Dag 17: 8 Mei 2013

Futuroscope 8 Mei (2)

By Futuroscope –  ‘n futuristiese, multimedia temapark ongeveer 10km noord van Poitiers, oppad na Coussay-les-Bois en die Vervolière kasteel.

6 kasteel buite (51)

Die Franse familielyn van die stamvader van die Du Plessis familie in Suid-Afrika is tot dusver ‘n onopgeloste raaisel. Maar volgens navorsing van Dr NA Coetzee en ‘n ongepubliseerde manuskrip van Amalia du Plessis ( in die besit van die Hugenotegedenkmuseum) is sy moontlikste afsprong uit die familielyn van Guillaume I, Seigneur du Plessis, Breux, La Vervolière en van ander landgoedere geleë in Poitou.

 0 coussay dorp (26)

Oppad na Coussay-les-Bois en die Vervolière kasteel. Met die hoofweg langs is die dorp sowat 56km vanaf Poitiers.

0 coussay dorp (7)

Die dorpie Coussay is geleë in ‘n driehoek gevorm deur Poitiers , Chatellerault en Loudun, ewe ver van die drie stede en op die grense van Touraine en Poitou. Eeue terug was dit ‘n dig beboste gebied, vanwaar die naam “les Bois”. Vandag is die dorp en kasteel omring deur landerye en selfs so ver terug17 Mei  1615 het Kardinaal Richelieu in ‘n brief geskryf aan M. de Bayonne van die goeie oeste van die wingerdstok in hierdie area. Bron: Lettres, instructions diplomatiques et papiers d’état du cardinal de Richelieu, Tome 1, Bibloithéque de France.

0 coussay dorp (23) 0 coussay dorp (6)

Oppad na die Saint Martin kerk waar onder andere Francois I du Plessis begrawe is.

0 coussay dorp (10)

Die Saint Martin kerk is in 1099 deur Pous Urban II bevestig,  na ongeveer 700 jaar gesluit as kerk en in 1792 verkoop aan ‘n priester vir 88 pond. Na die rewolusie is die vervalle deel gesloop en in plek daarvan is ‘n klooster gebou wat in gebruik was tot in 1945. Dit is in 2000 weer verkoop, hierdie keer as woonhuis, met die voorwaarde dat die kerkgedeelte en toring die eiendom bly van die inwoners van Coussay-les-Bois.

0 coussay dorp (11)

Twee du Plessis “seigneurs” is in die kerk begrawe – Sauvage en Francois I, asook Marc le Groing, ‘n aangetroude familielid.

map vervoliere

 Die kasteel van Vervolière lê ongeveer 1.7km buite Coussay-les-Bois op die D16-suid.

 3 kasteel van bo (2)

Le Château de La Vervolière – vir vyf honderd jaar in die besit van die familie du Plessis.

6 kasteel buite (9)

Ons is gasvry ontvang en op ‘n toer deur die kasteel en gronde geneem deur die huidige eienaars Bertrand en Adeline de Feydeau.

 1 kasteel binne (15)

Die Du Plessis familiewapen in die kasteel.