DIE VOOR- EN NAGESLAGTE VAN

PHILIPPUS JACOBUS FOURIE

(gebore 18 April 1887)

  fourie wapen b6

Die familieskild van stamvader Louis Fourie se tweede seun Louis (b6)

Bron:  Die Fourie Familiebond

________________________________________

EERSTE GESLAG

________________________________________

STAMVADER LOUIS FOURIE

Betroubare data rakende die Huguenote in Frankryk is skaars, maar met die tyd kom daar meer dokumente te voorskyn. Protestantse rekords en registers met waardevolle inligting m.b.t doop, huwelike, sterftes ens., is met tye voor die voet vernietig. Na die herroeping van die Edik van Nantes is hierdie dokumente op grootskaal deur die Rooms-Katolieksgesinde monargie tot niet gemaak.  Gedurende die Franse revolusie is nog verdere rekords verbrand omdat die gepeupel geglo het dat die Geheime Polisie daarvan gebruik maak. Dit is ook gedoen om agterstallige belasting te ontduik.

DIE MOONTLIKE HERKOMS VAN LOUIS FOURIE

Dit is hoogs onwaarskynlik dat Fourie ons stamvader se oorspronklike familienaam is, maar ongelukkig bestaan daar geen dokumente waar hy self sy naam voluit geskryf het nie.  Sy handtekening was net “LF”. Die amptenare van die VOC, sowel as die Franse en Hollandse predikante, het in dokumente sy van aangeteken as Florit, Florij, Fleurij, Flori, Flourij en uiteindelik as Fourie.

 florit

In ‘n artikel geskryf deur L. Martin, ‘n voormalige pastoor van die ou Huguenote Kerkie “Temple de Pontaix, noem hy: Desrcendants with the name Lombard and Fleury are still in South Africa.Dit blyk egter dat meeste Franse verwysings na Kaapse Huguenote berus op inligting uit die Kaapse Argiewe en nie uit Franse Protestantse registers nie. In die gedeeltelike registers van Pontaix is daar geen rekords van “Fleury” of “Fourie” nie, maar daar is wel die van “Fauré”.

  • Bron: Depouillement d’un registre paroissial de l’eglise reformee de la paroisse de Pontaix (Drôme) 1654 – 1672, par Dr Jean Sambuc – Société de l’Histoire du Protestantisme Français

Tot dusver is aanvaar dat hy afkomstig is uit die dorpie Pontaix, geleë in die in die voormalige Dauphiné provinsie – nou die Drôme departement. ‘n Alternatiewe moontlikheid is dat hy op Pontaix gewoon het voordat  hy noodgedwonge moes vlug, maar dat hy in die omgewing van Livron/Loriol gebore is. ‘n Saamgestelde register van protestante in die area sluit Faurés in met dieselfde name as Louis Fourie se Suid-Afrikaanse kinders, bv; François, Louis, Jacques (Jacobus), Marie (Maria), Elisabeth, Jean (Johannes), Suzanne,  Pierre (Pieter), en Antoine (Anthonius).

 Vir ‘n beskrywing en fotos van Pontaix gaan na: – http://www.myfamilie.co.za/pontaix.html

tempel

André en Carol du Plessis voor die “Temple de Pontaix”.

 Die kerkie (in Frankryk word Protestante kerke “temple” genoem) was ‘n Protestantse tempel in die 16de eeu waarna dit deur die Katolieke oorgeneem is en só behoue kon bly na die herroeping van die Edik van Nantes in 1685.  Dit kom later weer onder Protestante beheer.

n Sterk saak vir die van Faurite:

Die Franse historikus, Michelle Magdelaine, het met behulp van ‘n internasionale span ‘n databasis opgestel uit rekords van die Hervormde Kerk in Switserland en Duitsland waar hulp verleen is aan ongeveer 25,000 Franse vlugtelinge.  Geen melding word gemaak van ‘n “Louis Fourie”, “Louis Fleury”, of “Louis Faure” wat hulp in Switserland of Duitsland ontvang het nie.

**Daar het wel ‘n “Louis Faurite” vanaf Livron wat by Schaffhouse, Noord-Switserland, hulp ontvang op 27 September 1687 en by Frankfort (Francfort-sur-le-Main) op 6 November 1687.

louis hulp2

 Bron: Base de données du refuge huguenot – http://www.refuge-huguenot.fr

Rekords wat dateer uit die 18de en 19de eeu meld Faurites in Étables in die Ardèche area, ongeveer 50km noord van Livron (Livron-sur-Drôme), met dieselfde voorname as Louis se kinders; Antoine, Marc, Jacques, Francois, Jean, Pierre, Joseph, Anne, Marie ens.

In die register “Grootboek en joernaal, 1688 van het schip Borssenburg” is daar ’n inskrywing vir ’n “Louis Fori van Livorn in Dauphine vrijman, vide Caapse vrijb.”  Aangesien daar nie ‘n dorp met die naam Livorn in Frankryk is nie, kan dit aangeneem word dat dit die dorpie Livron is – ongeveer 43km wes van Pontaix.

Die volgende persone van Livron (moontlike familielede van Louis) het ook hulp by Schaffhouse, Neuchatel en Frankfort hulp ontvang:

Schaffhouse: Op 2 Desember 1687 het ‘n Jacques Faurite met sy vrou Marie met drie kinders, ook van Livron afkomstig. Neuchatel: Op 17 November 1687 ‘n Jacques Faurite vergesel deur Jeanne Planel, Marie Faurite en Jean Lacroix met drie kinders, ook van Livron afkomstig.

 familiehulp

 Vir ‘n beskrywing en fotos van Livron gaan na:- http://www.myfamilie.co.za/livron.html

Livron was op ‘n stadium ‘n Protestantse bastion waar bloedige weerstand gebied was teen die Katolieksgesinde dragonders, maar die mure is finaal tot ‘n val gebring in 1623. Al wat oorgebly het van Protestanste geboue  is ‘n stukkie muur van die ou kerk.

antiekekerk

Place de l’ Ancienne Église, Rue Jean Boyer, Livron – “Plek van die Antieke Kerk”kerkmuur

 Twee Fourie nasate by die kerkmuur- Carol du Plessis (gebore Beck) en Cindy Bam (gebore du Plessis), kleindogter en agterkleindogter van Philippus Jacobus Fourie.

 Rekords wat deur Colin Graham Botha, ‘n voormalige argivaris van die Kaapse Argiewe, in die Den Haagse Argiewe ondersoek is, wys net dat Louis uit Dauphine kom, wat dit moontlik maak dat hy nie noodwendig ín Pontaix gebore is nie.

 5) From various records in The Hague Archives the following particulars were obtained: — Daniel Couvat, or Bouvat, came from Dauphine in 1688 as a soldier in’t Wapen van Alkmaar. Jean Gardiol came from Provence. Louis Fourie came from Dauphine.

‘n Mede-Huguenoot, Pierre Lombard en sy vrou Marie, was ook die skip Borsenburg.  Die Lombards was afkomstig van Pontaix en jare later trou hulle oudste seun Pieter (Pierre) met Louis se dogter Martha. Pierre was ook ‘n getuie by Louis se dogter Sara se doop. Louis was weer getuie by die doop van die Lombards se kleinseun, Petrus. Dit lyk asof die verhouding tussen die twee families verder kan strek as net van die begin van hulle aankoms in die Kaap. Het Louis as ‘n jongman van ongeveer agtien jaar oud saam met die Lombard gesin gevlug? Dalk is hy afkomstig uit Livron maar het hy vir ‘n ruk in Pontaix gewoon voordat hy land-uit gevlug het.

Volgens Michelle Magdelaine se databasis het ‘n Pierre en Marie Lombard, vergesel deur sy moeder en ‘n kind, ook vanaf September tot in November 1687 by punte langs dieselfde roete hulp ontvang. Groepe vlugtelinge het noodgedwonge opgedeel om minder opsigtelik te reis.  “They mostly traveled by night, not in bands but in small parties, and often singly: Samuel Smiles”. Dit kon dalk die geval met Louis en die Lombards gewees het.

lombard hulp

 SY LEWE IN FRANKRYK

 Die lewe was ondraaglik vir die Protestante (Huguenote) in Frankryk vanaf die sestiende tot die agtiende eeu. Gedurende die jare wat die Edik van Nantes in werking was, was daar ‘n mate van godsdiensvryheid, maar  met die herroeping van die Edik op 18 Oktoberober 1685 het die hel letterlik losgebars. Na die Herroeping van die Edik van Nantes in 1685 was daar hernude en bloedige vervolging teen Protestante en baie het gesterf of gevlug, terwyl  ander geswig het onder die meedoënlose druk om die Katolieke geloof aan te neem.

Huguenote was beveel om te “bekeer” na die Roomse-Katolieke Kerk en verbied om die land te verlaat. Louis XIV het 300,000 ekstra soldate gehuur om op Huguenote jag te maak. Dié wat geweier het om hulle geloof af te lê, en ook die vlugtelinge wat gevang is, is wreed gemartel en gedood.  Eiendom is gekonfiskeer en Protestantse kinders is selfs ontvoer om as Katolieke groot te word.  Kerke is verbrand of afgebreek, pastore is gemartel en in tronke gestop en kerkregisters is vernietig om alle tekens van die Protestante te probeer uitwis. Daar is selfs verhale waar kerke en skure met lidmate en al verbrand is.

marteling

Die Skotse skrywer, Samuel Smiles, vertel in sy boek “The Huguenots, Their Settlements, Churches, and Industries, in England and Ireland” (1876), die volgende:

“The Protestants were commanded to employ only Roman Catholic servants under penalty of a fine of 1,000 livres, while Protestant servants were forbidden to serve either Protestant or Roman Catholic employers. If any men-servants were detected violating this law, they were liable to be sent to the galleys; whereas women-servants were to be flogged and branded with a fleurisdelis — the emblazonment of the “Most Christian King.”

 Protestant pasters found lurking in France after the expiry of fifteen days, were to be condemned to death ; and any of the King’s subjects found giving harbour to the pastors were to be condemned — the men to be galley-slaves, the women to imprisonment for life! The reward of 5,500 livres was offered for the apprehension of any Protestant pastor.

