Dag 6: 27 April 2013

stasie

 Vandag weer vroeg op vir treinrit van Nancy na Lyon – vertrek 06:47 vanaf Nancy Ville treinstasie en arriveer 10:56 by Lyon Part Dieu treinstasie.

Lyon is die tweede grootste metropolitaanse gebied in die land en die hoofstad van die Rhône-Alpe area en die Rhône-département. Dit staan bekend as ‘n kosliefhebber se droom  en ook as historiese stad met ‘n lewendige kulturele lewe.  Oorspronklik gestig deur die Romeine, met heelwat bewaarde historiese gebiede, is Lyon ‘n historiese erfenisstad, erken deur UNESCO. Die stad word gevorm deur sy twee riviere, die Rhône (na die ooste) en die Saône (na die weste), wat beide na die Noord-Suide loop.

hotel

Ons hotel – Campanile Lyon Centre Part-Dieu Hotel, 31 Rue Maurice Flandin, Lyon.

 bus

Hop-on-off bus. Die beste manier om Lyon in die reën te sien.

 basilika

Die  Basilika Notre-Dame de Fourvière op die Fourvièreheuwel.

 fresco

La Fresque Des Lyonnais  – ‘n Fresco van bekende inwoners.

 fontein

Fontaine Bartholdi – ‘n fontein deur die beeldhouer  Frédéric-Auguste Bartholdi op die Place des Terreaux.

 katedraal

Die Kathedraal  St-Jean naby die Saonerivier.

 opera

Lyon Opera House tuiste van Opéra National de Lyon. Die oorspronklike operahuis is tussen 1985 en 1993 herontwerp deur die beroemde Franse argitek Jean Nouvel en is na hom vernoem.

hoteldeville

Hôtel de Ville is die stadsaal van Lyon en lê tussen die Place des Terreaux en die Place de la Comédie, voor die Opera Nouvel.

 oulyon

Ou Lyon op die oewer van die Rhônerivier.

 sentrum

La Part-Dieu die grootste winkelsentrum in Europa – oorkant die straat van die Part-Dieu stasie.

kar

Sondagoggend om 10:00 – ons Renault Scenic van Hertz.

 lyonbrug

Oor die Pont Wilsonbrug en Rhônerivier na Livron.

 moderne

Moderne argitektuur (in wording)in die buitewyke van Lyon,  oppad na Livron.