DIE VOOR- EN NAGESLAGTE VAN

 WILHELMINE FRIEDERICKE (LUISE) VOELKER

(gebore in ongeveer 1831/32 in Prenzlau, Duitsland en getroud met Christian Johann Tiedt)

 

 Prenzlau  in  1652

 

 ________________________________________

 HERKOMS VAN WILHELMINE FRIEDERICKE (LUISE) VOELKER

________________________________________

WILHELMINE FRIEDERICKE (LUISE) VOELKER is gebore in ongeveer 1833 in Prenzlau, Brandenburg, Duitsland.  Sy trou in ongeveer 1855 in Duitsland met CHRISTIAN JOHANN TIEDT,  gebore in ongeveer 1813 en afkomstig van die dorpie Gollmitz in die Nordwestuckermark-distrik in Brandenburg, Duitsland (toe deel van Pruise).

Haar ouers was CHRISTIAN FRIEDRICH VOELKER (VOLKER), seun van George Volker,  gebore in 1785 en FRIEDERIKE WILHELMINE SCHULTZ,  gebore in 1802, dogter van Gottfried Albertus Schultz. Hulle is getroud op 22 Prenslau, Brandenburg. Hy was 38 en sy 21.

‘n Transkripsie van haar ouers se huwelik:

Name:  Christian Friedrich Volker – Birth Date: 1785 – Age:  38 – Spouse’s Name: Friederike Wilhelmine Schultz – Spouse’s Birth Date: 1802 Spouse’s Age: 21 – Event Date: 22 Apr 1823 – Event Place Prenzlau, Brandenburg, Preußen, Germany Father’s Name:  George Volker – Spouse’s Father’s Name  Gottfried Albertus Schultz.

CHRISTIAN FRIEDRICH VOELKER (VOLKER) en FRIEDERIKE WILHELMINE SCHULTZ, se kinders:

1.   Wilhelm Friedrich Ferdinand Volker is gebore op 22 Maart 1824 en gedoop op 4 April 1824 in die Sankt Sabinen Kerk, Prenzlau, Brandenburg (Pruise), Duitsland.

2.   Carl Heinrich Voelker is gedoop op 18 Junie 1826 in die Sankt Sabinen Kerk, Prenzlau, Brandenburg (Pruise), Duitsland.

3.   Wilhelmine Friederike Voelker is gedoop op 31 Augustus 1828 in die Sankt Sabinen Kerk, Prenzlau, Brandenburg (Pruise), Duitsland.

4.   Henriette Friederike Voelker is gedoop op 15 Mei 1831 in die Sankt Sabinen Kerk, Prenzlau, Brandenburg (Pruise), Duitsland.

5.   Wilhelmine Dorothea Christine Voelker is gebore in ongeveer 1832 en trou op 14 Maart 1858 in Naugarten, Boitzenburg, Templin, Brandenburg, Duitsland met Johann Joachim Christian Thiedt.

6.   August Carl Voelker is gedoop op 3 November 1833 in die Sankt Sabinen Kerk, Prenzlau, Brandenburg (Pruise), Duitsland.

7.   Ferdinand Friedrich Voelker is gedoop op 16 Oktober 1836 in die Sankt Sabinen Kerk, Prenzlau, Brandenburg (Pruise), Duitsland.

8.   Ernestine Friederike Voelker is gedoop op 13 Junie 1841 in die Sankt Sabinen Kerk, Prenzlau, Brandenburg (Pruise), Duitsland.

‘n Suster van Wilhelmine was getroud met Johan Joachim Tiedt, vermoedelik ‘n broer of ‘n neef van Christian Johann Tiedt.

‘n Transkripsie van die huwelik:

Name:  Johann Joachim Christian Thiedt – Event Type:  Marriage – Event Date:  14 Mar 1858 – Event Place:  Naugarten, Boitzenburg, Templin, Brandenburg, Germany – Gender Male – Age: 53 – Religion:  Evangelische – Birth Year (Estimated):  1805 –Father’s Name:  Hans Friedrich Thiedt – Spouse’s Name: Wilhelmine Dorothea Christine Voelker – Spouse’s Gender: Female – Spouse’s Age:  26 – Spouse’s Birth Year (Estimated) 1832 – Spouse’s Father’s Name:  Christian Friedrich Voelker

________________________________________

PRENZLAU

________________________________________

Prenzlau (voorheen ook genoem Prenzlow) is ‘n dorp in Brandenburg, Duitsland, die administratiewe setel van Uckermark streek. Die dorp is geleë op die walle van die Uckerrivier, sowat 100 km) noord van Berlyn.