 The Huguenots were not even permitted to die in peace. They were pursued to death’s door, and into the grave itself. They were forbidden to solicit the offices of those of their own faith, and were required to confess and receive unction from the priests, on penalty of having their bodies, when dead, removed from their dwelling by the common hangman, and flung into the public sewer. In the event of the sick Protestant recovering, after having rejected the viaticum, he was to be condemned to perpetual confinement at the galleys, or imprisonment for life, with confiscation of all his property. “

SY VLUGTOG UIT FRANKRYK

 Al opsie wat vir die Huguenote oorgebly het was om te vlug uit hulle geboorteland, maar dit kon nie ‘n maklike besluit gewees het nie. Die gedagte om álles agter te laat, vaderland, ‘n bekende lewenswyse, geliefdes ens., en ‘n onbekende en onsekere toekoms in te vlug, was vir sommige net te veel. Die dood en marteling wat op hulle gewag het was vir hulle aanneemliker as die onsekerheid van die vreemde.

In die laaste helfte van 1687, word Louis deel van ‘n groep Franse vlugtelinge wat na Nederland vlug. Die vlugroete van Pontaix het geloop oor die dorp Die, deur die Rhône-Alpe van Frankryk, deur Switserland en Duitsland na Nederland.

Die vlugtelinge moes te voet vlug, al hulle besittings agterlaat en net saamneem wat gedra kon word. Verskriklike ontberings is aangeteken deur vlugtelinge en talle het in die proses gesterf, of is gevange geneem deur die spesiale Dragonders wat net Huguenote gejag het.

Die grense en deurgangsroetes is dag en nag gepatroleer en bewaak en alternatiewe roetes deur woude en oor berge moes gebruik word.  Voeg nog daarby sneeu, swaar vragte, siekes, ou mense, kindertjies en swanger vroue om ‘n prentjie te vorm van die hel wat die arme mense moes deurmaak.

vlugtog

Die volgende is ‘n uittreksel uit ‘n artikel deur Pierre Bolle oor die staproete “Sur les Pas des Huguenots (In die voetspore van die Huguenote), losweg uit Frans vertaal met Google Translate:

Die Huguenote van die Die omgewing wat deur  Switserland gevlug het na die Rynvallei moes Vercors, wat heeltemal Katoliek was, vermy en ‘n roete gevolg deur Aux lendemains de la Révocation en 1685, les protestants de Die qui voulaient chercher un refuge vers Genève, la Suisse et les états de la vallée du Rhin ne pouvaient pas passer par le Vercors qui était entièrement catholique.Châtillon, Nonières, col de Menée (1,457 m) en dan afgedaal na Clelles Mens, “Little Geneva Alps” met sy  1,200 inwoners, waarvan 94% Protestants was. Mens était donc une halte bienvenue. Mens was daarom ‘n welkome stop. Meer as 2,000 Huguenote het hierdie roete gebruik. Dit was nie altyd maklik om oor die nek by Menée (col de Menée) te kom nie, want daar was gewoonlik baie sneeu en sneeu-opdrifsels wat deur wind gevorm is. In 1935 is ‘n houtkruis by nek opgerig waarop die volgende woorde gegraveer is: “Love God and go your way.”

Samuel Smile skryf verder:

“The high-roads as well as the by-ways were regularly patrolled day and night, and all the bridges leading out of France were strongly guarded. But the fugitives avoided the frequented routes, and crossed the frontier through forests, over trackless wastes, or by mountain-paths, where no patrols were on the watch; and they thus contrived to escape in large numbers to Switserland, Germany, and Holland.  

They mostly traveled by night, not in bands but in small parties, and often singly. When the members of a family prepared to fly, they fixed a rendezvous in some town across the nearest frontier; then, after prayer and taking a tender leave of each other, they set out separately, and made for the agreed point of meeting, usually traveling by different routes. Some bought their way across the frontier; others fought their way. They went in all sorts of disguises; some as pedlars, others as soldiers, huntsmen, valets and beggars. Some, to disarm suspicion, even pretended to sell chaplets and rosaries.

The Huguenots conducted the emigration on a regular system. They had Itineraries prepared and secretly distributed, in which the safest routes and hiding-places were described in detail, —Many escaped through the great forest of Ardennes into Luxembourg; others through the Vosges mountains into Germany; and others through the passes of the Jura into Switserland. Some were shot by the soldiers and peasantry; a still greater number were sent to the galleys; yet many thousands of them nevertheless continued to make their escape.”

Die “Sur les Pas des Huguenots” is onlangs in die oostelike deel van Frankryk geopen en is ongeveer 1,200km lank. Dit begin in suid-oos Frankryk en eindig in Duitsland.

vlugkaart

Bron: Sur les Pas des Huguenots – http://www.surlespasdeshuguenots.eu

 Na al hul ontberinge het die uitgeputte Huguenote uiteindelik in Holland aangekom waar hulle hartelik verwelkom is. Hier kon hulle vir die eerste keer werklik veilig voel tussen die Calvanistiese Hollanders en duisende mede-Huguenote.

NA DIE KAAP

Op 3 Oktobe 1685 het die Here XVII besluit om koloniste Kaap toe te stuur as vryburgers.  Tot op daardie stadium het die burgers aan die Kaap bestaan uit werknemers van die VOC, meestal Hollanders en Duitsers. Die VOC het die Franse vlugtelinge as ‘n gulde geleentheid gesien om die burgers in die kolonie aan te vul met boere en ambagsmanne met hoë christelike en sosiale waardes. Voorkeur is gegee aan persone met ondervinding in wynbou, veral in die produsering van brandewyn. Daar word gesê dat die Huguenote in die Kaap aan gekom het met ‘n Bybel in die een hand en ‘n wingerdstok in die ander hand!

Die vlugtelinge is die kans gebied om met ‘n vrypas Kaap toe te gaan (asook ander voordele) en Louis het as ‘n jongman van ongeveer negentien jaar oud die kans aangegryp om deel te word van hierdie nuwe lewe wat aangebied is. Op 21 Desember 1687 neem “Louy Fauritte” afskeid van die Waalse gemeente in Amsterdam en vertrek vermoedelik met die Borsenburg na die Kaap.

Louy Fauritte

‘n Afskrif van die register van die Waalse Kerk in Amsterdam.

Die inskrywing vir “Louy Fauritte” is aan die onderkant van die bladsy: “pour le Cap” – vir die Kaap. Net bokant dit is die name van Pierre Lombard en Marie Coutaux en Pierre se moeder Eve (ook op 21 Desember. 1687).

Die voorwaarde was dat die Franse vlugtelinge vir ten minste vyf jaar aan die Kaap moes bly.  Wat hulle nie geweet het nie was die plan van die VOC om hulle in die Nederlandse gemeenskap te absorbeer.  In die begin was daar teenstand teen Hollandse predikante, onderwysers ens., wat op hulle afgedruk is, maar met die verloop van tyd, en met ondertrouery, het die Fransman tog verhollands en later verafrikaans.

Die Borssenburg verlaat die hawe van Texel (word in Hollands uitgespreek as Tessel), in Noord-Holland, op Dinsdag 6 Januarie 1688 oppad na Batavia, via die Kaap. ‘n Volle 127 dae later, op Woensdag 12 Mei 1688, arriveer hulle die Kaap.

texel

‘n Skildery van die hawe-eiland Texel, geskilder in 1671 deur Ludolf Bakhuizen  Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/Texel

katschip 

 Die “Borssenburg” was ‘n katskip soortgelyk soos die skip hierbo.  Bron: http://www.vocsite.nl/schepen/detail.html?id=10155

 ‘n Uitreksel uit:  The French Refugees at the Cape” deur Colin Botha

“It is a difficult matter to realise what a voyage must have been two hundred years ago when we think of our large modern liners plying between Europe and South Africa.  Today the distance is covered within seventeen days, then it took anywhere from four to six months; today the food is kept in ice chambers, then the meat had to be salted and cured.

The ships then were small, and living and sleeping space was limited; some of the vessels were no longer than one hundred and fifteen feet. Not only were the people faced by the danger of tempestuous seas, stranding or fire, but they also ran the risk of capture by pirates or a foreign enemy.

Death was of frequent occurrence during the voyage, and the means for combatting it limited. The want of fresh food, vegetables and a limited allowance of water caused scurvy.  This played havoc with a great number, and it often ended fatally. Water was a precious thing on board, and every precaution was taken to preserve it. To eke out the fresh water as long as possible, the meat and salt pork were cooked in the salt water and thus consumed by those on board.  Water was given out on short allowance, but one or two glasses of wine were distributed to make up for it.

Poor people, what agonies they must have suffered sometimes, especially when passing through the tropics! Such, however, were the risks and discomforts which the French Refugees who ventured to leave their country had to run before they found an asylum in the southern hemisphere.

Another of the boats to have a most successful voyage was the Borssenburg, which left Texel on the 6th January, 1688. She was the smallest of the ships, as she was only one hundred and fifteen feet in length. She cast anchor in the Bay on May 12th, having suffered no deaths amongst the passengers or crew during the voyage, and landed all those on board in a healthy condition at the Cape.”

SY LEWE AAN DIE KAAP DE GOEDE HOOP

In 1695 trou Louis Fourie op ses-en-twintig-jarige ouderdom met Suzanne Cordier, en na haar dood in 1714 trou die sewe-en-veertig jaar oue Louis in 1716  met Anne Jourdan, dertig jaar jaar sy junior. Uit sy eerste huwelik is tien kinders gebore en elf uit die tweede huwelik, ‘n totaal van een-en-twintig kinders – ‘n ware volksplanter!

Die plaas “De Slangerivier”, geleë in die Wagenmakersvallei (vandag Wellington), is op 28 Februarie 1699 aan Louis Fourie toegeken deur die nuwe goewerneur, Willem Adriaan van der Stel.  Dit is onbekend waar hy gewoon en gewerk het gedurende sy eerste tien jaar aan die Kaap totdat hy sy plaas ontvang het.  In April 1690 is aangeteken dat hy 160 pond uit die Bataafse fonds ontvang het maar geen verdere inligting word gegee nie.  Dit is moontlik dat hy na sy huwelik met Suzanne Cordier vir sy skoonvader geboer het.

