Stamvader Johann Andreas Bam van Schwerin, kom in 1725 na die Kaap op die skip “Geertruyda”. Hy was ‘n soldaat in diens van die VOC.

Schwerin se naam gaan moontlik ook terug op die Slawiese god Svarog, sodat Swarzyn letterlik “Plek van Svarog” sou beteken. Dit is die hoofstad van die Duitse deelstaat Mecklenburg-Voorpommere en is ‘n pragtige stadjie met mere en groen woude.

Die heel eerste verwysings na Schwerin was so vroeg as 1012. Die oorspronklike dorpie het oor eeue heen om ‘n fort ontwikkel.

‘n Groot deel van Schwerin is gedurende die Dertigjarige Oorlog en deur verwoestende brande in die 17de en 18de eeue vernietig, maar ‘n gedeelte van die ou stad het gelukkig bly staan, asook ‘n gedeelte wat die “Schelf” genoem word net buite die ou stad se grense.

schwerinteken

Oppad van Hamburg-lughawe na Schwerin – 24 April 2013.

jagter

‘n Jagterskuiling. Dit is oral te sien op die platteland op die oop landerye langs woude.

boustyl

Huisies in tradisionele Noord-Duitse boustyl.

diesel

Selfhelp diesel.

museumpad

Ons eerste stop is die Schwerin Opelug Museum. Die adres is Alte Crivitzer Landstraße 13, maar die museum se hoofingang is op hierdie grondpaadjie wat uit Alte Crivitzer Landstraße draai.

ingang

Die museum is in die vorm van ‘n antieke dorpie en is geleë in die “Mueßer Bucht” (die Mueß Cove) van die meer “Schweriner see” . Hier sien jy tradisionele Noord-Duitse huise, ‘n skaapwagter se huis, die dorpskool met sy hout bankies en ‘n smid se winkel, waar die smid nog elke Woensdag sy ysters bewerk. Saam met ‘n uitgestrekte tuin, plaaswerwe, skape wat wei en ‘n vrugteboord kry mens ‘n idee hoe ons Duitse voorvaders drie na vier eeue gelede geleef het.

plaas

Ingang na die “Bauernhof” (plaas).

skuur

Die skuur op die plaaswerf.

 put

Die kontrepsie maak mens dankbaar vir huise met lopende water in krane!

huisingang

Die plaashuis se “voordeur”.

plan

Daardie jare was die gebruik om plaashuis, slaapplek vir die werkers en stalle vir die plaasdiers alles saam onder een dak te bou.

regs

Die voordeur lei na ‘n oop spasie – ‘n werkspasie vir die boer. Aan die regterhand is die stalle.

links

Aan die linkerkant is die werkerskwartiere met die ingang na die plaashuis agter te sien.

kort

Ons voorvaders was beslis kort mensies!

boergesin

‘n Boeregesin wat ‘n eeu of twee terug in hierdie huis gewoon het.

kwartiere

‘n Plaaswerker se woonkwartiere.

bed

‘n Slaapkamer in die plaashuis. Aan die bed kan mens ook die grootte van die mense aflei .

kombuis

Die hart van die huis – die kombuis.

laundry

Die boervrou se “laundry”.

kelder

Trappe uit die kombuis lei na ‘n kelder.

voorhuis

Die voorhuis.

andrewys

Die boer se werkkamer.

gronde

Van die geboue in die museumdorpie.

invloed

‘n Sterk Skandinawiese invloed is oral te sien.

skip

Die meeste mense in en om Schwerin was van landbou afhanklik maar die die stad se mere en ligging aan die Oossee (Baltiese See) het gesorg vir ‘n lewendige vissersbedryf.

smid

“mak’t handwerk du ok buten swart, holl rein de hand un rein de hart”

Met dié demonstrasie neem ons afskeid van die museum en gaan soek na die mooiste gebou in Schwerin – die kasteel.

geboueoppad

Pragtige ou geboue oppad na die kasteel.

teater

Die Mecklenburgisches Staatstheater – ontwerp deur Georg Daniel en gebou tussen 1883 en1886 nadat die vorige teater in 1882 deur ‘n vuur vernietig is.

kasteel

Sprokies mooie Schwerin kasteel.

