Dag 8: 29 April 2013

avignon2

Die Middeleeuse stad van Avignon is wêreldwyd bekend vir sy historiese skatte, teaterfeeste, Provençaalse lewenstyl, en natuulik die TV reeks “Die Meisie van Avignon”(1980s). Avignon word beskou as een van die kulturele hoofstede van Europa en is deel van UNESCO se wêreld erfenis skema. Die torings van die Palais des Papes ( Pous se Paleis) kan al van ver gesien word.

avignon3

Avignon was vir eeue bekend as die ander Rome, die ander Pouslike Stad.

avignon4

Een van die toegangspoorte na die ou vestingstad. Die stad se 12de eeuse skutmure omring  antieke geboue, pleine, kronkelende stegies en pragtige strate.

avignon5

‘n Poort onderdeur die stadsmuur oppad na die ondergrondse parkering.

avignon8

Die Palais des Papes, met die toeristetreinjie.

avignon9

Avignon se toeristetreintjie vertrek vanaf die Place du Palais, aan die voet van die Pous se Paleis.

avignon11

Oppad na die paleistuin, die “Rocher des Doms” uitgelê op ‘n hoogte langs die paleis.

avignon13

Oral deur die tuin is standbeelde van vorige Pouse.

avignon15

Terug na die paleis oppad na die ou stad.

avignon16

Die treintjie pas net-net in die nou stegies.

avignon18

Die versterkings en torings op al die hoeke van die stad is ‘n teken van Avignon se verlede as vestingstad.

avignon21

Hotel des Monnaies  – Die Munthuis. Die Munthuis is regoor die paleis en is gebou in 1619 en is een van die beste voorbeelde van die barokstyl in Avignon. Dit huisves tans die Olivier Messiaen musiek konservatorium. Dit is versier met die embleem van die familie Borghese wat ontwerp is met  arende en jakkalse. Voor die gebou is ‘n terras waar toeriste kan ontspan, deur straatkunstenaars vermaak word en die uitsig van die pragtige paleis kan geniet.

avignon19

Winkels in gerestoureerde geboue.

avignon22

Oppad na die paleis.

avignon23

Die poort na die kaartjiekantoor en die res van die kompleks.

avignon24

Antieke klipwerk en moderne tegnologie tesame in die kaartjiekantoor.

avignon25

La Cour d’Honneur – die binnehof van die paleis.

avignon26

Die ingang na die paleis – Avignon was die setel van die pous in die XIVde eeu.  Konstruksie aan die paleis begin in 1335, en dit  is voltooi in minder as twintig jaar, onder die leierskap van die twee passievolle bouer-pouse, Benedictus XII en sy opvolger Clemens VI.

avignon27

Le Salle le Consistoire – Buiten die oudiotoer wat gehuur word by die ingang is hier ook interaktiewe uitstallings.

avignon28

‘n Skaalmodel van die paleiskompleks.

avignon29

Die deur na die skatkamer.

avignon30

Die skatkamer. In die 1980’s is verskeie versteekte “kluise” ontdek onder die vloere. Geen  skatte of dokumente  is gevind nie – die vermoede is dat die skatte al in die middeleeue deur rowers ontdek is.

avignon31

Die ingang na die pous se kwartiere.

avignon32

“La Sacristie du Nord”, waar Pous Innocent VI sy togas aangetrek het voor hy in die Groot kapel ingegaan het.

avignon33

Relieëfwerk in die Sacristie du Nord.

avignon34

Le Grande Tinel – die groot eetsaal van die pous.

avignon35

Le Grande Chapelle.

avignon36

Pragtig relieëfwerk.

avignon37

Die boonste balkon wat uitkyk oor die La Cour d’Honneur.

avignon39

Die einde van ons toer deur die Palais des Papes.

avignon45

Oppad uit die kasteel na die parkeerarea.

avignon40

Die Pont St Bénézet, of meer dikwels genoem Pont d’Avignon, kry sy naam van ‘n gewilde kinderrympie. Dit is ‘n beroemde middeleeuse brug wat gebou is om die Pouslike wonings te verbind en elke keer as die Pouse die brug gebruik sou hulle ‘n ritueel hou deur te stop aan die voorkant van St Bénézet om vir ‘n oomblik te bid, en om een Florin by die klein kapelletjie te gee vir liefdadigheid. Na jare se vloede en skade is die gebruik daarvan gestaak in 1668.  Vandag is daar net vier van die oorspronklike boogseksies oor en mens kan loop tot aan die einde van die oorblywende deel tot waar dit skielik eindig in die middel van die rivier.

avignon46

‘n Pap band net buite Avignon – mag nie self ‘n wiel op die snelweë ruil nie.

avignon48

Oppad na Nice, die hoofstad van die Franse  Rivièra (De Côte d’Azur).

avignon49