DE SLANGERIVIER

1699

 Die grondbrief wat in 1699 uitgereik is vir die plaas “De Slangerivier”, in die die naam van “Louis Fleurij”

 Ongelukkig bestaan die oorspronklike opstal nie meer nie, maar die oorspronklike transportakte wat deur Willem Adriaan van der Stel onderteken is kan gesien word in ‘n huis wat in 1804 op die plaas gebou is. Die plaas was oorspronklik dertig morg groot wat maar klein was in vergelyking met ander plase in die omgewing van 60 morg. Vandag staan die plaas bekend as Linton Park, ‘n bekende wynplaas in die Wellington area. Een van hulle gewilde wynreekse is die “Louis Fourie 1699 Range”. http://www.lintonparkwines.co.za

Die plase was met voorwaardes uitgegee, so ook “De Slangerivier”. Van die voorwaardes was dat daar op die plaas gebou mag word, vee aangehou word en landerye beplant word, maar jaarliks moes ’n tiende van die koringoes as belasting na die die Kompanjie gaan. In die plek van elke boom of struik wat afgekap is moes ’n boom in sy plek geplant word – verkieslik ‘n akkerboom. ‘n Wapad oor sy grond moes beskikbaar wees vir sy bure se gebruik.

Louis het op “De Slangerivier” ‘n drievertrek woonhuis, asook ‘n koringhuis en ‘n wynkelder gebou. Met behulp van slawe het hy suksesvol met vee, wingerd en graan geboer. Sy slawe was Anthony van Madagaskar; Desember van Madagaskar; Fortuyn van Mallebaar en Alexander van Mallebaar. Louis het ook later die plaas Zeekoeidrift aan Gouritzrivier in die Swellendamse distrik gekoop.

Hy en sy gesin word lidmate van die Drakenstein gemeente vanwaar sy kinders gedoop en getroud is.  Hy sterf op die ouderdom van 81 jaar en is begrawe op “De Slangerivier”.

lintonpark

Cindy Bam voor die hekke van “De Slangerivier” (Linton Park)

 SY NALATENSKAP

 In sy testament het hy sy seun Louis as erfgenaam van “De Slangerivier”, benoem. Na sy vader se dood in 1750 het Louis II egter sy reg opgesê en is die plaas op ’n publieke veiling verkoop:

 “Een plaats ofte hofsteede gent. de slange rivier geleegen in de wagenmaakersvalleij volgens erfgrondbrief sub dato ult. februarij 1699 aan den overleedene verleent in eijgendom.

 Nota: bij’t in den hoofde deeses geciteerde testament heeft den overleedene gewilt dat naar sijn overleijden eevengem. plaats aan sijn soon Louis fourij d’jonge in eijgendom soude werde overgegeeven, mits nogtans dat door hem naar de diesweegens gedaane taxatie aan de andere kinderen van den overleedene sodanige uijtkeeringe gedaan werden, als gemelde plaats sijn erfportie aan waarde surmonteeren sal, dan alsoo hij Louis fourij de jonge van de overneeminge van eevengem. plaats in Vergadering van Heeren weesmeesteren op den 28 der laatstgepasseerde maand Oktober om doenmaals gegeevene goede reedenen gerenuntieert heeft, soo als ook doet mits deesen, soo werd sulx alhier behoorlijk bekent gestelt…. Aldus gedaan en g’Inventariseert op voorm. hofsteede gent. de De Slangeriveir den 4 November 1750. “

  •  Bron: MOOC8/7.55 – Kaapse Argiewe

 Met sy dood het ierdie eens besittinglose Franse Hugenoot ‘n redelik groot boedel nagelaat. Op die vendusie wat op 4 Desember 1750 gehou is, was onder andere 315 skape, 114 beeste, 10 leggers wyn, twee halwe leggers asyn, koperware, porseleinware en meubels verkoop.

 Sy testament is op 2 Desember 1718 in Stellenbosch opgestel deur Frans Louis van Gros, die sekretaris van Stellenbosch en Drakenstein.

Meer oor Louis Fourie uit die Kaapse Argiewe:

  • Daar is aangeteken dat Louis Fourie gehelp bou het aan die eerste Franse kerkie. Die kerkie was geleë op die plaas Oliphantshoek van sy latere skoonvader Pierre Jourdan, die huidige Franschhoek, met mure van klei en sitbanke uit miershope gebou.
  • Gedurende Mei 1700 het Louis Fourie saam met ander boere soos Matthieu Fracasse, Jacques Mouton, Claas Meyboom ens., vee van die Khoikhoi geruil. Getuienis is aangeteken dat dit ‘n regverdige ruiling sonder enige probleme was.
  • Gedurende die Adam Tas rebellie van 1706 het Louis ook die getuigskrif ten gunste van W.A. van der Stel onderteken.
  • Louis, Suzanne en 3 kinders word genoem in die monsterrol van vryburgers van 1702 en 1712. In 1713 word Louis alleen genoem: “Monsterrol van de vrije luijden opgemaaket 23 Januarij 1702, Onder ’t district v. Drakenstein. Louis Fleurs & Susanne Courdier 3 k. “
  • ‘n Aantekening oor die doen en late van een van sy slawe is ook gevind. Blykbaar wou ‘n slaaf genaamd Samol vir Francois Retif se slaaf, Damon, ompraat om weg te loop. Louis Fourie se slaaf, Pieter van Madagaskar het op 3 Oktober 1709 egter saam met Coridon van Batavia (slaaf van Daniel Hugo), getuig dat Damon hom nie laat ompraat het nie omdat hy ‘n goeie vrou en ‘n goeie baas gehad het.
  • Goewerneur Louis van Assenburg het op 9 Januarie 1711 ‘n lisensie aan Louis uitgereik om wildsvleis (o.a. seekoei) aan die Gouritzrivier oor die Berg te gaan skiet vir huishoudelike gebruik. Sy leenplaas “De Zeekoedrift” was aan die Gouritzrivier geleë en vermoedelik het hy gedurende hierdie jagtog besluit om om in die omgewing vir hom ‘n plaas aan te skaf.
  • Op 21 Februarie 1711 het hy ook toestemming gekry om sy beeste en skape in die gebied tussen Riviersonderend en Brandvlei in die Breederiviervallei te laat wei. Die lisensie is jaarliks vir ‘n hele paar jaar hernu.
  • Jan Harmensz Potgieter het in 1712 sy plaas Rhebokskloof vir vyf jaar aan ene Claas Vogt verhuur. Jan het daarna ‘n kontrak met Louis Fourie onderteken om saam met hom op “De Slangerivier” te boer. Volgens die kontrak wat op 13 Januarie 1717 verval het sou hulle alle uitgawes en inkomstes deel.
  • In Julie 1725 Louis Fourie saam met ander boere beswaar by die Politieke Raad aangeteken oor die afskaffing van die vrye slagting van vee aan die Kaap. Die Kompanjie se vleispagters sou nou hulle eie aankoopprys kon maak en die boere was bitter ongelukkig omdat hulle ‘n baie laer prys vir hul vee sou kry.  Hulle het aangevoer dat hierdie stelsel net ‘n paar persone sou begunstig en verryk, en dit terwyl honderde boere verarm sou word.  Hulle versoek dat vrye slagting weer ingestel word is egter geweier.
  • Louis was ook soos baie ander boere aan die Kaap betrokke by die beskerming van die distrik, soos die volgende rekord wys: “Fourie (Louis); burgherisinfantryman (Drakenstein) 1719”

________________________________________

TWEEDE GESLAG

________________________________________

LOUIS SE EERSTE HUWELIK:

LOUIS trou in 1694 met SUZANNE CORDIER dogter van Louis Cordier en Francoise Martinet (hierdie familielyn se stammoeder).  Sy is in 1678 gebore in Champagne, Frankryk en sterf in November 1714, vermoedelik op “De Slangerivier”. Haar ouers was Franse Huguenote afkomstig uit Champagne, wat in 1688 met vier kinders na die Kaap gekom. Louis Cordier was ’n landbouer en in 1692 is die plaas Bethel (nou Nantes) teen die Paarlberg, aan hom toegeken.

LOUIS en SUZANNE  se kinders:

b1         Suzanne Fourie is gedoop op 6 September 1694 in die NG Kerk, Drakenstein. Sy sterf op 29 April 1762. Die sewentien-jarige Suzanne Fourie trou in 1716 met Jean Neel (Nel). Hulle het sewe kinders en boer op die plase Blaawklip.  Na Jean se dood In 1742 trou Suzanne op 6 Desember 1742 in Stellenbosch met Christian Ernst Schutte en word so die stammoeder van die Schuttefamilie in Suid-Afrika. Hulle het een seun. Suzanne was ongeveer dieselfde ouderdom as haar jong stiefma, Anne Joudan.

b2         Francoise Fourie is gedoop op 4 September 1696 in die NG Kerk, Drakenstein.

b3         Marie (Maria) Fourie is gedoop op 26 Oktober 1698 in die NG Kerk, Drakenstein.

b4         Marthe (Martha) Fourie is gedoop op 27 Maart 1701 in die NG Kerk, Drakenstein, en sy trou in Mei 1720 met Pieter Lombard seun van Pierre Lombard en Marie Couteau. Hy is gebore in 1689.

b5         Gideon Fourie is gebore op 27 Augustus 1701.

b6         LOUIS (II) Fourie is gebore in 1703 en sterf in 1767.

b7         Sara Fourie is gedoop op 29 November 1705 in die NG Kerk, Drakenstein. Sy trou met Adrianùs van Wyk, seun van Arie van Wijk en Cornelia Helm.

b8         Elizabeth Fourie is gedoop op 29 April 1708 in die NG Kerk, Drakenstein.

b9         Jacques Fourie is gedoop op 1 Junie 1710 in die NG Kerk, Drakenstein en sterf in 1752 op die plaas “Cralinge” in die Caledon distrik. Hy trou op 8 Augustus 1739 in die NG Kerk, Drakenstein met Elisabeth Minnaar.

b10        Marcus Fourie is gedoop op 14 Mei 1713 in die NG Kerk, Drakenstein.

LOUIS SE TWEEDE HUWELIK:

Na Suzanne se dood trou LOUIS op 2 Maart 1716 met ANNE JOURDAN, dogter van Pierre Jourdan uit Cabriere, Frankryk en en Anna Fouché. ‘n Uittreksel van Anne se doop uit die Drakenstein Doopregister: Le 30 Desembre1698. Anne fille de pierre jourdan de Cabriere Et anne fauché. le pere delanfant luy a servij de temoin Et la gran mere, pour Martaine. Anne is in 1713 as 14 jarige dogter deur die slaaf Antoni van Mosambiek met ‘n mes gedreig en twee keer verkrag. Hy is gevang, gevonnis en sy straf was: “Liggaam op vier plekke met gloeiende tang geknyp, geledebraak, op wiel vasgemaak, onthoof, kop op paal by plek van misdaad geplaas.”