Prenzlau en die Uckermark is verwoes tydens die Dertigjarige Oorlog. Vanaf die laat 17de eeu het Franse Hugenote vlugtelinge hier gevestig en so ‘n ekonomiese herstel begin. Prenzlau was ‘n garnisoendorp en is weereens geteiken tydens die Sewejarige Oorlog en die Napoleontiese oorloë.

In die middel van die 19de eeu, ‘n paar burgers na Australië verhuis, waar hulle die dorp van Prenzlau, Queensland, wes van Brisbane gestig. Familie van Wilhelmine, Henriette Charlotte Voelker (gebore 7 Desember 1826), en August Friedrich Wilhelm Voelker, (gebore 30 Junie 1830) het van Prenzlau ge-emigreer na die dorpie Wheatfield, Niagara, in die staat New York, VSA.

In die Tweede Wêreldoorlog is die middedorp grootliks vernietig, waarna die  Oos-Duitse regering dit herbou het.

‘n Stadsmuur van 2600 m lank en 8-9 m hoog is in 1287 rondom Prenzlau gebou. Byna die helfte van die lengte van die muur het oorleef , of is herbou deur die jare, insluitend ‘n aantal torings.

Die Mitteltorturm Toringhek in Prenzlau.

Prenzlau is ongeveer 10km Noord-oos van Gollmitz, geboorteplek van Wilhelmine se man Christian Johann Tiedt

St. Sabinen kirche (kerk) – Lindenstraat 21,  Prenzlau.

Die oorsprong van die kerkie is ongelukkig nie aangeteken in enige geskrewe dokumente nie maar is ongetyfeld die oudste gebou langs die meer (die Uckersee).

Prenzlau in 1729 langs die Uckersee (‘n binnelandse meer).

 _________________________________________

Wilhelmine en haar man was deel van ‘n groep Duitsers wat gedurende die middel van die 19de eeu gewerf is om na Suid-Afrika te emigreer  Hulle land in 1858 in Oos-London vergesel deur hul twee seuntjies; die drie-jarige kleuter Hermann Christian en sy een-jarige bababoetie August. Hul het altesaam ses kinders gehad; Hermann Christian, August, Auguste Wilhelmine Christine, Johan August Christian, Louise en Friederich August Carl.

“Christian Tiedt, Arbeitsmann (44), Gollmitz (Pr.), mit Frau Wilhelmine (26) und Hermann (3), August (1)”- ‘n Foto en transkripsie uit die skeepsmanifes van die immigrante-skip “Wilhelmsburg” waarop Christiaan Johann Tiedt en sy gesin aangeteken is.

* Meer oor die gesin en hul nageslag kan gelees word by http://myfamilie.co.za/?cat=15

______________________________________

BRONNE

______________________________________

Sterftekennis van Christian Johann Tiedt.

J.F Schwaren E. Pape: Deutche in Kaffraria –Germans in Kaffraria – Duitsers in Kaffraria  1858-1859.

Hamburg Passenger Lists, 1850-1934: Staatsarchiv Hamburg. Hamburg Passenger Lists, 1850-1934 (data beskikbaar aanlyn van Ancestry.com).

“Deutschland Geburten und Taufen, 1558-1898”. Prenzlau, Preußen, Brandenburg, Germany; FHL microfilm 184,886. FamilySearch (https://familysearch.org/.

“Deutschland Heiraten, 1558-1929”. Prenzlau, Preußen, Brandenburg, Germany; FHL microfilm 184,886. FamilySearch (https://familysearch.org/.

“Deutschland, Preußen, Brandenburg und Posen, Kirchenbuchduplikate 1794-1874”. FamilySearch (https://familysearch.org/.

Wikipedia.

Asook ander bronne gelys op die Tiedt familieblad: http://myfamilie.co.za/?cat=15