VOOR- EN NAGESLAGTE VAN

ALBERT VAN LINGEN

Van Amsterdam

damplein

   Damplein, Amsterdam in die 17de eeu.

_______________________________________

HERKOMS

_______________________________________

Die vroegste vanne is nie oorgeërf soos dit vandag nie. Een van die algemeenste vroeë benaming-stelsels was waar mense vernoem was na plekke waar hulle vandaan gekom het. Die van “Van Lingen” verwys bevoorbeeld na ‘n persoon afkosmstig uit die dorp Lingen in die Nedersaksiese gebied van Noord-Duitsland.

Oor die eeue heen het die gebied wat vandag as Nederland bekend staan, talle seisoenwerkers, smouse en huursoldate, van veral Duitsland, gelok. Van hulle het uiteindelik aangegebly, getrou met plaaslike meisies en so deel geword van die Nederlandse bevolking.

_______________________________________

LINGEN, DUITSLAND

ou Lingen2

Lingen 1647

Lingen is ‘n stad in Nedersakse, Duitsland en is geleë aan die Emsrivier in die suidelike deel van die Emsland- distrik. Lingen is meer as ‘n duisend jaar oud en word genoem as “Liinga” in ‘n Middeleeue dokument uit die jaar 975. In 1548 is ‘n groot deel van Linden in ‘n brand verwoes.

kaart lingen

_______________________________________

VOORGESLAGTE IN HOLLAND

_______________________________________

Reeds so vroeg  as 1578 word gemeentelede met die van “Van Lingen” genoem in kerkregisters wat in die Amsterdam Stadsargief bewaar word:

  1. “Fenna Van Lingen gedoop 07 Apr 1578 in die Hervormde Kerk, Amsterdam, dogter van Jonckhans en Anna Van Lingen. ”

noorderkerk

Die Noorderkerk(Hervormd), Amsterdam in die 17de eeu – die Van Lingen-familie was lidmate van die kerk.

 noorderkerk1

Die Noorderkerk vandag – Noordermarkt 48, 1015 NA, Amsterdam.

_______________________________________

DIE SUID-AFRIKAANSE STAMVADER

ALBERT VAN LINGEN

_______________________________________

ALBERT VAN LINGEN was die seun van ALBERT VAN LINGEN en ANNETJE HAGEN.

ALBERT VAN LINGEN en ANNETJE HAGEN se kinders:

1.   Gesiena van Lingen is gedoop op 12 Februarie 1772 in die Noorderkerk, Amsterdam. Getuies by haar doop was: Andries van Santen en Teelke (Eelke) van Lingen. Sy was getroud met Govert van Ekeren. Hulle het ten minste een kind gehad: Albert, gedoop 2 April 1796 in die Zuiderkerk, Amsterdam.

2.   Willemtje van Lingen is gedoop op 14 Maart 1773 in die Noorderkerk, Amsterdam. Getuies by haar doop was: Willem Hage en Lijntje Bierijs. Sy was getroud met Jan Gerrit Huijsen. Hulle het ten minste een kind gehad: Willem Frederik gebore op 25 November 1809 en gedoop op 29 November 1809 in die Zuiderkerk Amsterdam.

3.   Remmer van Lingen is gedoop op 17 Julie 1774 in die Noorderkerk, Amsterdam. Getuies by sy doop was: Andries van Santen en Eelke van Lingen.

4.   Leentie van Lingen is gedoop op 16 Julie 1780 in die Zuiderkerk, Amsterdam. Getuies by haar doop was: Willem Hage en Leentie Bierus.

5.   Johannes van Lingen is gedoop op 13 Maart 1776 in die Noorderkerk, Amsterdam. Getuies by sy doop was: Johannes Hage en Elizabeth Hage.

6.   ALBERT van Lingen is gedoop op 1 Junie 1777 in die Noorderkerk, Amsterdam. Getuies by sy doop was: Andries van Santen en Eelke van Lingen.

Op 15 Desember 1773 is ‘n ene Arnoldina Maria, dogter van Albert Visser en Gesina Morinck, gedoop met getuies: Andries van Santen en Feijtje Remmer van Lingen. Die doopouers het ook dieselfde voorname gehad as twee van Albert van Lingen sr. se kinders. Dit lyk dus asof dié persone, asook dié wat doopgetuies by sy kinders se dope, nabye familie van die gesin was: Andries van Santen, Eelke van Lingen, Feijtje Remmer van Lingen, asook Albert Visser en Gesina Morinck.

albert doop

_______________________________________

SY LEWE IN SUID-AFRIKA

_______________________________________

Stamvader ALBERT VAN LINGEN is gedoop op 1 Junie 1777 in die Hervormde Noorderkerk in Amsterdam en sterf op 73-jarige ouderdom op 30 Julie 1849 in Graaff-Reinet, Suid-Afrika.

