Nancy – 26 April 2013

Om ongeveer 16:30 vertrek ons van Mannheim per trein via Strasbourg na die Franse stad Nancy.

garenancy

Bonjour, Nancy – na 20 jaar!

hotel

Ons hotel in Nancy – Cœur de City Stanislas Hotel.  Toevallig is die hotel reg langs die gebou (met die balkonne) waar ons dogter Cindy gedurende die vroeë 90’s gewoon het! Coeur de City Hotel Nancy Stanislas, 61 Rue Pierre Semard, Nancy.

hysbak

Frankryk se berugte, piep-klein hysbakkies!

cindyvenster

Cindy in haar hotelkamer voor ‘n bekende uitsig.

                    winkelname     winkelname1                                                Winkelname…

stanilas

Die Place Stanilas in ‘n UNESCO-Wêrelderfenisgebied en is ‘n enorme voetgangers-vierkant in die hartjie van Nancy.

gouehek

Dit is omring met die pragtigste swart-en-goud ysterwerk.

alliance

Place d’Alliance geskep  deur die argitek Emmanuel Hera, met sy imposante hek, diePorte Royale, aangrensend aan die beroemde Place Stanislas. Dit is in die sestiende eeu gebou as uitbreiding van die Middeleeuse stad, en dit is hier waar die adel van Nancy hul wonings gebou het.

hemicycle

Die Hemicycle Général de Gaulle, aangrensend aan die Palais du Gouvernement.

craffe

Porte de la Craffe – ‘n prentjie uit ‘n feëverhaal.  Die 14de eeuse hek is al wat oorgebly het uit Nanacy se Middeleeuse vesting.

epvre

Die Basilique Saint-Epvre de Nancy toorn uit bo een van die grootste en besigste pleine in die ou stad. Tot aan die einde van die negentiende eeu was dit die markplein.

fontein

‘n Fontein voor die kerk met ‘n beeld van Hertog Rene II.

aandete

Ons eerste aandete in Frankryk en ons eet Italiaans…?  La Piazzetta, Place Lafayette

Dag 6: 27 April 2013

Die volgende oggend vroeg weer in die reën stasie toe vir ons trein na Lyon.

aurevoir

Au revoir, Nancy.