AFSTAMMELINGE VAN JOHANN (JAN) ANDREAS BAM

Van Schwerin

________________________________________

SUID-AFRIKAANSE BAM STAMVADER

________________________________________

Stamvader JOHANN (JAN) ANDREAS BAM van Schwerin, Duitsland,  arriveer aan die Kaap de Goede Hoop  op 3 Februarie 1725 aan boord die ”Geertruid” as soldaat in diens van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (destyds Vereenigde Oostindische Compagnie, algemeen afgekort as VOC). Voor sy aankoms in die Kaap was hy vir ongeveer  tien jaar in diens van die VOC as Onder- Korporaal. Gedurende die 18de eeu was 20 persent van die soldate in diens van die Kompanjie uit Duitsland en die Oostzeegebied. In 1733/34 ontvang hy sy vrybrief en werk as bakker in Kaapstad.

‘n Uittreksel uit “Precis of the Archives of the Cape of Good Hope – deur HCV Leibrandt, Volume 1 A-E:

 (Bam (Jan) ; of Swerin, arrived in 1725 in the ” Geertruijda ” as lance corporal ; asks for burgher papers. (No. 75.)

Jan se VOC rekord:

                                Bron: Nationaal Archief, Amsterdam –      http://vocopvarenden.nationaalarchief.nl/detail.aspx?ID=628317

Die “fluytschip Geertruid”:

Die ”Geertruid” vertrek op 16 September 1724 uit die hawe by Texel in Noord-Holland, oppad na Batavia.  Met die terugvaart doen die skip in Februarie 1725 by die  Kaap aan waar Jan se aansoek om vryburgerskap toegestaan word.

 Bron:  http://www.vocsite.nl/schepen/detail.html?id=10356

             n Ets van ‘n tipiese “fluytschip”

Die lewe aanboord ‘n VOC skip:

Vir die bemanning was die omstandighede aanboord die VOC skepe nog erger as vir die passasiers. Siektes en andere gevare het daagliks lewe en dood aan boord bepaal. Vleis was gesout of ingelê in ‘n asynmengsel en die tekort aan vars kos, groente en ‘n beperkte toelae van water, het skeurbuik veroorsaak. Hul slaap- en leefarea was beknop en sonder vars lug met hangmatte as slaapplek.  Elke man se besittings was gebêre in ‘n seemanskis.Die besoldiging was bittermin, met die gevolg dat twee-derdes van die uitgevarende matrose en soldate nie teruggekeer het nie, maar eerder ‘n nuwe lewe probeer maak het in die Ooste of in die Kaap.

‘n Skildery van die hawe-eiland Texel, geskilder in 1671 deur Ludolf Bakhuizen   Bron: http://www.wikipedia.org/wiki/Texel

Jan Bam se oorsprong – die stad Schwerin:

Met torings, koepels en verskeie vleuels is die romantiese Schwerin Kasteel reg uit ‘n sprokie!

Die Schwerin Kasteel is omring deur pragtige tuine, geleë op ‘n eiland in die meer van Schwerin en is vanaf die 10de eeu opgebou tot die indrukwekkende gebou van vandag. Die kasteel van Schwerin huisves tans die parlement van Mecklenburg-Voorpommere.

‘n Groot deel van Schwerin is gedurende die Dertigjarige Oorlog en deur verwoestende brande in die 17de en 18de eeue vernietig, maar ‘n gedeelte van die ou stad het gelukkig bly staan, asook ‘n gedeelte wat die “Schelf” genoem word, net buite die ou stad se grense.

Hertog Friedrich Wilhelm die ou “Schelfstadt” is in 1705. Sy doel was om handelaars en ambagsmanne na Schwerin te lok om die ekonomie en politieke onafhanklikheid te versterk. Die “Schelfstadt” het eers in 1832 deel geword het van die stad Schwerin. Vandag lok sy vakmanshuise, die pragtige “Schelfmarkt” plein en die barokstyl kerk in die “Puschkinstraße” talle besoekers.

In die Schelfstadt staan ‘n ou ‘n Evangeliese Lutherse kerk toegewy aan Saint Nicholas en is oorspronklik gebou in 1238, maar nadat dit vernietig is deur ‘n storm is dit in 1713 herbou in die Barokstyl. Aangesien Jan Bam ‘n lidmaat van die Lutherse kerk was, sou hy heel moontlik deel van hierdie gemeente gewees het.

Cindy Bam  voor die Sint Nicholaskerk, Schwerin

Die Sint Nicholaskerk, Schwerin

‘n Uittreksel uit “Precis of the Archives of the Cape of Good Hope: Requesten (memorials) 1715-1806”, Vol II – deur HCV Leibbrandt, Hoof van die Kaapse Argiewe, 1906:

1742 Lutheran Church. First Memorial of the Lutherans, who ask for a Minister, and the right to conduct their Public worship, which cannot take place without the permission of the Seventeen ; they therefore ask Council’s permission to send a Memorial to the said Seventeen, for the purpose, and also the Coundl’s kind recommendation. Memorialists also promise to support their Minister at their own expense.  Signed by (o.a. deur:)… Jan Bam…

Jan se lewe aan die Kaap:

In 1734 verkry Jan  sy vrybrief van die Politieke Raad en word ‘n vryburger aan die Kaap.  Hy kry ook toestemming om ‘n besigheid as bakker te begin.