Nadat Johannes van der Kemp by die Londense Sendinggenootskap aansluit het, help hy om die Nederlandse Sendingsgenootskap te stig.  Hy werf vir Albert van Lingen as sendeling om in Suid-Afrika te werk.  Albert arriveer op 1 Oktober 1799 in Graaff-Reinet in diens van die Nederlandse Sendingsgenootskap.

Hy trou op op 27-jarige ouderdom op 29 Mei 1803 in Kaapstad met ANNA FRANCINA GREEFF, dogter van Jurgen Hendrik Greeff, and Maria Magdalena Greeff. Sy is gedoop op 11 November 1781 en sterf op 7 Februarie 1832 in Graaff-Reinet. Na Anna se dood trou Albert met MARTHA MARIA MULLER, dogter van Carel Theodorus Muller (stamvader van die Mullers) en Regina Catharina Rogge.

In 1817 doen Albert aansoek vir Suid-Afrikaanse burgerskap en werk tot sy dood onder die Hottentotte in Graaff-Reinet.  Opgawes van die Londonse Sendingsgenootskap toon dat die sendingstasie in Graaff-Reinet onder hulle beheer was. Sir Andries Stockenstrom, Luitenant-Goewerneur van Britse Kaffraria het dit egter bevraagteken in ‘n brief aan die Britse regering, geskryf in 1836:

  • ”In the return itself, for instance, I find Missionary stations stated to exist in the Paarl, Tulbagh and Graaff-Reinet. I have reason to believe all three of these to owe their origins solely to the zeal and liberality of the white inhabitants of those district…I have been informed that an amalgamation to some extent has since taken place; but in February last, Mr. van Lingen, The Missionary of the Graaff-Reinet Society, stated to me that the London Society had refused to pay his salary.”

Albert word al sedert 1818/19 tot in 1838 in die opgawes van die Londonse Sendingsgenootskap genoem as sendeling in Graaff-Reinet:

collections2

list of mission stations

David Livingston noem ook Albert in sy boek: Livingstone’s Missionary Correspondence, 1841-1856:

  • “Graaf Reinet has a population equal to a very small country town in England, yet here we have an evangelical clergyman of the Dutch church, one of the Church of England, a Wesleyan missionary, Mr Gill, and Mr van Lingen.”

Volgens James Backhouse in sy boek, “A Narrative of a Visit to the Mauritius and South Africa, Volume 1” kon die Hottentotte, vrygestelde slawe, en anders-kleuriges onder Albert van Lingen se onderrig beter lees as van die wit inwoners van Graaf-Reinet.

backhouse

Deel van sy pligte was om gereeld die tronk te besoek waar hy goeie werk gedoen het onder die gevangenes:

tronk

‘n Uittreksel uit die “Misionary Chronicle” van die Londense Sendingsgenootskap in 1834 – geskryf deur Austin Frairs:

chronicles

‘n Uittreksel uit die “The Evangelical Magazine and Missionary Chronicle” van 1834 deur die Londense Sendingsgenootskap:

  mission report

Albert se naam verskyn ook in ‘n lys name van sendelinge wat briewe gestuur het aan die Londonse Sendingsgenootskap in 1838:

  letters

_______________________________________

GRAAFF-REINET

‘n Beskrywing van Graaff-Reinet in 1839 deur James Backhouse:

backhouse gr

Die “John Rupert Little Theatre” in Pastoriestraat was eens die Sendingkerk vir die Londense Sendinggenootskap en ingewy deur dr John Phillip, en was onder inwoners bekend as die “Groot Londen”. Dit is in 1847 ingewy deur dr John Philip van die Londense Sendinggenootskap. Die kerk is verkoop aan die Verenigde Congregational Kerk in 1920 en daarna aan Anton Rupert in 1969.  Nadat hy die gerestoureer is dit geskenk aan Graaff-Reinet as ‘n plaaslike teater vir die gemeenskap.

