnig van plan laat verander, en in stede van terugkeer na Europa het hy 200,000 hektaar grond gekoop.

Op 28 November 1838 plaas hy ‘n kennisgewing dat hy twee huise ens,. verkoop en die Uitenhage-distrik verlaat. Op 8 Mei 1839 vertrek hy na sy nuwe plase “Vrolykheidt” en “Vondeling” (Baviaanskloof) tussen Willowmore en Beaufort-Wes.

In Januarie 1847 woon Nicolaus in Uitenhage en doen hy aansoek vir ‘n dranklisensie vir ‘n perseel in Bairdstreet, waar hy op 3 Augustus 1848 oorlede is. Sy vrou Mary is sewe jaar later op 8 November 1855 oorlede.

  • ‘n Uitreksel uit: “Begraafplaas Uitenhage” – Nederduits Gereformeerde Kerk:

 “Hitge, M. Nicholas (63y 5m 22d). The deceased was a native of Germany.”

  •  ‘n Berig uit die “Eastern Province Herald, Dinsdag 27 November 1855”:

 “Died at her residence in Uitenhage on the 8th November 1855, Mrs. Mary HITGE, widow of the late Mr. Nicholas HITGE, aged 68 years and one month. She has left a large family and circle of friends to deplore their loss. ”

utenhage3Uitenhage omstreeks 1860.

________________________________________

EERSTE GESLAG GEBORE IN SUID-AFRIKA

________________________________________

NICOLAUS en MARY se kinders:

1.  Coenraad Anthonie Jacobus Hitge is gebore op 1 April 1821, gedoop in die NG Kerk, Uitenhage en sterf op 22 Julie 1859 op 37-jarige ouderdom op die plaas “Oorlogspoort”, distrik Beaufort. Hy trou op 27 September 1847 in die NG Kerk, Uitenhage met Johanna Maria Catharina Vos, dogter van Willem Lambert Vos en Carolina Amerentia Vos.  Sy is gebore in 1817 en sterf op 10 August 1904 in Uniondale.

2.  George Joseph Roye Hitge is gebore op 25 November 1822, gedoop in die NG Kerk, Uitenhage en sterf op 14 Junie 1899 op 76-jarige ouderdom in Willowmore. Hy trou op 17 Julie 1844 in die NG Kerk, Uitenhage met Plestina Blatherwick Younger, dogter van John Younger. Sy is gebore op 6 Julie 1825 in Uitenhage en sterf op 5 Desember 1895.

3.  Charles Frederick Hitge is gebore in ongeveer 1823 en sterf op 24-jarige ouderdom in 1847.

4.  Louisa Sophia Hitge is gebore op 15 September 1824 en gedoop in Port Elizabeth (register van die St. George’s Kerk, Grahamstad). Sy trou met Ignatius Petrus Rademeyer en sterf op 24-jarige ouderdom op 19 Desember 1848 op die plaas  “Zwartberg”, distrik Beaufort.

5.  Hester Adriana Carolina Merckel Hitge is gedoop op 5 April 1827 in die Rooms-Katolieke Kerk in Kaapstad.  Sy trou op 5 Junie 1844 met Jerolem Marincowitz in die NG Kerk, Uitenhage.

6.  Jacob John Hitge is gebore op 16 Februarie 1829 en gedoop in die St. Mary Kerk, Port Elizabeth.  Hy was een van ‘n tweeling maar is as baba oorlede en is op 3 Desember 1829 begrawe uit die  Mary Kerk, Port Elizabeth.

7.  THOMAS WILLIAM NICOLAAS Hitge, is gebore op 16 Februarie 1829.

________________________________________

TWEEDE GESLAG

________________________________________

Stamvader Nicolaus Hitge se jongste seun, THOMAS WILLIAM NICOLAAS Hitge is gebore op  16 Februarie 1829 en gedoop in die St. Mary Kerk, Port Elizabeth – die oorlewende van die tweeling. Hy trou met ENGELBERTHA RACHELINA MARGAR DANNHAUSER, dogter van Cornelis Jacob Dannhauser. Sy is gebore op 2 Augustus 1836 en sterf in 1892.

Na hul vierde kind se geboorte trek die gesin na George – die laaste ses kinders is daar gebore.

george

 Vroeër jare in George met die Outeniquaberge in die agtergrond.