‘n Uittreksel uit “Precis of the Archives of the Cape of Good Hope”, Vol I A-E – deur HCV Leibbrandt, Hoof van die Kaapse Argiewe:

 (Bam (Jan) ; of Swerin, arrived in 1725 in the ” Geertruijda ” as lance corporal ; asks for burgher papers. (No. 75.)

 ‘n Uittreksel uit “Die Resolusies van die Politieke Raad van die Kaap die Goeie Hoop”:

Die Politieke Raad het ook vrybriewe verleen aan Johannes Blankenberg en Jan bam. Vgl. C.113, Klad Notulen, 1717-1738, p. 364 en C.236, Requesten en Nominatiën, 1733-1734, pp. 183-186.

Soos baie ander Suid-Afrikaanse families is die Bamfamilie se stammoeder ‘n slavin. Jan knoop ‘n verhouding aan met Rachel Johanna Catharina van de Kaap en het vier kinders by haar. Sy was geken as Rachel en ook as Anna Bam en is op 21 September 1749 as volwassene gedoop. In 1752 kry sy, en haar kinders hul vryheid en sy trou met Jan Bam.

‘n Uittreksel uit “Precis of the Archives of the Cape of Good Hope”, Vol I A-E – deur HCV Leibbrandt, Hoof van die Kaapse Argiewe:

“1751 Bam (Jan) ; wishes to Manumit a female slave, named Johanna Catharina of the Cape, as well as her four children, on the usual conditions, offering as sureties himself and the burgher Frederik Simon Plageman. (No. 56.) ”

‘n Uittreksel uit “Die Kaapse slawe in kultuurhistoriese perspektief – 1652-1838” deur Eunice Marietha Bauermeester:

“In die meer verdraagsame vroeë jare van die Kaapkolonie, toe die skeidslyne van ras en kleur vloeibaar was, moes slavinne wat wettige Christenhuwelike met Europeërmans wou sluit, eers gedoop en dan vrygestel wees. Ontnugter deur die groot aantal “mulat” kinders van Europese afkoms in die slawelosie, het Van Rheede in 1685 reeds aanbeveel dat huwelike tussen die slavinne van Europese afkoms en Europeermans, veral van Nederlandse afkoms, aangemoedig moes word sodat hierdie slavinne op dié wyse uit slawerny bevry kon word. Van die voornemende bruidegom is verwag om die Kompanjie te vergoed vir sy bruid se onderhoud en opvoeding. Die Kompanjie was op hierdie kompensasie geregtig, aangesien die slavin immers die amptelike eiendom van die Kompanjie was.Gemengde huwelike was nie net tot “mulat” slavinne beperk nie. Tydens die sewentiende eeu het die Europeërmans aan die Kaap voorkeur aan die Bengalese slavinne as heelslag huweliksmaats gegee, aangesien huile kultureel op ‘n hoër vlak as die plaaslike inboorlinge was oor buitengewoon aantreklike fisiese eienskappe beskik het.

Rachel se lewe as slaaf: 

Die pragtige ou Slawelosie staan aan die bopunt van Adderleystraat, tussen die Grote Kerk en die ingang na die Kompanjiestuin. Dit is die enigste oorblywende VOC-slawelosie van sy soort ter wêreld en is in 1679 gebou as ‘n vensterlose, baksteen struktuur om die slawe van die Vereenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) te huisves. Die Slawielosie wat vandag as museum dien verskil hemelsbreed van hoe dit gelyk het in die  17de en 18de eeue. Die gebou was niks meer as net ‘n enkelverdieping-tronk met ’n binnehof, smal venstergleuwe en donker, klam vertrekke. In 1733 is dit vergroot, waarna ’n tweede verdieping in 1754 aangebou is om getroude slawe te huisves.

Tot 1811 het 9 000 slawe die gebou gedeel met misdadigers en geestelik versteurdes. In sy boek “Kinders van die Kompanjie” verwys Karel Schoeman na die onmenswaardige omstandighede waarin slawe destyds in die Slawelosie gewoon het.

Die Slawelosie  – 49 Adderleystraat.

Die Slawelosie in die 18de eeu met die kerk aan die linkerkant en die tuine regs.

