Dag 7: 28 April 2013
Die dorp Die, sowat 11km vanaf Pontaix. Die was ‘n prominente dorp in die Protestantse weerstand.
Die Tour de Purgnon (die T0ring van Purgnon).
Bord wys na ‘n steil bergpaadjie wat na die toring lei.
Die steil voetpad na die toring.
Notre Dame d’Espérance de Purgnon (Tour de Purgnon).
Die Tour de Purgnon is geleë op ‘n heuwel tussen dennebome en was waarskynlik deur Romeine gebou as ‘n uitkyktoring . In die 16de eeu was Protestante in beheer van die dorp “Die” en is die toring deur hulle gebruik as uitkyktoring. In die 19de eeu is dit deur ‘n priester gekoop wat dit omskep het in ‘n kapel met die naam in ‘n kapel genoem die Notre Dame d’Espérance de Purgnon.
‘n Pragtige uitsig na die noorde.
Uitsig na die weste.
In Augustus 1944 het die Geallileerde magte in Marseille geland om Frankryk te help bevry van die Duitse besetting. Die dorp Die is op 20 Augustus bevry met die aankoms van ‘n bataljon Amerikaanse soldate van Texas.
Oppad van Die na Loriol.