Op 13 Januarie 1859 kom Christian Tiedt as 44-jarige in Oos-Londen aan op die skip “Wilhelmsburg”. Saam met hom was sy vrou Wilhelmine (26jr), en kinders Hermann (3jr) en August (1jr).
Sy herkoms is aangeteken as Gollmitz en sy beroep “Arbeitsmann”.
Die dorpie Gollmitz is geleë in die Noord-wes Uckermarck (Brandenburg) area in Duitsland (voorheen Pruise), 100 km noord-oos van Berlin en 1 ¼ km wes van Prenzlau.
Op 27 Januarie 1296 wat Gollmitz (Golmyz) die eerste keer genoem en in die Land Boek van 1375 word dit “Gollmitze” genoem.
Pragtige plase op die roete tussen Schwerin en Gollmitz.
In hierdie area word ook baie gejag. Elke plaas het ‘n paar van dié skuilings vir jagters.
Woude sover jy kyk…
‘n Lieflike mistige dag met ‘n fyn motreëntjie.
Antieke kerke in elke dorpie – hierdie een het ‘n baie ou hout kloktoring.
Van die mooi dorpies waardeur ons ry.
Die platteland voor Gollmitz.
Ons ry Golmitz binne- 25 April 2014 . Gedurende die Dertigjaarse Oorlog is Gollmitz feitlik heeltemal verwoes en was dit verlate tot aan die begin van die 18de eeu.
Evangelischen Kirche , Prenzlauer Str L15, Gollmitz.
Stamvader Christian Tiedt het hier gewoon en was vermoedelik ‘n lidmaat van die ou kerk.
Die ou kerkie dateer uit die 13de eeu en is vir die eerste keer in dokumente van “Golmyz” genoem in 27 Januarie 1296 en is naas die ou meule die oudste gebou op die dorp.
Gedurende die 19de eeu is daar ywerig gewerk aan die verfraaiing van die kerk en is dit het ‘n nuwe altaar, preekstoel, orrel en twee- tot drievoudig gestapel galerye gekry. Oor die jare het verwering weer ingetree maar in 1995 is ‘n fonds gestig en is die ou kerkie weereens gerestoureer.
Twee Tiedt afstammelinge voor die kerk se interressante deur. André e n dogter Cindy. Hy is die kleinseun van Hermina Christina Tiedt, kleindogter van stamvader Christian.
Die ou klok is op grondvlak en nie in ‘n toring nie.
Ons kon nie grafte kry nie, net hierdie ou steen met onleesbare skrif.
‘n Kruisvormige opening in die voorgewel.
‘n Mooi ou gebou oorkant die kerk.
Die Watermeule (Wassermüehle) op die oewer van die Meuledam – Mählenberg 12, Gollmitz.
Die ou meule word ook in die ou “Golmyz” dokument van 1296 genoem.
Gedurende die Dertingjarige Oorlog is die ou meule ook verwoes, maar in 1686 het Frederik Wilhelm die Grote Keurvors dit weer laat herbou.
Ten einde die meule in werkende toestand te hou is daar in 2002 ‘n vereniging “Watermolens Gollmitz eV” gestig.
Die “visleer” verminder die vloei van 1 kubieke meter per sekonde tot ongeveer ‘n derde en help visse om die verskil van 3,65m in hoogte te oorkom.
Oppad na Berlyn ry ons deur Hardenbeck met sy antieke kerk wat nog spog met ‘n houttoring.
Die kerk se hoeksteen in 1250 gelê.
Nog ‘n dorpie oppad is Flieth, met die ruïne van ‘n ou kerk. Die kerk is in 1945 gedeeltelik vernietig tydens ‘n bomaanval.
Volgende stop… Berlyn.
Terug na Schwerin… – Gaan na Berlyn…