Na sy vrybrief en burgerskap begin Jan sy besittings aanvul op vendusies, en koop selfs ‘n slaaf!:

Reference no.: MOOC10/4.115 – Testator(s): Catharina Marquart – 28 Julij 1734
1 kopere coffij kan – Jan Bam – 1:7 Rrijksdaalder
1 jonge gen:t Leander van Mallabaar (slaaf) Jan Bam 114:4 Rrijksdaalder
1 ovale tafel – Jan Bam 8:1 Rrijksdaalder

Reference no.: MOOC10/4.126 – Testator(s): Anna de Coning – 16 Julij 1734
2 racken – Jan Bam – 1:4 Rrijksdaalder
2 racken en 1 kapstok – Jan Bam – 1:4 Rrijksdaalder
1 combuijstafel – Jan Bam – 2:4 Rrijksdaalder
1 kopere bier ketel – Jan Bam – 6:1 Rrijksdaalder
1 aam met poeder zuijker – Jan Bam – 27:3 Rrijksdaalder
1 ijsere balans met 1 boterboor – Jan Bam – 4:– Rrijksdaalder

Reference no.: MOOC10/4.145 – Testator(s): Barbara de Jong – 2 Februarij 17361 ledige kist – Jan Bam – 0:7 Rrijksdaalder

Reference no.: MOOC10/4.147 – Testator(s): Coenraad Fredrik Hofman – 1 Oktober 1736
12 bottels aracq Jan Bam – 2:5 Rrijksdaalder
3 stucken blaauw linnen – Jan Bam – 6:– Rrijksdaalder
1 stuk neusdoeken – Jan Bam – 2:4 Rrijksdaalder
2 p:r zijde koussen – Jan Bam – 7:– Rrijksdaalder
1 spreij – Jan Bam – 1:3 Rrijksdaalder

Reference no.: MOOC10/5.67 – Testator(s): Pieter Meyer – 25 Oktober 1745
1 buyl – Jan Bam – 35:– Rrijksdaalder

________________________________________

EERSTE GESLAG

________________________________________

JAN en  RACHEL JOHANNA CATHARINA VAN DE KAAP se kinders:

1. Johanna Theodora Bam is gedoop op 3 September 1747 en haar eerste huwelik is met Philip Fuchs van Diedesheim, Duitsland. Haar tweede huwelik is op 21 Julie 1793 met Casper Gildenhuyzen van Osnabrück, Duitsland.

2.  Johannes Andries (Jan Andreas) Bam is gebore op 16 Januarie 1744 en gedoop op 28 September 1749 in die NG Kerk, Kaapstad. Hy trou eers met Johanna Magdalena Spiegelenberg en na haar dood trou hy op 26 Julie 1778 met Johanna Catharina Thomasse. Johannes sterf op 26 September 1818.

3.  JOHAN CHRISTIAAN (Jan) Bam is gedoop op 6 Desember 1750.

4.  Maria Elizabeth Bam is gedoop op 16 Januarie 1752.

JOHAN CHRISTIAAN (Jan) is gedoop op 6 Desember 1750 en trou op 16 April 1775 met Maria Christina HoIJer, dogter van Willem Ferdinant Hoijer en Abiegel Cornelia Nel.  Sy is gedoop op 7 Januarie 1759 in die NG Kerk.

JOHAN CHRISTIAAN  se lewe aan die Kaap: 

In sommige dokumente word Johan Christiaan op sy volle name genoem, vemoedelik om hom van sy pa, Jan, te onderskei.  Later word hy ook as net Jan Bam aangespreek.

In 1776 vra Jan Christiaan “for a passage home”.  Wou hy dalk teruggaan Duitsland toe of was hy oppad Kaap toe van iewers anders?

Uittreksels uit “Precis of the Archives of the Cape of Good Hope. HCV Leibrandt, Volume 1 A-E:

 1776 Bam (Jan Christiaan) ; burgher ; asks for a passage home. (No. 18.)

Jan Christiaan en sy broer Johannes Andries (Jan Andreas), was ondernemende sakemanne, ondermeer bedrywers van verskeie tapperye en pagters van ‘n gedeelte van die wyn- en brandewynlisensie wat jaarliks deur die Kompanjie opgeveil is. Die Kompanjie het feitlik alle wynhandel beheer deur middel van die pagstelsel.

Hier onder volg sommige van die transaksies soos opgeteken in die “Precis of the Archives of the Cape of Good Hope – deur HCV Leibrandt, Volume 1 A-E:

Uittreksels uit “Precis of the Archives of the Cape of Good Hope. H.C.V. Leibrandt, Volume 1 A-E:

 1779 Bam (Jan Christiaan) ; lessee of the 3rd quarter of the Brandy lease in the Cape district ; wishes to open a branch tap. (No. 77; date, 2nd September.)

 1780 Bam (Jan Christiaan) ; lessee of the 3rd quarter of the  brandy lease in the Cape District ; wishes to open a branch. (No. 67 ; date, 5th September.)

1781 Bam (Jan Andreas); lessee of the 1st quarter of the  brandy licence in the Cape District ; wishes to open a branch. (No. 60 ; date, 4th September.)

1784 Bam (Jan (Christiaan) ; lessee of the 4th quarter of the  brandy licence in the Cape District ; wishes to open a branch  tap. (No. 113.)

