Dag 7: 28 April

Pontaix lê ongeveer 44km  oos van Livron en is volgens populêre opinie die plek van oorsprong van stamvader Louis Fourie.

 pontaix1

Pontaix – geskilder deur Karl Girardet in die 1800’s.

 pontaix2

Van Livron na Pontaix – mistigheid, berge en wingerde.

 pontaix3

Die eerste aanduiding dat ons naby Pontaix is. Die ruïnes van ‘n 13de eeu kasteel, die Château de Pontaix.

 pontaix6

Die dorp is in ‘n “nek” en aan twee kante rys die Dauphiné Alpe uit.

 pontaix5

Die parkeerarea by die ingang van die dorp. In die smal dorpie met sy nou straatjies is parkering baie skaars.

 pontaix6

Die klein, skilderagtige dorpie is gebou op beide oewers  van die Drômerivier waar dit vernou na die weste van die dorp, en was weens die ligging vir ‘n lang tyd van strategiese belang.

pontaix7

Le Village is die enigste straat in die dorp en is is op die linkeroewer. Verder op in die dorp vertak dit maar albei takke bly Le Village.  Op die regterower loop die D93 en daaruit klein voetgangersstegies. Die kasteel, wat ‘n belangrike rol gespeel tydens die godsdiensoorloë, styg bo die dorpie uit. Dit was van groot strategiese waarde en het toegang tot die boonste dele van die Drômerivier beheer.

 pontaix10

“Sur les Pas des Huguenots” (Huguenoteroete).

 Die roete in Frankryk is 374 km lank en opgedeel in 29 dele.  In die Rhône-Alpe-streek kruis die roete vier “departement”, Drôme, Isère, Savoie en Haute-Savoie. Die een deel begin in Pontaix en volg bergpaadjies tot in die dorp Die. Dit neem ongeveer 5 uur 30min om die 18km te stap.

 pontaix11

Die ronde blou teken met die wit figuurtjie is die “Sur les Pas des Huguenots” embleem.

 pontaix12

‘n Ou tonnel wat lei na ‘n stegie wat weer lein na ‘n bergvoetpad en waterstroom.

pontaix14

In die tonnel.

pontaix13

Die ander punt van die tonnel.

 pontaix15

 Die tonnel loop uit in ‘n stegie.

 pontaix16

Die geboue in die stegie is oeroud en lyk of dit wynkelders kon wees.

 pontaix17

Aan die einde van die stegie is ‘n opening in die muur wat uit die dorp uit lei.

 pontaix18

Van die opening af lei ‘n stel trappe berg-op.

 pontaix19

By die bopunt van die trap is  ‘n wonderwêreld van berg, water, groen plante en blomme.

 pontaix20

Oppad na die antieke Protestantse kerk.

 pontaix21

Van die geboue staan leeg en aan die natuur oorgelaat.

 pontaix22

pontaix24

‘n Publieke waterpunt oorgang die kerk.

Die Hugenoteroete begin geveer 100m van die kerk, aan die linkerkant van Le Villagestraat.

 “Enter the village to your right and follow the only alleyway alongside the river. The Pontaix church is located on your right. Take the first cobblestone street that climbs to your left. At the top of this street, continue climbing on the paved road. There is a beautiful view of the Drôme valley and, far away, of the village of Saint-Croix en Diois. Continue on this paved road, which is in bad condition. At the fork in the road, follow the sign for Sainte Croix – Vachères and the yellow 144 and 145 markings as well as the mountain bike markings. Follow the paved road as it climbs through the vineyards.”

 pontaix26

1. Die kerk . 2. Die begin van die Huguenoteroete.

pontaix28

 Temple de Pontaix.

 pontaix29

 Die kerk (“temple” in Frans) van Pontaix was ‘n Protestantse tempel in die 16de eeu. Daarna word dit deur die Katolieke oorgeneem en kon só behoue bly  na 1685 met die herroeping van die Edik van Nantes.  Dit bly in Katolieke se hande tot met die Franse Rewolusie, toe dit weereens deur  Protestante oorgeneem is en tot vandag toe nog Protestants is.

 pontaix27

Die kerkie is ‘n genoteerde historiese monument met 13de en 14de eeuse fresco’s en ‘n klip begrafnismonument van die Hugenote Adel uit die 16de eeu. Ons kon ongelukkig nie binne sien nie – meer hieroor kan gesien word by: http://templedepontaix.fr

 pontaix30

Die kerk, soos al die geboue aan weerkante van die rivier, staan met sy voete in die water.

 pontaix31

‘n Kerk naby die Temple de Pontaix – op die oorkantste wal van die rivier.

pontaix32

Langs hierdie kerk – ‘n huis of stoor  uit die rots gebou.

‘n Tweede Wêreldoorlogmonument by die uitgang van Pontaix oppad na die dorp “Die”.

pontaix33

 pontaix34

Die dorp Die, sowat 11km vanaf  Pontaix. Die was ‘n prominente dorp in die Protestantse weerstand.

 pontaix35

Die Tour de Purgnon (die T0ring van Purgnon).

 pontaix36

Bord wys na ‘n steil bergpaadjie wat na die toring lei.

 pontaix37

Die steil voetpad na die toring.

 pontaix38

Notre Dame d’Espérance de Purgnon (Tour de Purgnon).

 Die Tour de Purgnon is geleë op ‘n heuwel tussen dennebome en was waarskynlik deur Romeine gebou as ‘n uitkyktoring .  In die 16de eeu was Protestante in beheer van die dorp “Die” en is die toring deur hulle gebruik as uitkyktoring. In die 19de eeu is dit deur ‘n priester gekoop wat dit omskep het in ‘n kapel met die naam  in ‘n kapel genoem die Notre Dame d’Espérance de Purgnon.

pontaix40

‘n Pragtige uitsig na die noorde.

pontaix41

Uitsig na die weste.

pontaix42

In Augustus 1944 het die Geallileerde magte in Marseille geland om Frankryk te help bevry van die Duitse besetting.  Die dorp Die is op 20 Augustus bevry met die aankoms van  ‘n bataljon Amerikaanse soldate van Texas.

pontaix43

Oppad van Die na Loriol.