LOUIS en ANNE se kinders:

b11        Pieter (Pierre) Fourie is gedoop op 7 Februarie 1717 in die NG Kerk, Drakenstein. Hy trou op 22 Februarie 1767 in die Paarl met Isabella Steyn.  Sy is die dogter van Hermanus (d’Jonge) Steyn en Anna Margaretha van Staden.

b12        Anna (Anne) Fourie is gedoop op 5 Junie 1718 in die NG Kerk, Drakenstein. Sy trou op 12 Augustus 1736 met Pierre Jacob, seun van Daniël Jacob en Louisa Cordier.

b13        Maria (Marie) Fourie is gedoop op 8 Desember 1720 in die NG Kerk, Drakenstein.

b14        David Fourie is gedoop op 27 September 1722 in die NG Kerk, Drakenstein,.  Hy trou op 16 Mei 1751 met Louisa Erasmus, dogter van Pieter Rasmus Erasmus en Susanna Jacob.

b15        Johannes is gedoop op 29 Oktober 1724. Hy trou op 9 Maart 1760 met Cecilia Johanna duPreez.

b16        Petrus is gedoop op 8 September 1726 in die NG Kerk, Drakenstein.

b17        Marcus Anthonius is gedoop op 11 Julie 1728 in die NG Kerk, Drakenstein. Hy trou op 25 April 1762 met Catharina Bezuidenhout, dogter van Wynand Bezuidenhout en Maria Catharina Botha.

b18        Susanna is gedoop op 7 Mei 1730 in die NG Kerk, Drakenstein.

b19        Joseph is gedoop op 2 Maart 1732 en sterf op 14 April 1811. (Jopie Fourie se familielyn).

b20        Stephanus is gedoop op 17 Oktober 1734 in Drakenstein (Paarl). Hy trou op 5 Februarie 1764 met Helena Gertruij Lategan en sterf in 1826.

b21        Jonathan is gedoop op 8 Junie 1738.

LOUIS (II)

Die tweede geslag Louis is gebore in 1703 as die sesde kind van die stamvader se eerste vrou. Hy is in die NG kerkie van die Drakensteingemeente gedoop. Hierdie Louis word groot as ‘n deel van ‘n nuwe generasie Fransman in die suidelike deel van Afrika. As gevolg van druk van die Nederlandse regering word die Franse geheel en al deur die Hollandse bevolking opgeneem en verloor só grootliks hul Franse identiteit, taal, ens. In sekere gevalle verhollands selfs hul name en vanne, bv. Pierre word Pieter, Jacques word Jacobus, Jean word Johannes, Marie word Maria, Anne word Anna, Suzanne word Susanna, ens.

In sy pa se testament is die plaas “De Slangerivier” aan Louis (II)  bemaak met die voorwaarde dat hy die waarde daarvan, na taksasie, aan die ander kinders sou uitbetaal, maar met sy pa se dood in 1750 het Louis II die regte op die plaas “Doornboom“ gehad en vir jare al met sy gesin daarop gewoon en geboer. Hy het besluit om sy regte op “De Slangerivier” op te sê en die plaas is per publieke veiling aan Gabrièel Rossouw verkoop.

Uittreksel uit die testament/inventaris van “Louis Fourij” (stamvader):

Een plaats ofte hofsteede gen:t de Slange Rivier geleegen in de Wagenmaakers Valleij volgens erfgrondbrief sub dato ult:mo Februarij 1699 aan den overleedene in eijgendom verleent

Nota, bij ’t in den hoofde deeses geciteerde testament heeft den overleedene gewilt dat naar sijn overleyden eevengem: plaats aan sijn soon Louis Fourij d’ jonge in eijgendom soude werden overgegeeven, mits nogtans dat door hem naar de diesweegens gedaane taxatie aan de andere kinderen van den overleedene sodanig uijtkeeringe gedaan werden, als gemelde plaats sijn erfportie aan waarde surmonteeren sal, dan alsoo hij Louis Fourij de jonge van de overneeminge van eevengem: plaats in vergadering van Heeren Weesmeesteren op den 28 der laatstgepasseerde maand Oktober om doenmaals gegeevene goede reedenen gerenuntieert heeft, soo als ook doet mits deesen, soo werd sulx alhier behoorlijk bekent gestelt.

Swellendam was eers onder die Stellenbosch Drostdy se juridiksie voor dit in 1745 as distrik geproklameer is. Die 1721 Stellenbosch lys van “eenlopende personen” sonder vaste eiendom noem “de jonge Louis Fourie boven aan het duivenhoks Rivier aan de sekoegat wonen” Die Duivenhoksrivier loop deur die geskiedkundige plaas “Doornboom” en “Zeekoegat” lê net noord van “Doornboom”.

Op vyf-en-twintig-jarige ouderdom trou Louis (II) op 16 Mei 1728 met die negentien-jarige SUZANNE (Susanna) LE RICHE, dogter van Louis Le Riche en Suzanne Fouché. Saam het hulle tien kinders, vier seuns en ses dogters.

Nadat Louis (II) die regte op “Doornboom” bekom, bou hy die ‘n huis vir sy bruid. Die ou T-vormige opstal, wat gebou en gebruik was deur die familie vanaf die vroeë 1700, het deel geword van die nuwe dorp Heidelberg, erf no. 199, en staan bekend as “Doornboom Opstal”, “Auld House” of “Fourie Huis”.  Dit is die oudste gebou op Heidelberg. Gedurende 2005 en 2007 is dit pragtig gerestoureer deur Henk Rall, Jurie Uys en Jan Geldenhuys.

doornboom

 Cindy Bam voor die Doornboom opstal

 Louis (II) se naam genoem as ‘n lid van die Overbergse Kommando op die Stellenbosch Drostdy se lys van 1730. Hy word in 1744 as wagmeester van die Overbergse Kommando aangestel, en dien ook as heemraad tussen 1751 en 1758.

“Far distant Country Districts (now Swellenis 1746. dam). Proposed as Heemraden : Jan Loots, Jacobus Botha, sr., Hermanns Steijn, Philip Cordiers, Louis Fourie, jr., and Joh. Jansen van Rensburg. (No. 93; date, I5th November.) “

Louis (II) het vinnig opgang gemaak as ‘n gerespekteerde en gesiene boer in die distrik. Volgens ‘n opname in 1762 was hy een van die welgestelste boere met ondermeer 14 slawe, 12 perde, 226 beeste en 1,000 skape. In 1747 was hy   alreeds vermoënd genoeg om ‘n lening te verskaf vir die bou van die nuwe Swellendam distrik se Drostdy. In 1750 is Louis(II) op vier-en-sestig-jarige ouderdom oorlede en op die plaas begrawe.

Na sy dood in 1767 neem Suzanne  die boerdery oor en begin ook ‘n informele herberg in die  plaasopstal vir reisigers na die oostelike binneland . Sy word in reisjoernale van ondermeer Kommissaris-Generaal De Mist, Carel Peter Thunberg, Swellengrebel en Goewerneur van Plettenberg genoem as “de weduwe Fourie”.

De reis van den KommissarisisGeneraal De Mist, meegedeeld door H. Lichtenstein. Tocht van Rode Zand naar Swellendam en langs de Zuidkust naar de Algoaisbaai. 15 Desember.(1803) Men doorwaadde de Kafferkuilsrivier en bereikte de Zoetemelksrivier, beide kleine rivieren die spoedig in zee uitlopen. Aan de laatste rivier woonde de weduwe Fourie, wier zoon Jozeph pas getrouwd was. Hier zag men voor het eerst de bereiding van aloëisgom. De dikke bladeren waren in Augustusus, September en Oktoberober verzameld. Het sap liet men langzaam uitlopen, dik worden door koken, in de zon drogen op een trog, gemaakt van een in een houten raam gespannen runderhuid. Maar daar er weinig vraag was naar aloë loonde de lage prijs de moeite en kosten niet. is

  •  Bron: E.C. Godée Molsbergen, Reizen in ZuidisAfrika in de Hollandse tijd. Deel IV. Tochten in het Kafferland 1776is1805. Maarttinus Nijhoff, Den Haag 1932

Suzanne word in 1739 die eienaar van die plaas Buffeljachtsrivier en besit ook van 1740 tot 1747 die plaas Welgevonden aan die Klippedrift in Outeniqualand. Sy gee die plaas prys nadat Boesmans haar veewagters vermoor en 450 grootvee steel. Sy woon tot met haar dood in 1788 (op nege-en-sewentig jarige ouderdom) op die plaas “Doornboom” waar sy langs haar man begrawe is.

________________________________________

DERDE GESLAG

________________________________________

LOUIS (II) en SUSANNA se kinders:

1.  LOUIS (III) is gedoop op 10 April 1729 en sterf in 1796.

2.  Susanna is gedoop op 11 Maart 1731 in Kaapstad en trou op 9 Februarie 1755 in Kaapstad met Jacobus Steyn, seun van Jacobus Steyn en Maria Potgieter.

3.  Johannes Fourie is gebore in 1733.

4.  Francina Fourie is gedoop op 13 Oktober 1737.

5.  Anna Fourie is gedoop op 2 Julie 1739 in Swellendam.

6.  Maria Fourie is gebore in 1741.

7.  Jacobus Fourie is gedoop op 20 Oktober 1743 en sterf in 1796.

8.  Martha Fourie is gebore in 1745.

9.  Joseph Fourie is gebore in 1747.

10. Elizabeth Fourie is gedoop op 2 April 1752 in Oude Kloof, Tulbagh.

LOUIS (III)

Die derde geslag Louis is gedoop op 10 April 1729 in die NG Kerk, Drakenstein. Sy oupa (stamvader Louis Fourie) was getuie by sy doop op 10 April 1729 in Drakenstein. “Den 10 April 1729; K: Louijs; V: Louijs Florij De Jonge; M: Susanna Le Riche; G:Louijs Florij, Susanna Foeche.”

Hy word groot op die plaas “Doornboom” en trou as nege-en-dertig-jarige op 24 April 1768 met die  sewentien-jarige MARIA MAGDALENA BOTHA, dogter van Phillippus Rudolphus Botha and Elizabeth du Preez. Sy is gedoop op 4 Julie 1751.  Louis (III) erf die plaas na sy moeder se dood in 1788 en na sy dood in 1796 gaan dit teen ‘n bemakingsprys van ƒ3000 na sy oudste seun Louis Johannes.