1786 Liquor leases Brandy in 4 parts Total f4995. Lessees  Marten Bateman, two parts ; Christiaan Bam, Joh. v. Helsdingen, each one part. European beer and wine, Jac. Joh. v. d. Berg f4OO. Cape wines, four parts, total f75575- Lessee of the whole, Joh. v. Helsdingen. Lease put up again according to conditions, and bought by Daniel Hugo for f86500. Cape wine at Rondebosch and False Bay, Christiaan Bam, f7000 ;

1787 Bam (Christiaan) ; lessee of the Cape wine and brandy  licences at Rondebosch and False Bay ; wishes to open branch  taps at the ” Driekoppen,” and Salt River. (No. 99a.)

1788 Bam (Jan Christiaan) ; lessee of the 4th portion of the brandy licence ; wishes to open two branch taps. (Signature.) (No. 128.)

1788 Bam (Christiaan) ; lessee of the second and fourth quarters of the licence for brandies and distilled waters in the Cape  District ; wishes to open a branch tap. (No. 100.)

1789 Bam (Jan Christiaan) ; lessee of the 3rd quarter of the  spirit licence ; wishes to appoint as tapper, Jonas Lombert, and  as assistant tapper, Johanna Magdalena Demmer, to retail his  liquor from his house, named ” De Sweetse Vlag,” and from that  of the widow van Schoor, known as ” De Blaauwe Anker.”  (Signature.) (No. 163.)

1783 Bam (Jan Andries) ; lessee of the brandy and wine  licence at Rondebosch and False Bay ; wishes to open a branch  at the ” Driekoppen,” conducted by Jan de Goede ; and at Salt  River, at the house of Martinus Holtman. (No. 112.)

1784 Bam (Jan Andries) ; wishes to open a bakery. (Signature.) (No. 23.)

 Jan Bam – die Kaap brand:

‘n Uittreksel uit Briefwisseling oor Kaapse sake 1778-1792”- deur Hendrik Swellengrebel:

 “In t laatst der Maand January (1790) ontstond alhier aan de Caab ‘s nagts omtrend 12 Uuren een allerhevigste brand, waar van men hier nooit een voorbeeld gesien heeft. de brand begon met een stormende Zuydoosten Wind in ‘t Huys van Jan Bam, ‘schuyns over ‘s Comps Slaven Loge; vervolgens branden de daar annex staande twee herbergen of Schaggerijen af; Wijders de Zijde Spinnerij, ‘s Comps Huys daar den ouden Capitain Burgers  lange Jaren in heeft gewoond, en Eyndelijk het Huys van Wijl. Petrus van der Poel, bewoond door Manthieeze, zodat de zijde Spinnerij en nog vijf Huysen in de Assche gelegt zijn.de Zuyd ooste Wind was zo sterk, dat ‘t Vuur tot op eenige Scheepen gewaaijt is.

(On 31st January (1790) a terrible fire started in the house of Jan Bam obliquely opposite the slave lodge. The South east wind was so strong that these buildings also caught fire and were reduced to ashes: 2 inns, the silk spinning-mill, a homestead belonging to the Company where old captain Burgers lived for many years and also the house of the late Petrus van der Poel where Clemens Matthiessen lived. The wind was so strong that the sparks reached several ships.)

 Bron: Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse Letteren  http://www.dbnl.org/tekst/swel004brie01_01/swel004brie01_01_0047.php

________________________________________

TWEEDE GESLAG

________________________________________

JOHAN CHRISTIAAN en Maria Christina HoIJer se kinders:

1. Jan Ferdinand Bam is gedoop op 14 Januarie 1776.

2.  Johanna Magdalena Bam is gedoop op 27 April 1777 en trou op 12 Maart 1797 met MJ van der Schyff.

3.  Willem Christiaan Bam is gedoop op 26 Julie 1778.

4.  Catharina Cornelia Bam is gedoop op 19 Desember 1779 en trou op 8 Oktober 1797 met Petrus Soesman.

5.  CHRISTIAAN JACOBUS Bam is gedoop op 25 Februarie 1781.

6.  Anna Catharina Bam is gedoop op 12 September 1782 en trou op 26 April 1804 met JH Soesman (Soszmann).

7.  Sophia Christina Bam is gedoop op 15 Julie 1787 en trou op 26 Junuarie 1808 met Marthinus Hendrik Gildenhuyzen.

8.  Johanna Maria Bam is gedoop op 3 Augustus 1788.

9.  Willem Bam is gedoop op 19 Julie 1789 en trou op 9 Januarie 1820 met Zacharya Maria Magdalena Sophia van der Merwe in Uitenhage.

10.  Gerhardus Mauritz Bam is gedoop op 23 September 1790 en trou met Maria Elizabeth Kannemeyer op 13 September 1818 in Kaapstad.