THOMAS WILLIAM NICOLAAS en ENGELBERTHA RACHELINA MARGAR  se kinders:

1.  NICOLAAS FREDERIK Hitge is gebore op 25 Oktober 1852, gedoop in Uitenhage op 14 November 1852 en sterf op 1 Februarie 1920.

2.  Rachelina Maria Hitge is gebore op 6 Desember 1853 en is gedoop in Uitenhage op 25 Desember 1853. Sy trou met Christiaan Hendrik Wamsteeker en na sy dood trou sy met haar neef Thomas Younger Hitge, seun van haar pa se broer George Joseph Roye.

3.  Cornelis Gerhardus Hitge is gebore op 14 Junie 1855, gedoop in Uitenhage op 4 November 1855 en sterf in Victoriaweg, Woodstock, Kaapstad op 1 Mei 1903.

4.  Mary Louisa Hitge is gebore op 10 Oktober 1856 en gedoop in Uitenhage op 23 Augustus 1857. Sy trou met John Robert Horne, gebore 1842.

5.  Engelbertha Margaretha Hitge is gebore op 19 Oktober 1859 en gedoop in George op 27 November 1859. Sy trou met Jasper Vermooten.

6.  Coenraad George Hitge is gebore op 23 Junie1860. Hy trou met Margaret Flockhart.

7.  Hester Adriana Carolina Hitge is gebore op 25 Desember 1861, gedoop in George op 16 November 1862 en sterf ongeveer 1882.

8. Gert Hendrik Hitge is gebore op 9 Augustus 1863, gedoop in George op 6 Februarie 1864 en sterf op 17 April 1943. Hy trou met Christina Susanna du Preez, gebore op 25 Julie 1872 en sterf op 17 Oktober 1943.

9. Johanna Catharina Hitge is gebore op 9 Desember 1865 en gedoop in George 21 Januarie 1866.

10. Lucas Johannes Hitge is gebore op 8 Junie 1867 en gedoop in George op 15 September 1867.

________________________________________

 DERDE GESLAG

________________________________________

NICOLAAS FREDERIK Hitge is gebore op 25 Oktober 1852, gedoop in Uitenhage op 14 November 1852 en sterf op 1 Februarie 1920 in Johannesburg op 68-jarige ouderdom.  Hy trou met JACOBA ADRIANA SOPHIA SWANEPOEL, weduwee van Andreas Jeremias Luttig en dogter van Petrus Cornelis en Johanna Swanepoel. Sy is gebore op 19 Junie 1856 in Colesberg en sterf op op 23 Junie 1894 in Fordsburg, Johannesburg, vier dae na haar 38ste verjaarsdag.

Uit haar eerste huwelik met Luttig is drie kinders gebore, halfbroers en halfsuster van Jacoba Adriana Sophia Hitge aan moederskant;  Johanna Adriana Sohia, Andries Jeremias en Jacobus Johannes Petrus.

Na hul huwelik op Colesberg (ongeveer 1881) trek Nicolas Frederik en sy vrou na Dutoitspan by die Kimberleyse diamantvelde waar hulle vier kinders gebore is; Engelberta Rachelina Margaretha, Jacoba Adriana Sophia, Ignatius Stephanus en Nicolaas Willem Burger.

Dutoitspan, Kimberley diamantveld (nou Beaconfield)

ngdutoitspan

         Die NG Gemeente Dutoitspan se sinkkerkie is op 1 Desember 1881 ingewy. Die dik sinkplate aan die buitekant van die kerk is met ossewaens van Port Elizabeth aangery.

NICOLAAS FREDERIK  en JACOBA ADRIANA SOPHIA  se kinders:

Engelberta Rachelina Margaretha Hitge is gebore op 23 Junie 1882 en gedoop in Kimberley op 5 Augustus 1882. Sy is vermoedelik as kind oorlede.

JACOBA ADRIANA SOPHIA Hitge is gebore op 9 Oktober 1883 en gedoop in Kimberley op 6 Januarie 1884.  Sy trou met Loedolph Ferdinand Lindenberg.

Ignatius Stephanus Hitge gebore 14 Junie 1884.