Volgens Sandra Will van die Graaff-Reinet Toerismekantoor was die oorspronklike Londonse Sendinggenootskap in die gebou wat tans gebruik word as die John Rupert Teater en nie die gebou van die Hester Rupert Kunsmuseum nie:

  •  “The John Rupert Theatre was originally the LMS, not the Hester Rupert Art Museum.”

old mission church1

_______________________________________

EERSTE GESLAG IN SUID-AFRIKA

_______________________________________

Stamvader ALBERT VAN LINGEN trou op op 27-jarige ouderdom op 29 Mei 1803 in Kaapstad met ANNA FRANCINA GREEFF, dogter van Jurgen Hendrik Greeff en Maria Magdalena Greeff. Sy is gedoop op 11 November 1781 en sterf op 7 Februarie 1832 in Graaff-Reinet. Na Anna se dood trou Albert met MARTHA MARIA MULLER, dogter van Carel Theodorus Muller (stamvader van die Mullers) en Regina Catharina Rogge.

 ALBERT en  ANNA FRANCINA GREEFF se kinders:

1.   Albert van Lingen is gebore op 12 Maart 1804 in Graaff- Reinet en sterf op 30 Desember 1892 in Bethulie. Hy trou op 22-jarige ouderdom op 3 Desember 1826 met Anna Sophia Vorster, dogter van Barend Johannes Vorster en Johanna Christina Vorster. Sy is gebore op 17 Mei 1808. Na haar dood trou hy op 25-jarige ouderdom op 3 Mei 1829 met Anna Catharina Pretorius, dogter van Andries Lodewyk Pretorius en Aletta Catharina de Bruin. Sy is gebore op 1 Januarie 1809 en sterf op 15 Desember 1890 in Bethulie. Hulle het ses kinders; Martha Maria, Wynand  Johannes (Remmert), Albert, Anna Sophia en 2 ander.

 2.   MATTHYS JOHANNES van Lingen is gebore op 11 Julie 1808 en sterf op 1 Januarie 1849 in Graaff-Reinet.

_______________________________________

TWEEDE GESLAG IN SUID-AFRIKA

_______________________________________

ALBERT VAN LINGEN se tweede-oudste seun, MATTHYS JOHANNES, is gebore op 11 Julie 1808 en sterf op 1 Januarie 1849 in Graaff-Reinet.  Hy trou op 22-jarige ouderdom op 8 Augustus 1830 in Cradock met MAGDALENA JOHANNA BURGER.  Sy is gebore op 24 Februarie 1802 en sterf in Desember 1899 in Graaff-Reinet.

MATTHYS JOHANNES en MAGDALENA JOHANNA BURGER se kinders:

1.   Andries Petrus van Lingen is gebore op 1 September 1838 in Graaff-Reinet. Hy trou op 2 Februarie 1857 in Richmond met die 17-jarige Christina Sophia Viljoen, dogter van Henning Johannes Viljoen en Christina Sophia du Toit. Hulle een seun, Andries Petrus, trou met Rachel Maria Elizabeth Botha en het ‘n seun Ruben.

2.   MATTHYS JOHANNES van Lingen.

_______________________________________

DERDE GESLAG IN SUID-AFRIKA

_______________________________________

MATTHYS JOHANNES is gebore op 7 November 1838, gedoop op 30 Desember 1838 in Graaff-Reinet en sterf op 28 September 1904 op die plaas van David Schalk van der Merwe, Spesbona, Douglas. Hy trou op 25 Junie 1860 in Graaff-Reinet met ANNA SUSANNA WEPENER, dogter van Daniel Johannes Wepener en Anna Susannah van Straaten.  Sy is gebore op 22 Februarie 1843, gedoop op 5 Mei 1844 in Graaff-Reinet en sterf in Douglas op 20 Desember 1931.

 MATTHYS JOHANNES en ANNA SUSANNA WEPENER se kinders:

 1.   ALBERT van Lingen.

2.   Daniel Johannes van Lingen.

3.   Anna Susanna van Lingen.

4.   Anna Catharina van Lingen.

5.   Matthys Johannes van Lingen.

6.   Frederik Jacobus van Lingen.

7.   Johanna Deborah Elizabeth van Lingen.

_______________________________________

KIMBERLEY-KONSENTRASIEKAMP

konsentrasiekamp

Die Terrein van die Kimberley-konsentrasiekamp in Blackstraat, oorkant die NG Kerk Newton.