11.  Magdalena Christina Bam is gedoop op 16 Oktober 1791 en trou met JH Beyleveld.

12.  Nicolaas se geboortedatum is onbekend. Hy trou met Elsje Botha.

CHRISTIAAN JACOBUS Bam is gedoop op 25 Februarie 1781 in die NG Kerk, Kaapstad.  Sy eerste huwelik is met RACHEL MARIA VAN LAAR, dogter van Frans Lewenhoff van Laar en Elizabeth Davids op 2 Maart 1806 in die Huwelikshof, Kaapstad . Sy is gedoop op 25 Januarie 1784 in die NG Kerk, Kaapstad.  Na haar dood trou hy met Catharina Fredrika Lange.

Christiaan Jacobus Bam se doopinskrywing  – ‘n Uittreksel uit die Doopboek van die NG Kerk, Kaapstad

Rachel Maria  van Laar se doopinskrywing – ‘n Uittreksel uit die Doopboek van die NG Kerk, Kaapstad

________________________________________

DERDE GESLAG

________________________________________

CHRISTIAAN JACOBUS en RACHEL MARIA VAN LAAR  se kinders:

1.  JOHANNES HENDRIK (Jan) Bam is gedoop op 25 Augustus 1811 en sterf op 5 Mei 1856.

2.  Elizabeth Maria Bam is gedoop op 29 Mar 1807 en sterf op 14 November 1848 in Komaggas. Elizabeth trou met Johann Heinrich Schmelen op 29 Januarie 1833 in die Lutherse kerk, Kaapstad. Hy was ‘n wewenaar en sendeling by Komaggas. Johann was vol lof in sy verslae aan die Rynse sending in Duitsland oor die rol wat sy tweede vrou Elizabeth Bam op Kommaggas in die onderrig van kinders gespeel het.

3.  Christiaan Jacobus Bam is gedoop op 5 Februarie 1809 en getroud met Fredericka Schmelen, dogter van sy swaer Johann Heinrich Schmelen en sy eerste vrou Zara.

4.  Frans Cornelis Bam is gedoop op 10 Junie 1810.

5.  Margaretha Dorothea Bam is gebore op 7 Augustus 1816 en gedoop op 25 September 1816 in Kaapstad.

6.  Maria Catharina Wilhelmina Bam is gebore op 27 Desember 1817 en gedoop op 4 Januarie 1818 in Kaapstad.

6.  Ferdinand Lucas Gerhardus Bam is gebore op 10 Junie 1819.

JOHANNES HENDRIK (Jan) Bam is gebore op 15 Augustus 1811, gedoop op 25 Augustus 1811 in die NG Kerk, Kaapstad en sterf op 5 Desember 1856 op Rooibank, Suidwes-Afrika. Hy  trou met CORNELIA SUSANNA PETRONELLA JOOSTE,  dogter van Jacobus Petrus Jooste and Anna Cornelia W. Jooste op 20 Oktober 1847 in die Rynse Kerk, Tulbagh . Sy is gebore in ongeveer 1817 en sterf op 18 Februarie 1889 in Riebeek-Wes.

Jan Hendrik was ‘n sendeling van die “Rheinische Missionsgesellschaft” in Namakwaland en in die voormalige Suidwes-Afrika, onder andere vanaf 1845 tot 1848 by die sendingstasie Otjikango (later genoem Gross Barmen). Hy arriveer in Windhoek in 1842 saam met sy mede-sendelinge Hahn en Kleinschmidt. Hy was vanaf 1847 tot met sy dood in Desember 1855 in beheer van die Rynse sendingstasie by Rooibank (Scheppmannsdorf) naby Walvisbaai. Vir ‘n tyd het hy by Walvisbaai alle goedere ontvang vir die Rynse sendelinge in sentraal Suidwes-Afrika en dit verder versprei.

Na sy dood hy is begrawe deur William Latham en James Chapman. Sy vrou en kinders is na Walvisbaai geneem en versorg deur Mev. Jane Latham, vanwaar hulle teruggekeer het na die Kaap.

‘n Uittreksel uit “Pioneers of South West Africa & Ngamiland” deur Edward C. Tabler:

“The Lathams lived at Walvis Bay in November 1855, and late in that year they helped bury J. Bam at Rooibank and took his widow and children to stay with them at the Bay.”

Dit was ‘n harde lewe vir die sendelinge en hul gesinne op die warm, dorre vlaktes van Suidwes.  Hulle was feitlik geheel afhanklik van voorrade van die Rynse Sendinggenootskap  wat nie altyd so gereeld afgelewer is nie. Om die situasie te vererger was daar gedurige wrywing tussen die Damaras, Hereros en die Orlam leier, Jan Jonker Afrikaner. Die wrywing het met die jare vererger en oorgespoel na die weerlose sendelinge.