Nicolaas Willem Burger Hitge is gebore op 13 Mei 1886 is gedoop op 4 Julie 1886 in Dutoitspan, Kimberley.

Iewers tussen 1886 en Jacoba Adriana Sohia se dood op 23 Junie 1894, trek die gesin na die Johannesburgse goudvelde waar hulle onder meer woon in Terrace Road, Fordsburg. Nicolaas Frederik se jonger broer Gert Hendrik het ook tydens die 1896 Braamfonteinse dinamiet-ontploffing in Fordsburg gewoon.  Van die beseerdes is na sy huis gedra.

  •  ‘n Uittreksel uit die “1893 Longland’s Alphabetical Directory of Johannesburg”:

     HITGE, N, Terrace-rd., Fordsburg

sterftekennis

 Sterftekennis van Jacoba Adriana Sophia Hitge

fordsburgkerk

Fordsburg se eerste kerk is erg beskadig in die Braamfonteinse dinamiet-ontploffing (Februarie 1896), skaars twee maande nadat dit in gebruik geneem is.

Na sy vrou se dood trou Nicolaas Frederik op 19 Maart 1895 in Johannesburg (op 39-jarige ouderdom) met die 19-jarige Ima Hendrika Vermooten. Hy en Ima het vyf kinders gehad; Clarence, Enid Margaret Sara Younger, Dirk Frederik, Ima Vera Angelina en Carmen Leonie – halfbroers en halfsusters van Jacoba Adriana Sophia Hitge aan vaderskant.

Met die drie jongste kinders se geboorte woon die gesin in Kaapstad. Volgens Ima Vera Angelina se doopinskrywing op 30 Junie 1905 woon die gesin in 111 Chamberlainstraat, Woodstock, Kaapstad. Nicolaas Frederik se broer Cornelis Gerhardus Hitge woon in Victoriaweg, Woodstock.

________________________________________

VIERDE GESLAG

________________________________________

JACOBA ADRIANA SOPHIA is gebore in 1883, sterf op 21 Augustus 1945 en is begrawe in die ou Senekalbegraafplaas.  Sy trou op 5 Junie 1907 in Kaapstad met LOEDOLPH FERDINAND LINDENBERG, seun van Fredrik Lodewyk Lindenberg en Martha Carolina Hablutzel. Hy is gebore in Worcester op 11 Januarie 1878, sterf in 1960 en is begrawe in die ou Senekalbegraafplaas.

Jacoba Adriana Sophia was net elf jaar oud toe haar moeder op 23 Junie 1894 oorlede is en sy is daarna vermoedelik deur familie aangeneem. Waarom sou haar vader haar laat aanneem?

Dalk kon hy na sy vrou se dood nie na die kinders omsien nie, of dalk wou sy nuwe jong vrou nie kinders grootmaak wat net ‘n paar jaar jonger as sy was nie!

 sophia hitge

Jacoba Adriana Sophia Lindenberg (gebore Hitge)

 sophia huwelik

Jacoba Adriana Sophia Hitge en Loedolph Ferdinand Lindenberg se huweliksinskywing in die huweliksregister van die NG Kerk, Kaapstad.

 lfgraf

Die grafte van Jacoba Adriana Sophia Hitge en Loedolph Ferdinand Lindenberg in die ou Senekalbegraafplaas.

JACOBA ADRIANA SOPHIA en LOEDOLPH FERDINAND se kinders:

1.  ALDO LINDEN Lindenberg is gebore op 20 Mei 1920 en sterf op 14 September 1991.

2.  Leipoldt (Boet) Lindenberg se jarelange metgesel was sy vriendin Graham. Sy was skoolhoof van ‘n meisieskool in Johannesburg.

Leipoldt se kind:

1. Louis Lindenberg.

 3.  Frederick (Freddie) Lindenberg is gebore in 1908 en getroud met Nanna getroud. Hulle woon vir jare op “Cacti Country”, Bainsvlei gebly, ‘n plot sowat 1km van die ou Bainsvlei Teetuine.

Frederick en Nanna se kinders:

1.  Alma Lindenberg getroud met Barnard.

2.  Marlene Rose Lindenberg getroudmet Inne.

3.  Louis Lindenberg getroud met Hendriena.

 4.  Linda Lindenberg is in ongeveer 1971 oorlede. Sy het as kind te veel narkose gedurende ‘n mangeloperasie gekry wat epilepsie veroorsaak het.