Die kasteel staan op ‘n eiland in ‘n meer en vir eeue was dit die tuiste van die hertoë van Mecklenburg (later Mecklenburg-Schwerin). Dit is huidiglik die setel van die staatsparlement. Die publieke deel van die kasteel was ongelukkig toe weens restourasiewerk en ons kon daarom net buite om verken.

brug

Beelde deur Christian Genschow aan weerskante van die brug.

agter

Die grootste deel van die kasteel is in ‘n Barokse styl gebou, met hier en daar ‘n ander styl wat aangbou is. Hier aan die agterkant lyk die kasteel weer anders as voor en heel regs is ‘n Goties deel wat ouer lyk as die res.

terasse

Die pragtige tuine en terasse om die kasteel is daagliks oop vir die publiek.

shepherd

‘n Beeld op die agterste terras van die kasteel – “Shepherd, attacked by a panther”

boothuise

Boothuisies op die oorkantse oewer van die meer.

schelstad

Ons ry die ou “Schelfstadt” binne.

ouhuise

Hertog Friedrich Wilhelm die ou “Schelfstadt” is in 1705. Sy doel was om handelaars en ambagsmanne na Schwerin te lok om die ekonomie en politieke onafhanklikheid te versterk. Die “Schelfstadt” het eers in 1832 deel geword het van die stad Schwerin.

schelfhuise

Vandag lok sy vakmanshuise, die pragtige “Schelfmarkt” plein en die barok kerk in die “Puschkinstraße” talle besoekers.

markt

schwerinkerk

In die Schelfstadt staan ‘n ou ‘n Evangeliese Lutherse kerk toegewy aan Saint Nicholas en is oorspronklik gebou in 1238, maar nadat dit vernietig is deur ‘n storm is dit in 1713 herbou na in die Barok-styl. Aangesien Johann Andreas Bam ‘n protestant was, sou hy heel moontlik deel van hierdie gemeente gewees het.

prent

Die Schelfkirche voor 1651.

cindyvriend

Cindy Bam en vriend. ‘n Beeld langs die kerk.

burwitz

Aandete by Burwitz Legendär, Puschkinstraße 81, in die hartjie van ou Schwerin.

meerhuise

Oppad na ons hotel ry ons verby die Pfaffenteich meer. Dit het begin reën en die fotos is ongelukkig nie baie duidelik nie.

In die hartjie van die stad lê die “Pfaffenteich” meer. Rondom die meer, wat in die 13de eeu kunsmatig geskep as ‘n molendam (meuledam), is daar verskeie elegante geboue soos die huis van die hof argitek Demmler ( die “Küken” huis).

arsenaal

Op die oorkantste oewer is die groot oranje-kleurige, kasteelagtige Arsenaal , ook deur Demmler gebou in 1837 as die Groothertog se Arsenaal. Dit is in die Engelse Tudor-styl en huisves deesdae die Ministerie van Binnelandse Sake van Mecklenburg-Vorpommern.

stasie

Die pragtige Schwerin treinstasie vanuit ons hotelkamer.

25 April 2013

stalletjies

Ons hotel – Inter City Hotel, Schwerin. Voor die hotel en die stasie in ‘n oop plein waar vroegogged stalletjies opgeslaan word met kos en plante.

vis

Lekker gerookte vis…

lente

Lente in Schwerin.

cindytas

Weer oppad – hierdie keer na Gollmitz in die Uckermark.

supermark

‘n Laaste stop by ‘n supermark is die Schelfstadt vir voorrade vir die dag.

Terug na Hamburg…    –    Gaan na Gollmitz…