‘n Uitreksel uit ‘n brief wat gebed aanvra vir onder andere, Jan Bam en die “armen Damra”:

“Es gibt Missionsfreunde, die mögen die Mission nur im rosenrothen Kleide sehen. Die werden dies Blatt mit Misbehagen aus der hand legen. Ich habe ihnen aber die Geschichte vom Deckel auf der Dose nicht schenken können. Es steckt doch eine seine Moral in ihr, und wenn’s im Topfe kochen soll, so gehört Holz darunter. Wenn du jetzt ein andächtiges Vaterunser für Hahn und Rath und Kolbe und Kleinschmidt und Vollmer und Jan Bam und die armen Damra und den armen Capitain von Windhoek und vielleicht für not einen betest, so habe ich, was ich wollte.”

Familieverbintenisse met ander Rynse sendelinge in Suidwes-Afrika:

Jan se suster, Elizabeth Maria Bam, was getroud met die wewenaar Johann Heinrich Schmelen. Hy was eers getroud met Zara, ‘n Nama vrou. Zara het hom gehelp om die Evangelies in Nama te vertaal wat hulle aan die  goewerneur van die Kaap, Sir Lowry Cole, oorhandig het. As erkenning vir die groot werk wat deur hulle gedoen is, verskaf Sir Lowry Cole aan Schmelen en sy sending ‘n groot stuk grond waarop die sendingstasie Kommagas gestig is.

Sy broer, Christiaan Jacobus Bam, was getroud met Fredericka Schmelen, dogter van sy swaer Johann Heinrich Schmelen en sy eerste vrou Zara. Hulle het twee kinders gehad, Albertus en Ellen (Ellie).

Franz Heinrich Kleinschmidt was getroud met Jan se swaer ( Schmelen), se dogter Hanna – uit sy vorige huwelik met Zara.

DIE OTJIKANGOSENDINGSTASIE (Gross Barmen):

Oorspronklik bekend as Otjikango ( in Herero beteken dit “groot fontein” – weens die warmbronne), is dit later vernoem na die dorp Barmen in Duitsland waar die hoofkantoor van die Rynse Sendinggenootskap gesetel was. Die eerste sendingstasie vir die Hereros is in Otjikango gestig in 1844 en in 1845 het Jan Bam hier aangekom as sendeling vir die volgende drie jaar.  Die ruïnes van die oorspronklike sendingswoonhuis kan nog gesien word.

Ruïnes van die Otjikangosendingstasie (Gross Barmen) 

DIE ROOIBANK SENDINGSTASIE (Scheppmannsdorf):

Sowat 30 km van Walvisbaai, aangrensend aan die duingordel in die Kuisebriviervallei, lê Rooibank. Die plekkie kry sy naam van die rooi graniet en rooi duine en bestaan tans uit ‘n paar geboue en ‘n pomp stasie. Ongeveer 2 km van Rooibank, omring deur dorre gruisvlaktes, is ‘n Rynse kerkie in die middel van êrens en nêrens. Die kerkie is later gebou, maar lyk ouer as gevolg van die harde klimaat, sandstorms en wind.

________________________________________

VIERDE GESLAG

________________________________________

JAN en  CORNELIA SUSANNA PETRONELLA JOOSTE se kinders:

1.  Johannes Hendrik Bam is gebore in 1849 in Scheppmansdorf, Suidwes-Afrika. Hy sterf op 26 September 1891 in Betanië, Suidwes-Afrika.  Johannes trou in 1876 per spesiale lisensie met Elsie Caroline (Lina) Baade, gebore in Duitsland. Na die afsterwe van haar man het die weduwee met haar vier kinders verhuis na  Gütersloh, Duitsland. Hy was ‘n Rynse sendeling vanaf 1874 tot met sy dood in 1891. Hy het ook deelgeneem aan die onderhandelinge oor die bedrog in die verkoop van Betanië aan Adolf Lüderitz.

2.  Gustav Robert Bam is gebore in Scheppmansdorf, Suidwes-Afrika, geboortedatum onbekend.

3.  Anna Maria Bam is gebore in Scheppmansdorf, Suidwes-Afrika, geboortedatum onbekend, en trou op 22 Desember 1875 per spesiale lisensie met David F. Naude.

4.  CHRISTIAAN JACOBUS Bam is gebore op 17 April 1854 in Scheppmansdorf, Suidwes-Afrika. 

CHRISTIAAN JACOBUS Bam is gebore op 17 April 1854 in Scheppmansdorf, Suidwes-Afrika, sterf 14 Januarie 1928 en is begrawe in die Onderpapegaai-begraafplaas, Stellenbosch. Hy trou op 3 Oktober 1890 met GEORGINA WILHELMINA KUPFERBÜRGER van Stellenbosch,  dogter van ‘n Rynse sendeling, Wilhelm Kupferbürger en Friederike Johanne Helene Schröder. Sy is gebore op 22 Februarie 1865 en sterf op 5 Junie 1943.