________________________________________

VYFDE, SESDE EN SEWENDE GESLAGTE

________________________________________

ALDO LINDEN LINDENBERG is gebore op 20 Mei 1920 in Senekal of Bethlehem en sterf op 14 September 1991 in Bloemfontein. Hy is begrawe in die ou Senekalbegraafplaas. Aldo trou met NATALIE (Talie) FOURIE, dogter van Philippus Jacobus Fourie en Anna Elizabeth Schoultz.  Sy is gebore op 25 Februarie 1928 in Ladysmith, Natal.

 Oom Aldo 38 Tannie Talie 30

Aldo en Talie – ongeveer 1958

 allindenberg

Die graf van Aldo Linden Lindenberg in die ou Senekalbegraafplaas.

ALDO LINDEN en NATALIE  se kinders:

1.  Beulah Lindenberg is gebore op 16 Augustus 1949 in Bloemfontein. Sy trou op 4 Januarie 1969 in Bloemfontein met Iain Graeme Robertson, seun van William Davielson Robertson en Laura Delanie Withers. Iain is gebore op 11 September 1946 in Bloemfontein en sterf in Feb 2012 in Durban.

Beulah en Iain se kinders:

1.  Grant William Robertson is gebore op 30 November 1970. Hy trou met Sandy Lynn Grieveson op 6 Junie 1998 in Durban.  Sandy is gebore op 26 Oktober 1971 in Durban.

Grant en Sandy se kinders:

1.  Chloe Helen Robertson is gebore op 13 Augustus 2003 in Durban.

2.  Emily Kate Robertson is gebore op in Durban.

2.  Wayne Robertson is gebore op 12 April 1974 in Bloemfontein. Hy trou met Ingrid Stijweg in Durban. Ingrid is gebore op 19 Mei 1970 in Durban.

Wayne en Ingrid se kind:

1.  Ruby-Rose Robertson is gebore op 7 November 2012 in Durban.

 3.  Warren Robertson is gebore op 9 Augustus 1981 in Durban. Hy trou met Kirsti Lauren de Kock in Durban. Kirsti is gebore op 2 Junie 1982 in Oos-London.

       Warren  en Kristie se kind:

       1.  Sophie Robertson is gebore op 10 Augustus 2013 in London.

1.  Belinda Lindenberg is gebore op 25 November 1950 in Bloemfontein. Haar eerste huwelik is met Lionel Comer-Bond. Lionel is gebore op 4 Julie 1945 in Bloemfontein.

Belinda en Lionel se kinders:

1.  Sandy Comer-Bond is gebore op 11 Junie 1969 in Bloemfontein.

2.  Ryan Lionel Comer-Bond is gebore op 7 Februarie 1972 in Bloemfontein.

Belinda se tweede huwelik is met John David Johnstone. John is gebore op 25 Maart    1946 in Liverpool, Lancashire, England.

3.  Claudia Wonda Lindenberg is gebore op 5 Mei 1953 in Bloemfontein. Haar eerste huwelik is op 30 September 1972 in Bloemfontein met Everhard (Ewie) du Plessis, seun van Johan David du Plessis. Ewie is gebore op 17 Desember 1949 in Bloemfontein en sterf op 12 Julie 1979.

Claudia en Ewie se kinders:

1.  Nadine du Plessis is gebore op 11 Maart 1973 in Bloemfontein en sy trou met Allan van Heerden.

Nadine en Allan se kind:

1.  Jana van Heerden is gebore op 16 Mei 2003.

2.  Johan Alvin Plessis is gebore op16 Mei 1976 in Bloemfontein. Hy trou met Melanie Jacolene Payne.

Claudia se tweede huwelik is met Colin Jardine, seun van Jose Jardine en Elsie Catharine Coetzee. Colin is gebore op 1 Julie 1952 in Johannesburg.

Claudia en Colin se kind:

1. Natasha Jardine is gebore op 13 September 1983 in Pretoria.

 4.  Louis Lindenberg is gebore op 18 Jan 1955 in Bloemfontein. Hy trou op 13 Augustus 1977 in Bloemfontein met Deidre Tibshirany, dogter van Fiad en Jean Tibshirany. Deidre is gebore op 23 Februarie 1955 in Bloemfontein.

