Amsterdam

stasie

Voor die pragtige ou Amsterdam Sentraalstasie – 22 April 2013.

damrak2

Die Damrak, ‘n besige toeriste roete tussen Amsterdam Sentraalstasie en Damplein.

huisies

fietse

Amsterdam – die beroemde kanale, die poskaart-mooie 17de/18de eeuse huisies reg op die rand van die kanaal, en fietse, fietse en nogmaals fietse.

tussauds

Damplein met Madam Tussauds wasmuseum.

damplein

Damplein – oppad na die Rho Hotel.

rho

Ons tuiste vir die volgende twee dae – die Rho Hotel, Nes 5-23, 1012 KC Amsterdam by Damplein, op die grens van die rooiligdistrik.

oppad waalse

Oppad na die Waalse Kerk.

rookgoed

Langs die pad – “rookgoedjies” van alle geure en kleure!

walen

Waalse Kerk (Walloon Church) Walenpleintje 159, 1012 JZ Amsterdam

ouwaalse

“The Walloon Church (Waalse Kerk) in Amsterdam dates from the year 1409.”

eglise

Volgens die kerkregisters het stamvader Jean Prieur du Plessis, sy eerste vrou Madeleine Menanteau, asook stamvader Louis Fourie en die Lombards gedurende 1687 lidmate van die Waalse kerk geword, maar het weer die kerk in 1688 verlaat oppad na die Kaap. Jean Prieur en sy tweede vrou Marie Buisset se huwelik in 1700 is ook in die registers aangeteken.

oppad luthers

rooi kar

Oppad na die Oude Lutherse Kerk

luthers

Stamvader Jan Georg (sonder die “e”) Bender en sy familie was ‘n lidmate van hierdie kerk. Dit was egter die gebruik om Lutherse lidmate se babas tuis te doop.

trem5

Trem 5 na die Rijksmuseum.

rijks

Die Rijksmuseum – na tien jaar se restourasie werk open die museum op 13 April 2013 alle uitstallings.

rijksskip

‘n Voorbeeld van die skepe wat ons voorouers Kaap toe gebring het.

rijkstulpe

Ons sien ons eerste tulpe in Holland, reg voor die museum!

dampaleis

Terug na Damplein met trem 5. Die tremstop is regoor Het Koninklijk Paleis of die Paleis op de Dam (open 1665). Met ons kuiertjie is dit toe vir publiek. Die koninklikes was daar vir koninginnedag, koninginmoeder Juliana se verjaardag en die kroning van Koning Willem op 30 April.

nieuwekerk

  Koningin Beatrix van Nederland abdikeer en word deur haar seun, Willem Alexander opgevolg – die eerste manlike vors in 123 jaar!  Hy is op 30 April 2013 ingehuldig as die nuwe koning in die Nieuwe Kerk, reg langs die paleis.

magnaplaza

Die manjefieke Magna Plaza  op die Damplein.  Die neogotiese gebou was eers die Poskankatoor, maar is in die 90’s verander in ‘n inkopiesentrum.

  5euroshop

Snuffel vir aandenkings.

latenightsnacks

Laataand eetgoedjies!

23 April 2013

Na die lekker dag in die platteland is ons terug in Amsterdam en loop ‘n bietjie rond vanaand.

dewallen

De Wallen, aka Rooiligdistrik.

coffeeshop

Die Dampkring – een van Amsterdam se berugte Coffee Shops.

Dag 3: 24 April 2013

Oppad na Duitsland

  stasie

Amsterdam Sentraalstasie.

 tas

intrein

Op die trein na Schiphol Lughawe.

invliegtuig

Vertrek Woensdagoggend 24 April 2013 om 10:50 met KLM vanaf Schiphol Lughawe en land 1 uur later op Hamburg.

Terug na Nederland…    –    Gaan na Zaanse Scan…