Stamvader Johann Gebhard Lindenberg van Gommern naby Magdeburg in Duitsland, arriveer as soldaat in Suid-Afrika in 1785.

gommern1

Lugfoto van Gommern – bron: gommern.de

Gommern is ‘n dorp in die Jerichowerland-distrik, in Sakse-Anhalt, Duitsland. Dit is ongeveer 15 km suid-oos van Maagdenburg (Magdeburg). Argeologiese ontdekkings wys dat die gebied in die 8ste eeu ‘n Slawiese nedersetting was. Met die eerste vermelding daarvan in rekords in 948, was dit in Duitse besit – bron: Wikipedia.

gommern2

Straattoneel – Martin-Schwantes-Straße – bron: wikiGOGGO

gommern3

Sneeu in Gommern op 28 Desember 2010 – bron: wikiGOGGO

gommern4

Gommern Rathaus (munisipalekantore) – bron: Wikipedia

gommern5

Die Waterkasteel van Gommern ( Wasserburg zu Gommern) met sy bekende “Onion tower“ wat uitstyg bokant Gommern . Die kasteel is gebou op ‘n kunsmatige heuwel (eintlik ‘n keerwal) in die moerasstreek van Ehle-Aue.

gommern6

Sankt-Trinitatis Kirche (Gommern), is ‘n evangeliese kerk en moontlik die Lindenbergfamilie se plek van aanbidding – bron: Wikipedia

Vir die eerste keer genoem in 1192 as ‘n kerk Gommern. Die eerste kerk is vernietig in die Dertigjarige Oorlog en herbou in 1692. Die orrel is gebou in 1881 deur die Nickol maatskappy van Dessau, maar herbou in 1912 deur die orrelbouer Ernst Rover van Hausneindorf.

gommern7

Schloss Dornenburg , Gommern. Dit is nege kilometer suid-oos van die senter van Gommern geleë – bron: Wikipedia

gommern8

Die Kuklmeer.

gommern9

‘n Pragtige publieke heidetuin in Gommern – bron: Wikipedia

gommern10

‘n Smal riviertjie, die Ehle, loop regdeur Gommern.

gommern11

‘n Ou poskaart van ‘n bootrit op die Ehle.

gommern12

Dryfduine – baie van die duine rondom Gommern het met die tyd die slagoffer geword van sanduitbuiting. ‘n Afgekampte beboste duin is egter nog steeds bewaar in die residensiële gebied langs die voetpad van Gommern-Forsthaus Vogelsang (Ritterberg-Streitberge).Sedert 1936 is die dryfduine is ‘n beskermde natuurreservaat.Die meer Kulk, ‘n ou gruisgat vol water grense, is byna heeltemal omring deur die fyn sand van die duine – bron: gommern.de/