‘n Beskrywing van die Kimberley-konsentrasiekamp uit “Die Volksblad” van 18 April 2001:

  • IN 1900 was die jaarlikse sterftesyfer in die Kimberley-konsentrasiekamp 535 per 1 000. Afgesien van masels het die inwoners ook longontsteking en tifoïede koors opgedoen. Daar was nie genoeg dokters om die uitbreek van epidemies te hanteer nie. Siekes is nie na die hospitaal gebring nie en geen tentinspeksies het plaasgevind nie. Gedurende die maselsepidemie was daar nie genoeg beddens vir al die pasiënte nie. Inwoners met aansteeklike siektes is ook nie geïsoleer nie.
  • Elria Wessels, hoofnavorser van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein, vertel meer oor die kamp wat Emily Hobhouse in April 1900 besoek het.
  • DIE Kimberley-konsentrasiekamp was een van die kampe in die Anglo-Boereoorlog wat nie omhein was nie. Die enigste omheinde deel was waar die rebelle of die ongewenstes, dit wil sê vroue wie se mans die eed van getrouheid afgelê het en dit daarna weer verbreek het, gebly het.
  • Diegene in die oop kamp kon vrylik tussen Kimberley en die kamp beweeg. Van die inwoners het buite die kamp werk gekry, maar kon rantsoene kry al het hulle vergoeding gekry vir werk wat gedoen is. Die inwoners van die draadkamp was egter nie so bevoorreg nie. Slegs 100 passe is per week uitgereik: 50 per dag vir twee dae alleenlik. Almal moes om 18:00 in die kamp wees tensy hulle spesiale toestemming van die superintendent gehad het om na ‘n spesifieke geleentheid te gaan – dan het hulle ‘n deurnagpas ontvang.
  • Elke gesin het hul eie kos berei, maar hulle het vyf gesamentlik bakoonde gebruik. Brandhout (ongeveer 1 kg) is per persoon toegelaat. Diegene wat dit kon bekostig, kon hul voorraad aanvul. Maj. Harris van De Beers het by geleentheid ‘n groot hoeveelheid hout by die kamp laat aflewer.
  • Geen beddens is uitgereik nie – inwoners moes op die grond op matrasse slaap. Slegs die hospitaal is van beddens voorsien. Die meeste inwoners het hul eie beddegoed gehad hoewel 5 000 komberse uitgereik is. Die pryse in die kampwinkel is deur die hoofprovoos beheer. Die winkeleienaar het 10 per maand vir sy lisensie betaal. ‘n Blik salm het 10c gekos, suiker 3c vir 450 g, drie blikkies sardientjies 10c, koffie 12c vir 450 g en tee 28c vir 450 g – dit is natuurlik as ‘n mens die geld gehad het om dit te kon koop.
  • Die hospitaal was in drie hout-en-sinkhutte wat elk 14 beddens gehad het. Die res van die pasiënte is in vier groot markiestente verpleeg. Die hospitaal se kos in ‘n klein kombuisie voorberei wat ook sommer as wassery gedien het. Die hospitaal se lakens is op die kombuistafel oopgevou. Die lakens wat deur pasiënte met hoogs aansteeklike tifoïde koors gebruik is, is nie gekook nie, maar slegs voor gebruik ontsmet.
  • Daar was twee dokters asook een van die militêre dokters uit die dorp wat gehelp het. Vier opgeleide verpleegsters en agt leerlingverpleegsters wat uit die geledere van die kampinwoners gekom het, het die verpleging gedoen. Die verpleegsters is goed betaal en het dieselfde rantsoene as die kampinwoners gekry. Hulle moes egter hul eie kos berei en daarom het die dokters hul rantsoene nie geneem nie, maar eerder verkies om buite die kamp kos te koop.
  • Van Maart tot 25 Augustus 1901 het 252 mense gesterf: 1 jaar en onder = 23, 1-3 jaar = 93; 3-5 jaar = 42; 5-10 jaar = 40; 10-15 jaar = 15; 15-25 jaar = 7; 25-35 jaar = 11; 35-40 jaar = 5; 56-65 = 2; 65 en ouer = 9.
  • Daar was geen inwonende predikant nie. Plaaslike predikante het die kamp besoek terwyl die kinders Sondagskool in Kimberley bygewoon het. Baie skoolkinders was weens masels afwesig.

_______________________________________

PETRUSBURG

  • NG kerk Petrusburg (wikipedia):

 Die kerkgebou is gedurende 1899 voltooi en alles was vir die inwyding gereël toe die Anglo-Boereoorlog ‘n week voor die inwydingsdatum uitbreek. Gemeentelike bedrywighede het tot stilstand gekom. Hoewel die Engelse troepe die kerkgebou as huisvesting gebruik en die Nagmaalservies in dié dae verdwyn het, het die gebou self feitlik onbeskadig gebly. Ds. Robertson het gedurende die oorlogsjare Petrusburg verlaat en nie weer ná die oorlog teruggekeer nie.