Verwysings na Louis (III) uit dokumente in die Kaapse Argiewe:

“Fourie (Louis) ; Cornet in the third Company of burgheris Dragoons at Swellendam ; is 54 years old, and has discharged his burgher duties for 42 years. In consequence of bodily ailments he can do so no longer, and asks for his discharge. (Signature.) (No. 42.) 1783” .

 “1758 Heemraden Landdrost and of Swellendam nominate Pieter Pienaar, Michiel Mulder, Jan Lagranche, and Jacobus Bota, Theunisz ; vice Esaijas Engelbertus Meijer and Louis Fourie. Signed by J. A. Horak, H. Steijn, and L. de Jager. (No. 118.) “

________________________________________

VIERDE GESLAG

________________________________________

LOUIS (III) en MARIA MAGDALENA se kinders:

1.  LOUIS JOHANNES is gedoop op 20 September 1772 en sterf op 6 Julie 1836.

2.  Philip Rudolph is gedoop op 13 Desember 1778 en sterf op 29 Desember 1851 in Tradouw, distrik Swellenberg. Philip trou in Oktober 1801 in Kaapstad met Susanna Elizabeth Botha. Sy is gedoop op 8 Oktober 1780 en sterf op 6 November 1855 in Tradouw, distrik Swellenberg.

3.  Johannes Jacobus is gedoop op 11 Maart 1781 en getroud in Desember 1808 in Swellendam met Margaretha Jacoba de Jager, dogter van Carel Pieter de Jager en Johanna Margaretha Blom. Sy is gedoop op 5 Oktober 1787.

4.  Elizabeth Margaretha is gedoop op 26 Januarie 1783 en getroud op 1 Januarie 1798 in Kaapstad met Johann Heinrich Ungerer. Johann is gebore in Welzheim, Wurtemberg, Duitsland en sterf op 22 September 1826 in Kaapstad.

LOUIS JOHANNES is gedoop op 20 September 1772 en sterf op 6 Julie 1836. Op 1 Mei 1796 trou die vier-en-twintig-jarige Louis Johannes met EVA CATHARINA SNIJMAN, dogter van Philippus Snijman en Amerentia Hester Potgieter. Sy is gedoop op 11 Mei 1777 in Kaapstad en sterf op 29 Desember 1853 (1838).  Eva Catharina is vernoem na haar ouma Eva Catharina Kriel.

 fourie

Op 1 September 1823 verkry Louis Johannes voltitel op die plaas “Doornboom” (ewigdurende erfpag).   Na sy dood in 1836 erf sy oudste seun, Louis Johannes, die plaas maar verkoop in September 1855 ‘n deel aan die westekant van die Duivenhoksrivier vir die stigting van die dorp Heidelberg.

________________________________________

VYFDE GESLAG

________________________________________

LOUIS JOHANNES en EVA CATHARINA se kinders:

1.  Louis Johannes Fourie is gebore op die plaas “Doornboom”, Swellendam en gedoop op 3 Desember 1797. Hy sterf op 7 Augustus 1876 op die plaas.  Louis is op 6 Augustus 1820 in Swellendam getroud met Alida Maria de Jager, dogter van Lourens de Jager and Dina Maria Uys. Sy is gedoop op 31 Oktober 1802 en sterf op 19 Junie 1877. Louis Johannes, sy vrou Alida en hulle familie trek na die verkoop van die grond na die oostelike kant van die Duivenhoksrivier waar hulle gewoon het tot met sy dood in 1876. Na sy dood het Alida saam met ‘n groep familie binneland toe getrek en gevestig in die Oos-Vrystaat.  Dit was die einde van die Fourie familie se teenwoordigheid op “Doornboom” na bykans 150 jaar.

2.  Amerentia Adriana Fourie is gedoop op 9 Desember 1798. Amerentia is op 10 Maart 1816 in George getroud met Marthinus Johannes Botha, seun van Jacobus Lodewyk Botha en Elizabeth la Grange. Hy is gedoop op 31 Oktober 1790.

3.  Maria Magdalena Fourie is gedoop op 18 Julie 1800 en getroud op 17 April 1816 met Jacobus Lodewicus Botha, seun van Jacobus Lodewyk Botha en Elizabeth la Grange. Hy is gedoop op 25 Januarie 1795.

4.  PHILIPPUS JACOBUS Fourie is gedoop op 20 September 1801 en sterf op 14 Augustus 1869 op die plaas “Kareefontein”, noord van Colesberg.

5.  Johannes Hermanus Fourie is gedoop op 10 Februarie 1805 en sterf op 17 Oktober 1878 in Bethlehem. Hy trou op 5 November 1826 in Swellendam met Sophia Johanna Lombard, dogter van Andries Benjamin Lombard en Elizabeth Maria Olivier. Sophia is gedoop op 5 Mei 1811.  Johannes trou ‘n tweede keer; met Elizabeth Maria Johanna Lombard.

6.  Elizabeth Dorothea Fourie is gedoop op 22 Maart 1807.

7.  Margaretha Cornelia Fourie is gedoop op 7 Oktober 1810.

8.  Anna Louisa Fourie is gebore in 1815 en getroud op Julie 1827 in Swellendam met Philip Rudolph Botha, seun van Jacobus Lodewyk Botha and Johanna Elizabeth la Grange Philip is gedoop op 28 Desember 1806.

9.  Petrus Josephus Fourie is gedoop op 6 Augustus 1820.

PHILIPPUS JACOBUS gebore is gedoop op 20 September 1801 en sterf op 14 Augustus 1869 op die plaas “Kareefontein”, distrik Philippolis, noord van Colesberg. Hy trou op een-en twintig-jarige ouderdom op 8 April 1822 in Swellendam met die sewentien-jarige MARTHA HERMINA DE JAGER.  Sy is die dogter van Lourens de Jager en Dina Maria Uys, is gedoop op 21 Maart 1805.

kareefontein

Dit is nie duidelik wanneer Philippus Jacobus en sy gesin weggetrek het uit die Swellendam distrik binneland toe nie. Alhoewel sy oudste broer Louis Johannes in 1836 die familieplaas geërf het, was Philippus Jacobus nog in die omgewing – al sy kinders is tot 1842 in Swellendam gedoop.

________________________________________

SESDE GESLAG

________________________________________

PHILIPPUS JACOBUS en MARTHA HERMINA se kinders:

1.  Louis Johannes Fourie is gebore op 8 Februarie 1823 en gedoop op 6 April 1823 in Swellendam.

2.  Lourens Hermanus Fourie is gebore op 5 Oktober 1824 en gedoop op 22 Mei 1825 in Swellendam. Hy sterf op 28 Oktober 1897 op die plaas “Waterkloof”, distrik Philippolis. Lourens trou met Catharina Johanna Swart, dogter van Jacobus Nicolaas Swart and Anna Margaretha Bloem. Sy is gedoop op 19 Maart 1826 en sterf 26 Mei 1878 op die plaas “Waterkloof”, Philippolis.

3.  PHILIPPUS JACOBUS Fourie is gebore op 6 Oktober 1828 en sterf in 1870.

4.  Christoffel Gerhardus Fourie is gebore in 1831.

5.  Dina Maria Magdalena Fourie is gebore op 16 Februarie 1834 en gedoop op 7 Julie 1834 in Swellendam.

6.  Eva Louisa Catharina Johanna Fourie is gebore op 15 Julie 1836 en gedoop op 6 November 1836 in Swellendam.

7.  Catharina Margaretha Fourie is gebore op 12 Desember 1839 en gedoop op 7 Junie 1840 in Swellendam.

8.  Alida Maria Fourie is gebore op 10 Augustus 1842 en gedoop op 3 Oktober 1842 in Swellendam.

PHILIPPUS JACOBUS is gebore op 6 Oktober 1828 en sterf in 1870.  Sy eerste huwelik is met Cornelia Johanna Margaretha Snyman op 27 Oktober 1851 in Colesberg. Sy is ongeveer 1835 in die Hantam distrik (Colesberg area) gebore en sterf op 27 September 1854 op die plaas, “Roodewal”, Hantam distrik. Hulle dogtertjie was maar 11 maande ten tye van haar dood. Op 5 Maart 1855 trou hy as sewe-en-twintig-jarige wewenaar in Colesberg met die sewentien-jarige HERMINA MARIA CATHARINA CRONJE, dogter van Matthys Izak Cronje en Stoffelina Johanna Adriana Snyman. Sy is gebore op 14 Augustus 1838 en gedoop op 24 Mei 1839. Die jonge Hermina begin haar huwelik met ‘n 2½ jarige stiefdogtertjie. Ten tye van sy dood was Philip ‘n veeboer op die plaas “Eerstekamp”, Hantam distrik.

Die dorp Fouriesburg is in 1892 gestig op sy broer Christoffel  Gerhardus se plaas, Groenfontein.

________________________________________

SEWENDE GESLAG

________________________________________

PHILIPPUS JACOBUS  en Cornelia Johanna Margaretha se kind:

1.  Christina Gezina Margaretha Fourie is gebore op 15 Oktober 1852 in die Hantam distrik en gedoop op 4 Februarie 1853 in Colesberg.

 PHILIPPUS JACOBUS  en HERMINA MARIA CATHARINA se kinders:

1.  Philippus Jacobus Fourie is gebore op 14 Januarie 1856 in die Hantam distrik en gedoop op 24 Maart 1856 in Colesberg.

2.  MATTHYS IZAK Fourie is gebore op 14 Desember 1857 en sterf in Junie 1907.

3.  Stoffelina Johanna Adriana Fourie is gebore op 14 Februarie 1860. Sy is gedoop op 8 Julie 1860 in Colesberg en sterf op 23 Januarie 1918. Stoffelina trou met Izak Stephanus Rabie, seun van Christiaan Jacobus Rabie and Hendrina Helena Rabie. Izak is gebore op 15 Mei 1854 en gedoop op 2 Augustus 1854. Hy sterf op 26 September 1930.

4.  Lourens Hermanus Fourie is gebore op 20 Oktober 1861 en gedoop op 12 Januarie 1862 in Burgersdorp. Lourens trou met Cecelia Jacoba Rabie, dogter van Christiaan Jacobus Rabie and Hendrina Helena Rabie. Sy sterf op 2 Januarie 1927.

