NICE

Dag 8 -12: 29 April 2013 tot 3 Mei 2013.

Nice is die hoof-oord op die Franse Riviera ( Côte d’Azur) en lê aan die Baie des Anges (“Baai van die Engele”) van die Middellandse See, tussen Cannes en Monaco. Dit is die administratiewe hoofstad van die Alpes-Maritimes area en is sowat 10km van Monaco en 30km van die Italiaanse grens.

Nice inkom

Nice vanaf Avignon.

France (349) Nice

Ons hotel, die Le Royal, dateer uit 1920 – Promenade des Anglais 23, Nice.

1 eerste aand nice (3)

Cindy op ons kamerbalkon met die Promenade des Anglais in die agtergrond.

Die Baie des Anges (Baai van die Engele)

Skemer op die Promenade.

Dag 9: 30 April 2013

Vandag verken ons Cannes en Grasse.

CANNES

Cannes (uitgespreek Kahn) is ongeveer 33km suid van Nice op die Franse Riviera geleë.

Die stad is bekend vir die jaarlikse filmfees wat in Mei gehou word op die perseel van die Palais des Festival op die Promenade de la Croisette.

 Oppad na die ou stad en hawe.

Marche Forville – Cannes se varsproduktemark.

Die area naby die hawe is volgeprop met eetplekkies waar toeriste en inwoners van Cannes in die son kuier.

Cannes se hawe – die Vieux Port de Cannes.

Cindy maak seker dat ons nog op die regte pad is…

Oppad na Suquetheuwel. Bo-op die heuwel kan die toring van die Notre-Dame d’Esperance aan die regterkant gesien word, en links die Tour du Masque.

Die begin van die steil opdraende na die top van die heuwel.

Naby die kruin van die heuwel is is die Tour du Masque – adres: Rue du Mont Chevalier 9, Cannes.

Volgens ‘n legende het Alexandre Dumas se “Man in the Iron Mask” in die toring geskuil nadat hy uit ballingskap op die Sainte Marguerite-eiland ontsnap het. Hy het tot met sy dood in die toring gebly en sy spook loop glo nog rond…’n Yster masker is aan die bokant van die  groot houtdeur aangebring as aandenking aan die legend.

Naby die kruin van die heuwel is is die Tour du Masque – adres: Rue du Mont Chevalier 9, Cannes. Volgens ‘n legende het Alexandre Dumas se “Man in the Iron Mask” in die toring geskuil nadat hy uit ballingskap op die Sainte Marguerite-eiland ontsnap het. Hy het tot met sy dood in die toring gebly en kan glo nie tot ruste kom nie – veral op donker nagte…… ‘n Yster masker is bokant die  groot houtdeur aangebring as aandenking aan die legend.

Die 16de eeuse Goties kerk, die Notre-Dame d’Esperance bo-op die heuwel.

Die kerk word gerestoureer maar is nogtans daagliks oop vir toeriste en Sondagdienste.

Die mure is bedek met pragtige  19de-eeuse muurskilderye.

Inkopies…

Deur die ou stad oppad na ons pakeergarage.

Volgende stop is Grasse, die hoof parfuumsentrum van die wêreld, 19km Noord-wes van Cannes.

GRASSE

 

Dag 9: 30 April 2013

Grasse is ‘n dorp in die Suid-Franse departement van Alpes-Maritimes, sowat 19 kilometer van die Franse Rivera (Côte d’Azur). Dit staan bekend as die hoofstad van die Franse parfuumbedryf en lê op ‘n heuwel in die suidelike voetheuwels van die Franse Alpe.

Die eerste historiese verwysing na Grasse kom uit die jaar 1040. In 1227 verower graaf Raimond Béranger die dorp en lyf dit in by Provence, maar in 1860 word Grasse en Nice deel van die departement Alpes-Maritimes.

Oppad van Cannes na Grasse – ongeveer 18km.

Daar is meer as 60 aktiewe parfumerieë in die dorp, insluitend wêreld-leiers soos Robertet, IFF en Firmenich, die kleiner bekende skeppers van ‘n paar van die wêreld se mees bekende reuke. Hierdie maatskappye het meer as 13,500 mense in diens .

Ons het Fragonard besoek maar meeste  parfumerieë in Grasse is daagliks oop vir besoekers.

Die parfuumvervaardigers in Grasse konsentreer veral op die ekstraksie van die sap van lemoen- en jasmynbloeisels. Net in Grasse alleen is die  jaarlikse oes van jasmynbloeisels ongeveer 27 ton.

‘n Kaart wat die lande aandui vanwaar die bestandele vir Fragonard se produkte kom.

Een van Fragonard se vervaardigingslaboratoriums, wat gebruik maak van moderne prosesse soos chromatografie – ‘n metode waar ‘n wye verskeidenheid prosesse gebruik work om komplekse mengsels te analiseer of te skei.

Hier word die lekkerruikgoedjies versigtig gebottel en verpak.

Die seepmaakproses. Fragonard spesialiseer nie net in die maak van parfuum nie, maar ook  seep en velsorgprodukte.

‘n Ou koper keteltjie wat gebruik was in die distillasieproses.

Inkopietyd en  bottels der bottels parfuum  om van te kies. Allerlei gegeurde produkte, soos seep, velsorgprukte, kerse, en selfs kussing en serpe is ook te koop.

Terug na Nice.