Onderpapegaai-begraafplaas, Stellenbosch

Die Rynse kerk, die Braak, Stellenbosch gebou in 1823, met die voorste vleuel in 1840 

________________________________________

VYFDE GESLAG

________________________________________

CHRISTIAAN JACOBUS  en GEORGINA WILHELMINA KUPFERBÜRGER se kind:

  1. ERICH is gebore op 8 April 1892 en sterf op 12 Januarie 1972.

ERICH is gebore op 8 April 1892, sterf op 12 Januarie 1972 in die Pam Brink Ouetehuis, Strand, en is begrawe in die Goedehoop-begraafplaas, Strand.  Hy trou met  ANNA SOPHIA DE VOS, gebore 7 Junie 1897, dogter van Wouter de Vos en Anna de la Bat.  Sy sterf 17 Augustus 1977 en is begrawe in die Goedehoop-begraafplaas, Strand.  Erich was ‘n sendeling in Nigerië, in die Koperstreek van Zambië, Petrus Steyn,  Montagu,  Aliwal-Noord, Riviersonderend en Villiersdorp.

Goedehoop-begraafplaas, Strand

Die De Vos familie in 1832 – Erich  en Anna Bam is in die 2de ry van agter, heel regs.

________________________________________

SESDE GESLAG

________________________________________

ERICH  en ANNA SOPHIA DE VOS se kinders:

1.  Christiaan Bam is gebore op 17 Julie 1922 en sterf in Desember 1974.

2.  Anna Bam is gebore op 17 April 1924.

3.  Wouter de Vos is gebore op 26 Februarie 1926.

4.  GUSTAV Bam is gebore op 7 Desember 1928 in Mkar, Nigerië en sterf op 10 November 1996 in Mosselbaai en begrawe in die Onderpapegaai-begraafplaas, Stellenbosch.

5.  Esther Bam is gebore op 2 April 1930.

6.  Cecile Bam is gebore op 23 Desember 1931.

7.  Erica Bam is gebore op 13 September 1933.

GUSTAV Bam is gebore op 7 Desember 1928 te Mkar, Nigerië en sterf op  10 November 1996 in Mosselbaai en is begrawe in die Onderpapegaaibegraafplaas, Stellenbosch.  Hy trou met JOHANNA CATHARINA (Rinie) VAN ZYL,  gebore 16 Oktober 1930 in Porterville. Gustav was ‘n NG Leraar, onder andere by die Groote Kerk, Kaapstad.

Onderpapegaaibegraafplaas, Stellenbosch

 Gustav se loopbaan:

 n Berig uit die Beeld van 12 November 1996:

NG Kerk se prof. Gustav Bam sterf aan kanker 

BELLVILLE. Prof. Gustav Bam is Sondag ná ‘n lang siekte in die Bay  View- Private Hospitaal in Mosselbaai aan kanker oorlede.  

Kerkleiers het sy dood as ‘n groot verlies bestempel. Volgens hulle  is sy nalatenskap op die gebied van liturgiese vernuwing  “onberekenbaar kosbaar”. Ds. David Botha, voormalige moderator van die NG Sendingkerk, het gesê prof. Bam sal veral onthou word oor die deurslaggewende rol wat  hy gespeel het in die totstandkoming en formulering van die  Belhar-belydenis.  Dit was hy wat die sinode van die NG Sendingkerk in 1982 daarop gewys het dat die aanvaarding van die status confessiones (dat die  geloof aan apartheid en die Evangelie met mekaar bots) noodwendig  tot die formulering van ‘n belydenis moet lei. “Hoewel hy die status confessiones bestry het, het hy die gevolge  daarvan besef en ‘n belangrike rol gespeel in die uiteindelike  aanvaarding van Belhar,” het ds. Botha gesê.

Prof. Bam is in 1955 as NG predikant van die Groote Kerk in  Kaapstad georden.  In 1967 het hy hospitaalleraar in Kaapstad en Wynberg geword. In  1970 is hy bevestig as leraar van die Cape Peninsula Reformed  Congregation en in 1982 het hy hoogleraar aan die teologiese skool  van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) geword. Volgens ds. Botha het prof. Bam baanbrekerswerk gedoen op die  gebied van die diakonologie. Hy het aan die UWK in die praktiese  teologie prediking en pastorale sorg gespesialiseer en in November  1991 geëmeriteer.  Prof. Bam en sy vrou, Rinie, het die laaste tyd in Mosselbaai by sy dogter, mev. Judith Smit, gewoon.  Hy word ook deur vyf kinders oorleef.  Hy sal uit die NG kerk Welgelegen in Panorama begrawe word.