5.  Frans Johannes Fourie is gebore op 10 Maart 1864 en gedoop op 24 April 1866 in Burgersdorp.

6.  Martha Hermina Fourie is gebore op 5 Maart 1866 en gedoop op 15 Mei 1866 in Burgersdorp.

7.  Louis Johannes Fourie is gebore op 7 Julie 1868 en gedoop op 14 Julie 1868 in Burgersdorp.  Louis trou met Hester Elizabeth Petronella van Rooyen.

8.  Philippus Cornelis Jacobus Fourie is gebore op 12 Junie 1870. Hy is gedoop op 3 Julie 1870 in Colesberg.

MATTHYS IZAK is gebore op 14 Desember 1857 in die Hantam Distrik en gedoop in Colesberg op 11 Jan 1858. Hy is vernoem na sy oupa aan moederskant, Matthys Izak Cronje, en sterf in Junie 1907 in die Ficksburg distrik. Matthys Izak trou op 23 Julie 1884 in Ficksburg met MARTHA MARIA VAN NIEKERK, dogter van Izak Andries van Niekerk en Catharina Regina Maria Scheepers. Sy is gebore op 31 Mei 1866 en gedoop op 22 Julie 1866. Na Matthys Izak se dood is sy op agt-en-veertig-jarige ouderdom op 4 Mei 1915 weer getroud met Marthinus Johannes van Wyk, van die plaas Van Rooyensrust, Senekal.

 STEENLEGGING

 Mandy de Klerk (gebore du Plessis), by die hoeksteen van die Ficksburg stadsaal – gelê deur M.I. Fourie.  Sy is ‘n agterkleindogter van Philippus Jacobus Fourie.

MATTHYS IZAK was die Voorsitter van die Ficksburgse Dorpsraad in ongeveer 1897: “Town Hall  Old Maartket Square  Ficksburg. The cornerstone of the building was laid on 21 July 1897 by the Chairman of the Municipality of Ficksburg, Mr M I Fourie.”

  •  Bron: The South African Heritage Resources Agency

Sy skoonvader was Izak Andries Leeuwboud van Niekerk (gebore 1811). Izak was ‘n Voortrekker en deel van die K.P. Landman trekgeselskap wat  ongeveer Oktober 1837 uit die Hantam distrik weggetrek het. Hy het ook deelgeneem aan die slag van Bloedrivier. Op die lys van van offisiere en manskappe (opgestel deur Johann Janse van Rensburg) word hy genoem met sy genealogiese nommer  “van Niekerk Izak Andries(b3c7d4e4).” Tien maande later op 16 Desember 1838 veg hy weer teen die  Zoeloemag by Bloedrivier. Sy geweer waarmee hy geveg het in die slag van Moordspruit, is te sien in die Museum by die Vrouemonument, Bloemfontein. Sy bynaam “Leeuboud” kom van ‘n insident tydens ‘n jagtog as ‘n jongman.  Saam met sy goeie vriend Salomon Smit, seun van die Voortrekker predikant Erasmus Smit, kom Izak op ‘n leeu af wat hom met sy poot op sy linkerboud kap. Izak van Niekerk is begrawe op die plaas “Franshoek” in die Ficksburg.  Sy graf lê naby die ou plaasopstal net bokant die poloveld.

“Met sy vriend Izak van Niekerk gaan hy dan op jag en gelukkig vir die oumense is dit Izak wat by ‘n ontmoeting met ‘n leeu ‘die hem met zyn grote poot ‘n goede slag op zijn linkerbil gaf’ die slegste daarvan afkom en danksy die vindingrykheid van die boer dadelik die bynaam kry van Izak Leeuwbout om hom van ‘n ander Izak te onderskei.” Bron:  Elizabeth Conradie, Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 1 (1652-1875). J.H. de Bussy, Pretoria / H.A.U.M., Kaapstad 1934

 Matthys Izak Fourie was ‘n prokureur op Ficksburg en nadat hy as Parlementslid van die Model Republiek wou staan het sy skoonpa ‘n stuk grond in sy naam oorgedra omdat ‘n kandidaat ‘n geregistreerde grondeienaar moes wees. Die plaas “Franshoek”, in die Witteberge van die Oos-Vrystaat, was oorspronklik geallokeer aan ‘n familielid, ‘n ene Van de Reit, maar hy het besluit om eerder transport te ry. Izak van Niekerk het die plaas by hom geruil vir ‘n span osse, ‘n wa en perde en dit is geregistreer in Izak se naam as oorspronklike eienaar. ‘n Deel van die grond was “Nebo” en dit is hierdie grond wat aan sy skoonseun oorgedra moes word.  Daar is egter ‘n kinkel in die storie, want na Izak se dood is glo gevind dat nie net die porsie “Nebo” maar ál die gronde van “Franshoek”, in sy skoonseun se naam geregistreer was!

  •  Bron: Die eienaars van die gasteplaas “Franshoek”, en verskaf deur Talie Lindenberg en dogters.

franshoek

 Die ou plaasopstal op “Franshoek”

Bron:  http://www.franshoek.co.za

 kaartficksburg

Bron: http://www.franshoek.co.za

taliefranshoek

talienebo

 Talie Lindenberg (gebore Fourie) dogter van Philippus Jacobus Fourie, by die plase Nebo en Franshoek, Ficksburg. Fotos verskaf deur Alma Williamson, agterkleindogter van Philippus Jacobus Fourie.

________________________________________

AGSTE GESLAG

________________________________________

MATTHYS IZAK  en MARTHA MARIA se kinders:

1.  Catharina Regina Maria Fourie is gebore op 28 Mei 1885 in Ficksburg en sterf in September 1922.  Sy trou in 1908 in Ficksburg met W.T. Wille.

2.  PHILIPPUS JACOBUS Fourie is gebore op 18 April 1887 en sterf op 21 Julie 1953.

3.  Izak Andries Fourie is gebore op 24 Januarie 1889.

4.  Claude Julius Caeman Fourie is gebore op 2 Desember 1891 in Fouriesburg en sterf in 1914.

5.  Melius Demosthenes Fourie is gebore op 24 Oktober 1892 in Ficksburg.

6.  Hermina Maria Catharina Fourie is gebore op 10 Desember 1895 in Ficksburg. Sy trou met Jan Strydom in 1919 in Ladysmith, Natal.

7.  Elizabeth Anna Fourie is gebore op 17 Desember 1897 in Ficksburg. Sy trou met Dekenah in Senekal.

8.  Matthys Izak Fourie is gebore op 30 Augustus 1903 in Ficksburg.

PHILIPPUS JACOBUS is gebore op 18 April 1887 in Ficksburg en gedoop op 5 Junie 1887 in die NG Kerk, Ficksburg. Hy sterf op 21 Julie 1953 te De Villiersstraat, Bloemfontein en is begrawe in Bloemfontein. Philippus Jacobus trou op 15 Desember 1917 in Ladysmith, Kliprivier, Natal met ANNA ELIZABETH SCHOULTZ, dogter van Johan Didelof Aegidius Schoultz and Magdalena Josina Strijdom. Sy is gebore op 6 April 1894 in Fouriesburg en sterf op 2 September 1962 op “Happylands, Bainsvlei.” Met sy aankoms in die land was die Schoultz stamvader se van as Schultz gespel. Sy seun Johan Frederik het egter later die spelling verander na die Franse weergawe “Schoultz”.

 Philippus Jacobus was by sy vriende en familie bekend as Flip of Oukie.  Hy was ‘n baie sosiale mens – lief vir kuier en musiek en heel bedrewe met ‘n mondfluitjie en konsertina. Hy was vir jare werksaam as “Border Guard” op die grens tussen Natal en die Oranje-Vrystaat in die omgewing van Ladysmith en New Castle. In die vroeë 1930’s verhuis hy met sy gesin na Bloemfontein.

pj baba dof

Oukie in 1887

pj jonk med

Oukie (links) met twee vriende: M. Lourens en Scheepers.

gesin

Oukie en Anna met vier van hulle kinders: Martha Maria (Cookie), Magdalena Josina (Jossie), Dietlof  en Natalie (Talie).

 4 Geslagte

 In die middel is Anna Elizabeth Fourie (gebore Schoultz). Links is haar moeder Magdalena Josina Schoultz (gebore Strydom  – Adv. J.G. Strydom, Eerste Minister, was haar broer se seun), en regs is haar dogter Magdalena Josina Beck (gebore Fourie)  en kleinseun Frank Sidney Beck.

 oukie begrafnis

Begrafnis van Philippus Jacobus Fourie  (Oukie) – Draers is van links: Aldo Lindenberg – skoonseun en eggenoot van Talie   Fourie, Fanie Lombard – skoonseun en eggenoot van Cookie Fourie, Thys Fourie – broer, Frank Beck – skoonseun en eggenoot    van  Jossie Fourie, Claude Fourie – seun en Dietlof Fourie – seun.

 Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog vlug Philippus se moeder met haar kinders, tesame met ander families, na ‘n grot met die naam “Holkrans” op die plaas Snymanshoek in Meiringskloof naby Fouriesburg. Magdalena Josina Schoultz en haar kinders het ook skuiling in die grot gevind, o.a. haar dogtertjie Anna Elizabeth Schoultz, Philippus Jacobus se toekomstige bruid. Daar het hulle geskuil sonder dat die Engelse sodate van hulle teenwoordigheid bewus was.  Blykbaar het die Engelse met tye vroue- en kinderstemme uit die berg gehoor, maar kon nooit die presiese posisie bepaal nie. Die grot is so groot dat daar glo 14 ossewaens in kon staan!

 holkrans

 Holkransgrot, Meiringskloof, Fouriesburg.

________________________________________

NEGENDE TOT DERTIENDE GESLAGTE

________________________________________

PHILIPPUS JACOBUS en ANNA ELIZABETH se kinders:

1.  Martha Maria (Cookie) Fourie is gebore op 24 Februarie 1919 in New Castle, Natal, trou met Stephanus Sebastian Lombard en sterf op 10 Januarie 2001 in Pretoria.

2.  Magdalena Josina (Jossie) Fourie is gebore op 2 September 1922 in New Castle, Natal, gedoop op 27 Januarie 1923 en trou op 20 Mei 1941 met Frank Sidney Beck. Sy sterf op 14 Augustus 1990 in Bloemfontein.

3.  Dietlof Fourie is gebore op 14 Maart 1925 in New Castle, Natal, trou met Jacoba Martiena Magrietha Buitendag en sterf op 27 Mei 1970 in Johannesburg.

