Boazum

Boazum (in Hollands: Bozum) is ‘n klein dorpie in Friesland, met ongeveer 400 inwoners. Dit is een van die eerste Frieslandse gemeenskappe wat in dokumente genoem is.

Douwe Gerbrand en sy familie se dooprekords wys dat hulle in Bozum gedoop is.

boazum

Ons arriveer in Boazum – 23 April 2013.

huis

Tipiese huis naby die kerk.

parkeerarea

Parkeerarea naby kerk.

cindyhuis

Cindy se droom huisie op die platteland!

adres

Tsjerkebuorren 1, Boazum.

bozumkerk

Die Protestantse kerk op die dorp word die Boazum Kerk of die Sint Martin Kerk genoem en is ‘n voorbeeld van twaalfde-eeuse romantiese argitektuur.

hekje

Oorkant die kerk.

kerkhek

Douwe Gerbrand en sy familie was heel waarskynlik lidmate van hierdie kerk.

bord

bydeur

Twee van Douwe Gerbrand Steijn se nasate.

gewelf

toeristenbord

Die boustyl is laat 12de eeu Romaans met die koor waarskynlik die oudste deel van die gebou.

stmartin

Die kerk was oorspronklik ‘n Rooms-Katolieke tempel toegewy aan St Martin, maar word ‘n Protestantse kerk na die Protestantse Hervorming. Dit is gelys as ‘n Rijksmonument,- nommer 8473

grafte

Ongelukkig is hier geen familiegrafte te sien nie.  Dit was die gebruik om na twintig jaar iemand anders bo-op die vorige persoon te begrawe.

friestaal

Die mense van Friesland (Fryslân) het hul eie vlag, eie volkslied en taal Frysk (Fries).

dam

‘n Dam langs die kerk.

skaap

Agter die kerk.

napolder

Eers klaar met kerke – nou gaan ons tulpe soek op die Noordoostpolder!

Terug na Weidum…    –    Gaan Noordoostpolder…