Stamvader Jean Baptist Sch(o)ultz is gebore op 14 Mei 1749 in Landau, ‘n dorp in die Beierse en Opper-Pfalzwoud in Duitsland, naby die grens van Frankryk. Hy kom in 1780 in Suid-Afrika aan as soldaat in diens van VOC en spel sy as SCHULTZ. Sy seun Johan Frederik het dit egter later verander na SCHOULTZ – die Franse spelling.

Landau of Landau in der Pfalz is ‘n stad omring deur die Südliche Weinstraße (“Suidelike Wynroete”) in die suide van die Rheinland-Pfalz, Duitsland. Dit is ‘n universiteitstad (sedert 1990), ‘n kulturele sentrum, en ‘n handelstad, omring deur wingerde en wynproduserende dorpe van die Pfalz wynstreek. Landau lê oos van die Pfalzwoud, Europa se grootste woud, en is in 1106 die eerste genoem as ‘n nedersetting . Dit was in die besit van die graafte van Leiningen-Dabo-Landeck, en word in 1291 deur Rudolf I van Habsburg, Koning van Duitsland as ‘n Koninklike Vrystad verklaar.

Tussen 1680-1815 was die stad onder Franse besetting, wat die vraag laat opkom: Was Jean Baptist Duits of Frans? Met sy Franse voorname en die feit dat sy seun hulle van na die Franse spelling verander het, lyk dit asof hulle van Franse afkoms was.

landau1

Landau in der Pfalz – bron: Panoramia.

In 1688 gee Louis XIV bevel aan sy meesterbouer, Vauban, om Landau te vergroot na ‘n vestingstad.

landau2

Landau in sy pragtige omgewing – bron: Facebook.

landau3

Ou Landau met die Stiftskirche in die voorgrond – bron: de.wikisource.org.

landau4

Die Evangelisch Stiftskirche – Markt Straße 93, Landau in der Pfalz .

Die Protestantse Stiftskirche is een van die oudste geboue in die stad. Die bou van die kerk is begin in die 14de eeu en voltooi is in die middel van die 16de eeu. Gedurende die Hervorming, is die kerk in die binnekant geskei met ‘n yster heining, die koorgedeelte vir die Katolieke en die res van kerk vir die vir die Lutherse Protestante. Sedert 1893 is die kerk net Protestants.

Jean Baptist se dooprekord wys dat hy gedoop is in “Katholisch, Landau In Pfalz Stadt, Pfalz, Bavaria”. Dit is in die tydperk wat die kerk gedeel was en daarom kon die familie Katoliek of Protestants gewees het.

landau5

Die orrel in in 1772 gebou in die Barokstyl – bron: Wikipedia.

landau6

Die interieur van die Stiftskirche – bron: stiftskirche-landau.de

landau7

Landau se groot hoofplein, die Rathausplatz word oorheers deur die Rathaus (stadsaal/munisipale kantore),, tweede van regs en die Frank-Loebsches Haus, derde van links. Dit is oorspronklik in 1689 uitgelê as a paradeplein. In 1794 was die plein se naam “Place de Egalite”, in 1816 “Parade Square”, in 1824 “Max Joseph Square”, en uiteindelik die hedendaagse naam “Rathausplatz”. In die middel van die plein is ‘n standbeeld van Prince Luitpold.

landau8

Altes Kaufhaus kultuursentrum met ‘n danssaal, teater, fliek en restaurants – bron: Wikipedia.

 landau9

Frank-Loebsches Haus

Die drie-verdieping gebou in Kaufhausgasse 9,dateer uit die 15de eeu is in 1870 gekoop deur Anne Frank se oupagrootjie, Zacharias Frank en later behoort dit aan sy kleindogter Olga Loeb – bron: Wikipedia.

landau10

Alte Kaserne (Rooi Kaserne) Die laaste oorblywende kaserne is gebou 1756 – 1759. Vandag huisves dit die Departemente van Engels en Duits – bron: uni-landau.de