4.  Natalie (Talie) Fourie is gebore op 25 Februarie 1928 in New Castle, Natal, trou met Aldo Linden Lindenberg en sterf op 3 September 2013 in Bloemfontein.

5.  Claude Fourie is gebore op 29 Desember 1932 in Bloemfontein, trou met Rina Pitzer en sterf op 11 September 1993 in Phalaborwa.

________________________________________

PHILIPPUS JACOBUS en ANNA ELIZABETH SCHOULTZ se nageslag:

________________________________________

MARTHA MARIA (Cookie) Fourie is gebore op 24 Februarie 1919 in New Castle, Natal en sterf op 10 Januarie 2001 in Pretoria.  Sy trou op 3 Augustus 1949 in Bloemfontein met STEPHANUS SEBASTIAN (Fanie) LOMBARD, seun van Hendrik Jakobus Lombard en Jacoba Francina Taljaard.  Stephanus is gebore op 7 Februarie 1918 in die Winburg distrik en sterf op 23 Julie 2008 in Pretoria. Albei is veras.

 cookie jan kotie

Cookie Fourie (later getroud met Fanie Lombard), Jan Joubert en Kotie Buitendag (getroud met Dietlof Fourie)

Cookie en Fanie se kinders:

1. Mario Lombard is gebore op 21 Augustus 1950 in Senekal. Hy trou in Oktober 1975 in Paul Roux met Adriana Maryna Helena Brits, dogter van Nicolaas Johannes Brits and Margaretha Maria van den Berg. Adriana is gebore op 25 Mei 1955 in Kempton Park.

Mario en Adriana se kinders:

1.  Heidemarie Lombard is gebore op 5 April 1978 in Pretoria. Sy trou op 26 Junie 2002 in Cullinan met John Coote, seun van Johannes Jakobus Coote and Sophie Fourie. John is gebore op 6 Desember 1962.

Heidemarie en John se kind:

1.  Nicole Coote is gebore op 31 Januarie 2004 in Pretoria.

 2.  Eugene Lombard is gebore op 5 Februarie 1953. Sy eerste huwelik was in 1972 in Johannesburg, met Suzan Lourens. Suzan is gebore op 20 Desember 1958.

Eugene en Suzan se kinders:

1.  Ilse Lombard is gebore op 31 Augustus 1977.

Sy se tweede huwelik was met Tertia Swart. Tertia is gebore in Pretoria en sterf op 8 Februarie 2003. Sy het twee dogters uit ‘n vorige huwelik.

3.  Stephanus Sebastiaan Lombard is gebore op 9 Oktober 1958 in Excelsior. Stephanus is getroud met Cornelia Johanna Petronella Potgieter. Cornelia is gebore op 26 Mei 1960 en sterf op 2 Maart 2002. Sy is begrawe in die Sundrabegraafplaas.

Stephanus en Cornelia se kinders:

1.  Natasja trou met Nico Willers op 30 November 2002.

Natasja en Nico se kinders:

1.  Angelique Willers is gebore op 4 Mei 2004 in Pretoria.

2.  Ivan Hy trou met Monette Nortje.

3.  Igor Lombard is gebore op 6 Desember 1984.

________________________________________

MAGDALENA JOSINA (Jossie) Fourie is gebore op 2 September 1922 in New Castle, Natal en gedoop op 27 Jan 1923. Sy sterf op 14 Augustus 1990 in die Rosepark Hospitaal, Bloemfontein en is begrawe op 16 Augustus 1990 in die Bainsvleibegraafplaas. Jossie trou op 20 Mei 1941 in Bloemfontein met FRANK SIDNEY BECK, seun van Thomas Arthur Beck en Annie Ward Rainford van Preston, Lancashire, Engeland. Frank is gebore op 26 November 1907 in Bloemfontein en is gedoop op 29 Desember 1907 in die Katedraal Kerk, St Georgesstraat, Bloemfontein. Hy sterf op 25 Mei 1978 in die Nasionale Hospitaal, Bloemfontein en is in 1978 begrawe in die Bainsvleibegraafplaas.

 fs and jossie

  Frank en Jossie

 grafmjenfs

Frank en Jossie se grafte – Bainsvleibegraafplaas

Jossie en Frank se kinders:

1.  Frank Sidney (Sonny) Beck is gebore op 27 Oktober 1941 in Bloemfontein en sterf op 4 Junie 2006 in Welkom. Hy is op 6 Junie 2006 in die Kroonstadbegraafplaas begrawe. Sy eerste huwelik was in 1964 met Sarah-Ann van Lingen, dogter van Albert en Hester van Lingen. Sarah is gebore op 1 Augustus 1945 in Potchefstroom, sterf in Kroonstad en is begrawe in die Kroonstadbegraafplaas.

Sonny en Sarah-Ann se kinders:

1.  Frank Sidney Beck is gebore op 17 Maart 1968 in Walvisbaai, Namibië. Hy sterf op 26 Februarie 1988 in Welkom en is begrawe in die Kroonstadbegraafplaas.

2.  Penelope-Ann (Penny) Beck is gebore op 2 Maart 1969 in Bloemfontein en trou op 24 Maart 2018 in Kroonstad met Desmond O’Connor.

Penny se kinders:

1.  Amor Bradley Beck is gebore op 19 Maart 1991 in Kroonstad.

2.  Simone Jandri Beck is gebore op 20 Januarie 1994 in Kroonstad.

3.  Candice Beck (stiefdogter) is gebore op 21 April 1982.

Sy tweede huwelik was met Adriana Josiena Steyn op 4 April 2003. Sy is gebore op 11  Mei 1974. Geen kinders.

2.  Eugene Rainford (Gene) Beck is gebore op 22 Februarie 1947 in Bloemfontein. Sy eerste huwelik was op 28 Maart 1973 in Heilbron met Hendrina Aletta (Rina) Stapelberg, dogter van Koot en Annetjie Stapelberg. Rina is gebore op 22 Februarie 1947 en sterf ongeveer 1990/1995.

Gene en Rina se kinders:

1.  Jacques Beck is gebore op 29 Januarie 1974 in Bloemfontein.

2.  Mervin Beck is gebore op 19 Junie 1975 in Bloemfontein.

Sy tweede huwelik was op 19 Februarie 1981 met Johanna Elizabeth (Bets) Woods. Sy is gebore op 19 Julie 1948. Bets het 3 kinders uit ‘n vorige huwelik met Brian Woods; Louise, Eddie en Shane.

Gene en Bets se kind:

1.  Bonita Beck is gebore op 22 Februarie 1984. Sy trou op 3 April 2004 met Floris Andreas Johannes (Johan) Coetsee, gebore 9 April 1981.

Bonita en Johan se kinders:

1.  Jody Coetsee is gebore op 5 Januarie 2009 in Klerksdorp (woon tydens geboorte in Parys).

2.  Emma Coetsee is gebore op 18 Januarie 2014 in Klerksdorp (woon tydens geboorte in Parys).

3. Carol Anne Beck is gebore op 15 Augustus 1954 in Bloemfontein. Sy trou op 22 Januarie 1972 in die NG Kerk, Bainsvlei met Andries Barend Frederik (André) du Plessis, seun van Willem Gerhardus du Plessis en Johanna Augusta Hendrika Steyn. Hy is gebore op 15 Mei 1950 in Sabie, Noord-Transvaal.

Carol en André  se kinders:

1.  Cindy du Plessis is gebore op 19 Julie 1972 in Bloemfontein. Sy trou op 28 September 2002 in die Grote Kerk, Kaapstad met Christiaan (Chris), Bam seun van Gustav Bam en Johanna Catharina (Rinie) van Zyl. Christiaan is gebore op 21 November 1966 in Kaapstad.

2.  Mandy du Plessis is gebore op 1 Oktober 1975 en trou op 18 Oktober 1997 in die Klipkerk, Bloemfontein met Pieter Cornelius (Neil) de Klerk, seun Johannes Cornelius (Johan) de Klerk en Elizabeth Margaret (Lu) Warnick. Neil is gebore op 6 April 1975 in Cradock.

Mandy en Neil se kinders:

1.  Natascha de Klerk is gebore op 12 Januarie 2000 in Bethlehem.

2.  Johan Andre (Juandre) de Klerk is gebore op 25 Maart 2002 in Bloemfontein.

3.  Andree du Plessis is gebore op 14 April 1980 en trou op 6 Augustus 1999 in die Klipkerk, Bloemfontein met Vincent Bender, seun van Jan George Frederik Bender en Dorothy Le Hardy. Vincent is gebore op 6 Julie 1975 in Bloemfontein.

Andree en Vincent se kinders:

1.  Damien Vincent Bender is gebore op 13 November 1999 in Bloemfontein.

2.  Lucan André Bender is gebore op 5 Augustus 2006 in Klerksdorp, (woon tydens geboorte in Ventersdorp).

Nevieke Andree Bender is gebore op 12 Oktober 2011 in Klerksdorp, (woon tydens geboorte in Ventersdorp).

4.  Karen du Plessis is gebore op 26 November 1987 in Ladybrand.

4. Lorraine Vivien (Lolly) Beck is gebore op 29 Januarie 1961 in Bloemfontein. Haar eerste huwelik is met Daniel (Dana) Venter in 1982 in Bloemfontein. Dana is gebore in 1959.

Lorraine en Dana se kind:

1.  Jacques Dana Venter is gebore op 1 Augustus 1983 in Bloemfontein.

Haar tweede huwelik is met Andries Petrus Gerbrand (André) Venter in 1987/1988 in die kerkie op Van Reenenpas. Hy is gebore op 1 September 1959. Geen kinders.

________________________________________

DIETLOF Fourie is gebore op 14 Maart 1925 in New Castle, Natal, en sterf op 27 Mei 1970 in Johannesurg. Hy trou met JACOBA MARTIENA MAGRIETHA (Kotie)BUITENDAG.

dietlof

Dietlof Fourie – ongeveer 1943-45

Dietlof en Kotie se kinders:

1.  Alwyne Jacoba (Winnie) Fourie is gebore op 25 Mei 1945 en trou met Pieter Jacobus Smit.

2.  Philippus Jacobus (Philip) Fourie is gebore op 15 April 1952.

________________________________________

NATALIE (Talie) Fourie is gebore op 25 Februarie 1928 in Ladysmith, Natal. Sy trou met ALDO LINDEN LINDENBERG, seun van Loedolph Ferdinand (Louis) Lindenberg en Jacoba Adriana Sophia Hitge. Aldo is gebore op 20 Mei 1920 in Senekal of Bethlehem en sterf op 14 September 1991 in Bloemfontein. Hy is begrawe in die Ou Senekalbegraafplaas.