Op 24 Oktober 1903 is ds. P.A. Roux – later van die gemeente Jeppestown – hier bevestig en is die kerk ook op hierdie datum ingewy. (Ons Kerk Album sê dit was “in het begin van den grooten Boerenoorlog”, maar dan: “Wegens de treurige omstandigheden van land en volk in dien tijd, kon er geen feestviering plaats vinden bij de inwijding van het Godsgebouw.”)

NG_kerk_Petrusburg_1917

Die kerk nadat dit vergroot is met twee vleuels, voordat die kerktoring gebou is.

_______________________________________

VIERDE GESLAG

_______________________________________

ALBERT van Lingen is gebore op 7 April 1861 en gedoop op 19 Mei 1861 in Graaff-Reinet. Hy trou op 26-jarige ouderdom op 16 Januarie 1888 in Jacobsdal met die 18-jarige (ELSIE) ELLA SUSANNA BEUKES gebore op 28 Oktober 1869 in Tarkastad en is oorlede 19 Maart 1943 in Bloemfontein. Hy was op daardie stadium ‘n veeboer in die Fauresmith-distrik en sy van die Jacobsdal-distrik. Ten tye van die Angelo-Boereoorlog woon hulle as bywoners op die plaas Maagzeer, Petrusburg. Die gesin was van 6 Julie 1901 tot 29 Oktober 1902 in die Kimberleyse Konsentrasiekamp. Albert en Elsie se ouderdomme is in die kamprekords aangegeteken as 32 jaar.

albert huwelik

Huweliksinskrywing 16 Januarie 1888 – NG Kerk Jacobsdal.

ALBERT en (ELSIE) ELLA SUSANNA BEUKES se kinders:

1.   Matthys Johannes van Lingen is gebore op 14 Oktober 1888 en gedoop in Desember 1988.

2.   Carel Jacobus van Lingen is gebore in ongeveer 1890. Hy was 11 jaar oud met hul aankoms in die konsentrasiekamp.

3.   Johanna Dorothea van Lingen is gebore in ongeveer 1893. Sy was 8 jaar oud met hul aankoms in die konsentrasiekamp en sterf op 2 Augustus 1901 in die kamp – minder as n maand na aankoms.

4.   Anna Susanna van Lingen is gebore in ongeveer 1895. Sy was 7 jaar oud met hul aankoms in die konsentrasiekamp.

5.   Ella Susanna van Lingen is gebore op 20 Julie 1898. Sy was 3/4 jaar oud met hul aankoms in die konsentrasiekamp. Sy trou op 11 Februarie 1936 in Bloemfontein met Johannes Lodewicus Combrinck, ‘n boer van Bethulie en seun van Johannes Lodewicus Combrinck en Cecilia Aletta van Heerden. Hy is gebore op 13 Desember 1897 en gedoop op 23 Januarie 1898 in Bethulie.

6.   Dalena Johanna is gebore op 11 Februarie 1900, gedoop op 1 April 1900 in Petrusburg, en sterf op 25 Oktober 1958 in die Nasionale Hospitaal, Bloemfontein. Sy was 1 jaar oud met hul aankoms in die konsentrasiekamp. Dalena trou in 1941 in Aliwal-Noord met Christoffel Wilhelmus Lombard, seun van Adriaan Albertus Lombard en Anna Johanna Jacoba Catharina Groenewald. Hy is in ongeveer 1880 gebore in die Rouxville-distrik en sterf op 26 Januarie 1961 in Smithfield.

7.   ALBERT van Lingen.

_______________________________________

VYFDE TOT SEWENDE GESLAGTE

_______________________________________

ALBERT van Lingen is gebore op 5 Oktober 1902 in die Kimberley-Konsentrasiekamp en gedoop op 8 Maart 1903 in die NG Kerk, Petrusburg deur Ds. P. Boshoff. Hy sterf op 31 Maart 1981 in Bloemfontein. Albert trou met HESTER MAGRIETA PTERONELLA OPPERMAN. Hulle het gewoon in Ds. Pienaarstraat, Bloemfontein.

albert3 doop

Doopinskrywing 8 Maart 1903 – Albert van Lingen, NG Kerk Petrusburg.