Louis en Deidre se kinders:

1.  Laverne Bianca Lindenberg is gebore op 23 Mei 1980 in Bloemfontein.

2.  Jamin Guy Lindenberg is gebore op 8 Oktober 1985 in Pietersburg. Hy sterf op 23 Oktober 2012 in Pretoria.

3.  Kayley Jade Lindenberg is gebore op 2 Maart 1989.

Kayley se kind:

1.  Nielen Luke Louw is gebore op 2 Januarie 2008 in Pretoria.

 5.  Alma Lindenberg is gebore op 21 Oktober 1956 in Bloemfontein. Sy trou op 24 Junie 1989 in Belvidere, Knysna met Anthony John (Tony) Williamson seun van John Patrick Williamson en Dorothy Margaret Stedman. Tony is gebore op 5 Februarie 1958 in Durban.

Alma en Tony se kinders:

1.  Leigh Ann Williamson is gebore op 28 Mei 1991 in Nelspruit, Mpumalanga.

2.  Jessica May Williamson is gebore op 29 April 1994 in Nelspruit, Mpumalanga.

6.  Ludolph Marius (Dolf) Lindenberg is gebore op 20 September 1962 in Bloemfontein. Hy trou op 8 Junie 1984 in Bloemfontein met Carole Anne Fox dogter van David Fox en Florence Anne Hetherington. Carole is gebore op 1 Desember 1965.Gustav is tans verloof aan Dienka Groenewald.

Ludolp en Carole se kinders:

1.  Charne Lindenberg is gebore op 24 Desember 1984 in Bloemfontein.

2.  André Lindenberg is gebore op 13 Mei 1987 in Bloemfontein.

7.  Gustav Dietlof Lindenberg is gebore op 5 Februarie 1968 in Bloemfontein. Hy trou op 16 November 1996 in Bloemfontein met Cecilia Maria (Elmarie) de Swardt, dogter van Pieter de Swardt and Emmie Bester. Cecilia is gebore op 6 November 1974 in Meyerton.

Gustav en Elmarie se kinders:

1.  Alex Lindenberg is gebore op 9 Desember 2002 in Pretoria.

2.  Kaila Lindenberg is gebore op 16 Januarie 2006 in Pretoria.

8.  Aldo Lindenberg is gebore op 14 September 1971 in Bloemfontein en sterf op 7 Maart 2016 in Bloemfontein. Hy  trou met  Susanna Petronella (Espie) Rall in Bloemfontein.

Aldo en Espie se kinders:

1.  Aldin Lindenberg is gebore op 21 Februarie 2001 in Bloemfontein.

2.  Kian Lindenberg is gebore op 4 Februarie 2004 in Bloemfontein.

3.  Rossouw Lindenberg is gebore op 17 Maart 2010 in

________________________________________

  BRONNE

________________________________________

Lindenberg familielede.

Margaret Harradine, Africana Bibliotekaris, Nelson Mandela Metropool Munisipaliteit.

Cory Biblioteek, Rhodes Universiteit, Grahamstad.

Transvaalse argiefbewaarplek, Pretoria.

Doopregisters en huweliksregister van die NG Kerk Uitenhage, Colesberg, Kimberley, Johannesburg en Kaapstad, NG Kerkargief, Kaapstad.

Register van die St. George’s Kerk, Grahamstad.

Transkripsie van die Uitenhagebegraafplaas.

Suid Afrikaanse Geslagsregister, Vol 2 (D-G), opgestel deur J.A. Heese, geredigeer deur R.T.J. Lombard, GISA.

Port Elizabeth in Bygone Days deur J.J. Redgrave.

The Rise of South Africa, Vol 2, deur G.E. Cory (1913).

Early Nineteenth Century Architecture in South Africa A Study of The Interaction Of Two Cultures 1795-1837 deur Ronald Lewcock (1963).

A genealogical history of the Scripps family and its various alliances J.E. Scripps (1903).

1893 Longland’s Alphabetical Directory of Johannesburg

Eastern Province Herald, 27 November 1855.

Die Volksblad, 6 Junie 2007.

http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=703755

http://www.trekearth.com

http://www.wikipedia.com