  Oom Aldo 38 Tannie Talie 30

Aldo en Talie – ongeveer 1958

Talie en Aldo se kinders:

1.  Beulah Lindenberg is gebore op 16 Augustus 1949 in Bloemfontein. Sy trou op 4 Januarie 1969 in Bloemfontein met Iain Graeme Robertson, seun van William Davielson Robertson en Laura Delanie Withers. Iain is gebore op 11 September 1946 in Bloemfontein en sterf in Feb 2012 in Durban.

Beulah en Iain se kinders:

1.  Grant William Robertson is gebore op 30 November 1970. Hy trou met Sandy Lynn Grieveson op 6 Junie 1998 in Durban.  Sandy is gebore op 26 Oktober 1971 in Durban.

Grant en Sandy se kinders:

1.  Chloe Helen Robertson is gebore op 13 Augustus 2003 in Durban.

2.  Emily Kate Robertson is gebore op in Durban.

2.  Wayne Robertson is gebore op 12 April 1974 in Bloemfontein. Hy trou met Ingrid Stijweg in Durban. Ingrid is gebore op 19 Mei 1970 in Durban.

Wayne en Ingrid se kind:

1.  Ruby-Rose Robertson is gebore op 7 November 2012 in Durban.

 3.  Warren Robertson is gebore op 9 Augustus 1981 in Durban. Hy trou met Kirsti Lauren de Kock in Durban. Kirsti is gebore op 2 Junie 1982 in Oos-London.

       Warren  en Kristie se kind:

       1.  Sophie Robertson is gebore op 10 Augustus 2013 in London.

1.  Belinda Lindenberg is gebore op 25 November 1950 in Bloemfontein. Haar eerste huwelik is met Lionel Comer-Bond. Lionel is gebore op 4 Julie 1945 in Bloemfontein.

Belinda en Lionel se kinders:

1.  Sandy Comer-Bond is gebore op 11 Junie 1969 in Bloemfontein.

2.  Ryan Lionel Comer-Bond is gebore op 7 Februarie 1972 in Bloemfontein.

Belinda se tweede huwelik is met John David Johnstone. John is gebore op 25 Maart    1946 in Liverpool, Lancashire, England.

3.  Claudia Wonda Lindenberg is gebore op 5 Mei 1953 in Bloemfontein. Haar eerste huwelik is op 30 September 1972 in Bloemfontein met Everhard (Ewie) du Plessis, seun van Johan David du Plessis. Ewie is gebore op 17 Desember 1949 in Bloemfontein en sterf op 12 Julie 1979.

Claudia en Ewie se kinders:

1.  Nadine du Plessis is gebore op 11 Maart 1973 in Bloemfontein en sy trou met Allan van Heerden.

Nadine en Allan se kind:

1.  Jana van Heerden is gebore op 16 Mei 2003.

2.  Johan Alvin Plessis is gebore op16 Mei 1976 in Bloemfontein. Hy trou met Melanie Jacolene Payne.

Claudia se tweede huwelik is met Colin Jardine, seun van Jose Jardine en Elsie Catharine Coetzee. Colin is gebore op 1 Julie 1952 in Johannesburg.

Claudia en Colin se kind:

1. Natasha Jardine is gebore op 13 September 1983 in Pretoria.

 4.  Louis Lindenberg is gebore op 18 Jan 1955 in Bloemfontein. Hy trou op 13 Augustus 1977 in Bloemfontein met Deidre Tibshirany, dogter van Fiad en Jean Tibshirany. Deidre is gebore op 23 Februarie 1955 in Bloemfontein.

Louis en Deidre se kinders:

1.  Laverne Bianca Lindenberg is gebore op 23 Mei 1980 in Bloemfontein.

2.  Jamin Guy Lindenberg is gebore op 8 Oktober 1985 in Pietersburg. Hy sterf op 23 Oktober 2012 in Pretoria.

3.  Kayley Jade Lindenberg is gebore op 2 Maart 1989.

Kayley se kind:

1.  Nielen Luke Louw is gebore op 2 Januarie 2008 in Pretoria.

 5.  Alma Lindenberg is gebore op 21 Oktober 1956 in Bloemfontein. Sy trou op 24 Junie 1989 in Belvidere, Knysna met Anthony John (Tony) Williamson seun van John Patrick Williamson en Dorothy Margaret Stedman. Tony is gebore op 5 Februarie 1958 in Durban.

Alma en Tony se kinders:

1.  Leigh Ann Williamson is gebore op 28 Mei 1991 in Nelspruit, Mpumalanga.

2.  Jessica May Williamson is gebore op 29 April 1994 in Nelspruit, Mpumalanga.

6.  Ludolph Marius Lindenberg is gebore op 20 September 1962 in Bloemfontein. Hy trou op 8 Junie 1984 in Bloemfontein met Carole Anne Fox dogter van David Fox en Florence Anne Hetherington. Carole is gebore op 1 Desember 1965.Gustav is tans verloof aan Dienka Groenewald.

Ludolph en Carole se kinders:

1.  Charné  Lindenberg is gebore op 24 Desember 1984 in Bloemfontein en trou op 21 November 2015 in Kaapstad met Robert Massey.

2.  André Lindenberg is gebore op 13 Mei 1987 in Bloemfontein.

Gustav Dietlof Lindenberg is gebore op 5 Februarie 1968 in Bloemfontein. Hy trou op 16 November 1996 in Bloemfontein met Cecilia Maria (Elmarie) de Swardt, dogter van Pieter de Swardt and Emmie Bester. Cecilia is gebore op 6 November 1974 in Meyerton.

Gustav en Elmarie se kinders:

1.  Alex Lindenberg is gebore op 9 Desember 2002 in Pretoria.

2.  Kaila Lindenberg is gebore op 16 Januarie 2006 in Pretoria.

Aldo Lindenberg is gebore op 14 September 1971 in Bloemfontein en sterf op 7 Maart 2016 in Bloemfontein. Hy trou met  Susanna Petronella (Espie) Rall in Bloemfontein.

Aldo en Espie se kinders:

1.  Aldin Lindenberg is gebore op 21 Februarie 2001 in Bloemfontein.

2.  Kian Lindenberg is gebore op 4 Februarie 2004 in Bloemfontein.

3.  Rossouw Lindenberg is gebore op 17 Maart 2010 in Bloemfontein.

________________________________________

CLAUDE Fourie is gebore op 29 Desember 1932 in Bloemfontein en sterf op 11 September 1993 in Phalaborwa. Hy trou op 3 Desember 1955 in Welkom met RINA PITZER, dogter van Hendrik Pitzer and Charlotte Venter. Rina is gebore op 22 April 1939 in Brakpan.

  oom claude troue

Claude en Rina se troue – 1955

Claude en Rina se kind:

1.  Louis Strydom (Kaaiman) Fourie is gebore op 8 Junie 1957 in Welkom. Hy trou op 1 Julie 1978 in Kuruman met Annetjie van Tonder, dogter van Gerald en Lulu van Tonder. Annetjie is gebore op 28 Februarie 1955 in Kuruman.

Louis en Annetjie se kinders:

1.  Lucille Fourie is gebore op 17 Junie 1980 in Kroonstad.

2.  Annerine Fourie is gebore op 3 September 1982 in Kroonstad en trou op 10 Februarie 2010 by die Hartebeespoortdam met Johan Burger, seun van Johan Burger en Yvonne. Johan is gebore op 26 Junie 1980.

Annerine en Johan se kind:

1.  Anje Burger is gebore op 28 September 2011 in Phalaborwa.

________________________________________

BRONNE

________________________________________

Familia 46 (2) 2009 117 ens.

Huguenote Gedenkmuseum, Franschhoek : Opgaafvorms Fr 241 en Fr 205

Registers vir Protestante in die Drôme area (die ou Dauphine): http://www.genea26provence.com/

Gedeeltelike registers vir Protestante in Pontaix:

http://www.shpf.fr/cahiers/page.php?num=50&idpage=334

Rekords van hulp verleen aan vlugtelinge: l’Institut d’Histoire Moderne et Contemporaine IHMC is CNRS http://www.refugeishuguenot.fr

Die Borsenburg: Nationaal Archief, Den Haag

Afskeid van Waalse gemeente: Lidmatenregisters van de Waalse gemeente, 1633-1810. De Bibliothèque Wallonne -Familysearch microfiche

Lidmaatregister is Waalse Kerk, Amsterdam:

https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/THis1961is31160is4416is74?cc=2037985&wc=M994is7LW:133461576

Coertzen, Pieter is “The Huguenots of South Africa 1688-1988”

eGGSA Transkripsies. Monsterrollen van de vrije luijden. Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika. www.eggsa.org

Heese, J.A. en Lombard, R.T.J: Suid-Afrikaanse Geslagregisters Vol 2 D-G, Vol 4 J-K en Vol 5 L-M

Inligting van Johan Pottas

Hinde, W.H.: The Huguenot Settlement at the Kaap of Good Hope

Drakenstein Doopregiste 1694-1713 (Fransch Doopboek, beginnende met 29 Augustust. 1694, Eindigende met 5 Maart 1713)

Anne Jourdan verkragting – Kaapse Argief dokument CJ 782 Verw. 48.

Slangerivier bemaking : MOOC8/7.55

“Doornboom” (‘Auld House’ Heidelberg) deur André Pretorius

Die Afrikaner Familienaamboek is deur J.H. Redelinghuys

Precis of the archives of the Cape of Good Hope. Requesten (Memorials) 1746 –by H. C. V. Leibrandt, Keeper of the Archives, asook 1715-1806

E.C. Godée Molsbergen, Reizen in Zuid-Afrika in de Hollandse tijd. Deel IV. Tochten in het Kafferland 1776-1805. Martinus Nijhoff, Den Haag 1932

Suzanne Le Riche boedel: Boedelnr. KAB MOOC 7/1/32 nr. 88 en 89

SAHR (South African Heritage Resources Agency)

Elizabeth Conradie, Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 1 (1652-1875). J.H. de Bussy,

Vassa Jounal

http://legrangefamilie.co.za/navispierre.html

http://www.museeprotestant.org/

http://www.lintonparkwines.co.za/

 

**’n Groot dankie aan al die Fourie-, Lindenberg- en Lombardfamilie vir julle bydraes**