Hamburg

lughawehamburg

Daar word gesê dat Hamburg die mooiste stad in Europa is. Ongelukkig was daar nie tyd vir ons om dit te sien nie! Op ons roete vanaf Hamburg-lughawe na Schwerin moes ons deur voorstede ry met blokke op blokke bruin woonstelgeboue  en tremspore. Hopelik sal ons eendag weer die kans kry om die stad  weer te besoek.

lughawe

Ons land Woensdag oggend 24 April 2013 om 11:50 op Hamburg-lughawe.

woonstelblok

Blokke woonstelle is na die Tweede Wêreldoorlog  gebou vir fabriekswerkers.

argief

Staatsarchiv Freie und Hansestadt Hamburg (Das Hamburger Staatsarchiv) – vanaf Wandsburger Allee.

grafitti1

Graffiti is so volop in Duitsland soos fietse in Holland.

huise

Die buitewyke van Hamburg.

bestuur

Bestuur aan die “verkeerde kant” van die pad was toe glad nie ‘n probleem nie!

dorpie

‘n Klein dorpie oppad na Schwerin.

plaas

Die roete loop deur plat, rustige landskappe met groen plase en klein dorpies langs die pad.

Terug na Amsterdam… – Gaan na Schwerin..