ALBERT en HESTER MAGRIETA PTERONELLA OPPERMAN se kinders:

1.   Albert Lingen sterf op 29-jarige ouderdom in ongeveer 1950-1955. Hy was in die Vloot.

2.   Hester Leonorah van Lingen trou met ‘n Rokitta. Sy sterf in 1993 in Otjiwarongo, Namibië.

3.   Hilda Magdalena van Lingen trou met Gert Wentzel.

4.   Dalena van Lingen is gebore op 5 November 1937. Sy trou op 12 Februarie 1932 in Uitenhage met Leslie Freemantle, seun van Jacobus Wilhelmus Freemantle en Susanna Christina Adriana Knoetze. Hulle het vier kinders; Mitzi Dalene, Adri Ronel, Jacobus Albertus en Sean Leslie.

5.   Dora Johanna van Lingen trou met ‘n Nel.

6.   Elizabeth Viola van Lingen trou met van Piet van Rooyen.

7.   Dawn van Lingen trou met ‘n Meyer.

8.   Sarah-Ann (Sarah) van Lingen is gebore op 1 Augustus 1945 in Potchefstroom en sterf op 25 April 2009 in Kroonstad en is begrawe in die Kroonstadbegraafplaas. Sarah trou in ongeveer 1963 in Bloemfontein met Frank Sidney Beck (Sonny), seun van Frank Sidney Beck en Magdalena Josina Fourie.  Hy is gebore op 27 Oktober 1941 in Bloemfontein, sterf op 4 Junie 2006 in Welkom en is begrawe in die Kroonstadbegraafplaas.

sonnyen sarah

Sonny en Sarah.

Sarah-Ann en Frank Sidney Beck se kinders:

1.   Frank Sidney (Frankie) Beck is gebore op 17 Maart 1968 in Walvisbaai, Namibië. Hy sterf op 26 Februarie 1988 in Welkom en is begrawe in die Kroonstadbegraafplaas.

frankie

Frankie

2.   Penelope-Ann (Penny) Beck is gebore op 2 Maart 1969 in Bloemfontein en trou op 24 Maart 2018 in Kroonstad met Desmond O’Connor.

penny_amor_simone

Penny en haar kinders Amor en Simone

Penelope-Ann se kinders:

1.   Amor Bradley Beck is gebore op 19 Maart 1991 in Kroonstad, sterf op 12 September 2015 buite Witbank.

2.   Simone Jandri Beck is gebore op 20 Januarie 1994 in Kroonstad.

3.   Candice Beck is gebore op 21 April 1982 in Kroonstad.

candy

Candice.

9.   Vera van Lingen trou met ‘n Labuschagne.

10.  Alec (Alexander?) van Lingen, ‘n Methodiste predikant. Hy is aangeneem deur ‘n egpaar Stein.

_______________________________________

BRONNE

_______________________________________

Janet van Lingen Melville.

Archief van de Burgerlijke Stand: Doop-, trouw- en begraafboeken van Amsterdam (retroacta van de Burgelijke Stand). https://www.amsterdam.nl/stadsarchief/archieven/archiefbank/overzicht/5001.html

Sterftekennisse van stamvader Albert van Lingen asook Albert van Lingen gebore 1902.

FamilySearch: “Netherlands Marriages, 1565-1892”, “Netherlands Births and Baptisms, 1564-1910” asook South Africa, Free State Dutch Reformed Church Records, 1848-1956.

Naairs (National National Automated Archival Information Retrieval System) http://www.national.archives.gov.za/naairs.htm : KAB (Cape Town Archives) Memorials Received. A. van Lingen. Application for a Deed of Burghership.

Die Universiteit van Kaapstad se projek “British Concentration Camps of the South African War 1900-1902.”

The Evangelical Magazine and Missionary Chronicle van 1834, 1836 en 1838.

The Report of the Directors of the Missionary Society.

Livingstone’s Missionary Correspondence, 1841-1856 – deur David Livingston.

A Narrative of a Visit to the Mauritius and South Africa, Volume 1 – deur James Backhouse.

Die Sendingstasie Pacaltsdorp 1815-1925 – deur Henry William Daniel van der Linde.

Government Gazette of the Republic Of Namibia, Windhoek, No. 794 – 4 February 1994.

Albert van Lingen op Geni:

http://www.geni.com/people/Albert-van-Lingen/6000000012126582929

Serena de Jager se Freemantle inligting op www.genealogy.com

Die Universiteit van Kaapstad se projek “British Concentration Camps of the South African War 1900-1902.”