buitewyek

Die buitewyke van Berlyn.

wedding

Wedding is ‘n deel van die Mitte area in Berlyn en is vernoem na die herehuis van die edelman Rudolf de Weddinge wat hier gestaan het in die 12de eeu.

ackerhalle

Die Markthalle VI, ook genoem Ackerhalle, in Berlyn-Mitte. Dit is die noordelike ingang by Invalidenstraße No 158. Die marksaal is ontwerp deur Hermann Blankensteinen gebou tussen 1886 en 1888.

park

Ongeveer ‘n derde van die stad bestaan uit woude, parke, tuine en riviere.

hauptbahnhof

Berlin Hauptbahnhof – die grootste treinstasie in Europa.

taxi

‘n Taxi is die vinnigste manier om hoogtepunte in Berlyn sien, toergids ingeluit!

reichstag

Die Reichstag gebou huisves die Duitse parlement: die Bundestag.

beeld

Een van die honderde (of dalk duisende) beelde in Berlyn.

charlie

Checkpoint Charlie was ‘n kruising tussen Oos-en Wes-Berlyn en in 1961 die toneel van ‘n konfrontasie tussen die Amerikaanse en Sowjet tenks. Die voorval het byna ‘n derde wêreld oorlog veroorsaak.

koets

Koetsritte in die omgewing van Checkpoint Charlie.

brandenberg

Die Brandenburghek is opgerig tussen 1788 en 1791 in opdrag van Friedrich Wilhelm II, opsoek na ‘n spoggerige argitektoniese “statement”.

brandenberg2

Die hek is gebou in ‘n se neoklassieke styl soos die Akropolis in Athene en is bedoel as ‘n simbool van vrede.

tuktuk

‘n Moderne weergawe van die outo rickshaw, of tuk-tuk soos ons dit ken.

holocaust

‘n Vinnige foto van die Holocaust Memorial – ter nagedagtenis van die moord op Jode van Europa. Die tyd was net te min om te stop en dit te verken.

moderne

Volop moderne argitektuur.

muur1

Net bietjie meer as 1,5 km van die Berlynse Muur staan nog steeds as ‘n simbool van die triomf van vryheid oor verdrukking.

muur2

Vir 28 jaar, het die muur net die stad verdeel nie, maar ook vir Duitsland. Konstruksie het op 13 Augustus 1961 kort ná middernag begin toe die Oos-Duitse soldate doringdraad uitgerol het wat kort daarna met beton vervang is. Die Muur was ‘n desperate poging deur die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) regering om die volgehoue breindrein te stop wat in 1949 begin het.

muur3

Op 9 November 1989 is ‘n verassingsaankondiging gedoen dat alle reisbeperkings opgehef word. Die aftakeling van die muur het kort daarna begin.

kerk1

In die hartjie van Berlyn staan die St. Nicholas Kerk (Nikolai) wat dateer uit ongeveer 1230. Slegs die rooi baksteen dop van die stad se oudste gebou het bly staan ná ‘n bomaanval gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Restourasiewerk is in 1987 voltooi vir die 750ste herdenking van Berlyn se stigting.

kerk2

Tydens die restourasie is ‘n antieke Christen begraafplaas met geraamtes onder die kerk ontdek. Die kopbeen- en skeletmotiefword oral gebruik in beelde, pilare, ens.

museum

Die Ephraim-Palais museum is ‘n replika van die woning van die hofjuwelier Veitel Heine Ephraim, wat gebou was in1766. Die oorspronklike is vernietig tydens die konstruksie van die Mühlendamm brug in 1935.

mutterhoppe

Aandete by die Mutter Hoppe in die Nikolai Viertel.

hotel

Motel One oorkant die Berlin Hauptbahnhof – ons slaapplek vir die nag.

26 April 2013

trein2

Ons trein vertrek 06:08 uit die Berlin Hauptbahnhof na Mannheim. Arriveer in Manheim om 10:27.

Terug na Gollmitz…    –    Gaan na Mannheim…