Bron: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1996/11/12/7/1.htmlKATEGORIE

n Verdere berig uit die Beeld van 13 November 1996:

Gustav Bam: Jong profeet in die Groote Kerk (1961)

Senator Olivier het gebel om te vertel van die beroering onder sy politieke kollegas oor die strekking van die preek: Terwyl die Afrikaners die verdrukking van Ou Israel deur Egipte steeds gesien het as parallel met die Britse verdrukking van die Afrikaner, het broer Gustav bevind dat dit nou eerder heenwys na die verdrukking van die gekleurde volke in Suid-Afrika deur die blankes.  Daarby moet nou ook gesê word: wanneer van NG Kerk kant “bely” word dat “ons geswyg het toe ons moes gepraat het”, daardie “ons” stemme soos dié van die jong dr. Bam sekerlik nie insluit nie. ‘n Roudiens vir prof. Bam word môre om 10.30vm. in die NG gemeente Welgelegen gehou. Die diens word deur di. Kobus van der Westhuyzen en Murray Coetzee gelei.  Die teraardebestelling is om 8.30vm. in Stellenbosch se begraafplaas.

Bron: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1996/11/13/15/6.html

________________________________________

SEWENDE, AGSTE EN NEGENDE GESLAGTE

________________________________________

GUSTAV en JOHANNA CATHARINA VAN ZYL se kinders:

1.  Erich Bam is gebore op 23 Januarie 1957 in Kaapstad en trou met Heidi van Heerden, gebore op 16 September 1959 in Johannesburg.

Erich en Heidi se kinders:

1.  Jaycee Gustav Bam is gebore op 18 Mei 1990 in Vancouver, Kanada.

2.  Chanel Bam is gebore op 7 Mei 1998 in Vancouver, Kanada.

2.  Judith Bam is gebore op 24 Mar 1959, Kaapstad en trou met Johannes Christoffel Smit, gebore op 22 Mei 1954 in Durban.

Judith en Johannes se kinders:

1.  Jeanne Helene Smit is gebore op 23 November 1981 in Bethlehem en trou met ? Bierman.

2.  Karen Wena Smit is gebore op 12 Januarie 1984 in George.

3.  Esther Judith Smit is gebore op 16 September 1988 in Leeds, Engeland.

3.  Anna Bam is gebore op 28 Nov 1960 in Kaapstad en trou met Francois (Frans) Johannes Odendal, gebore op 11 Jan 1954 in Robertson.

Anna en Frans se kind:

1.  Corné Odendal, 24 Apr 1995, Kaapstad.

4.  Albertus Johannes (Albert) Bam is gebore op 8 Julie 1963 in Kaapstad en trou met Jeanne Francis McClellan, gebore 18 Oktober 1966 in Lachine, Montreal, Kanada.

Albert en Jeanne se kinders:

1.  Connor Bam is gebore op 2 November 1998 in Knysna.

2.  Jacque David Bam is gebore op 8 Augustus 2001 in Knysna.

3.  Richard Bam is gebore op 27 Desember 2002 in Kaapstad.

5.  Christian Bam is gebore op 21 November 1966 in Kaapstad en trou met Cindy du Plessis, dogter van Andrie Barend Frederik (André) en Carol Anne Beck. Cindy is gebore op 19 Julie 1972 in Bloemfontein.

6.  Gustav Bam is gebore op 1 September 1972 in Kaapstad en trou met Catherine Margareth Hayward (Carin), gebore op 10 Januarie 1975 in Bellville, Kaapstad.

Gustav en Carin se kind:

1.  Cara Bam is gebore op 18 Mei 2011 in Kaapstad (aangenome dogter).

________________________________________

BRONNE

________________________________________

Rinie en Cindy Bam

SAG Vol. 1 – deur JA Heese en RTJ Lombard

Geslacht-Register der Oude Kaapsche Familien – deur CC Villiers.(1893)

“Personalia of the Germans at the Cape” – deur J. Hoge

“Deutsche Wanderung nach Südafrika im 19. Jahrhundert” – deur Werner Schmidt

“Pioners of South West Africa & Ngamiland” – deur Edward C. Tabler

“Translating Africa for Germans: The Rhenish Mission in Southwest Africa, 1829-1936” – A Dissertation by Glen P. Ryland

“Free burghers alcohol retail and the VOC authorities at the Cape of Good Hope” – deur Gerald Groenewald, Department of Historical Studies at the University of Johannesburg
“Die Resolusies van die Politieke Raad van die Kaap die Goeie Hoop” –

“Precis of the Archives of the Cape of Good Hope: Requesten (memorials) 1715-1806”, Vol II – deur HCV Leibbrandt. Hoof van die Kaapse Argiewe

“Precis of the Archives of the Cape of Good Hope”, Vol I A-E – deur HCV Leibbrandt. Hoof van die Kaapse Argiewe

Tanap: MOOC10/4.115, MOOC10/4.145, MOOC10/4.147, MOOC10/5.67

Stamouers – www.stamouers.com

VOC Site – http://www.vocsite.nl

RM Van Laar doop  https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-267-11116-194588-60?cc=1478678

CJ Bam doop  https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-267-11116-195097-14?cc=1478678

JH Bam doop https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-266-11558-54505-87?cc=1478678

Grafstene http://www.eggsa.org

http://www.klausdierks.com/Chronology/13.htm

http://en.wikipedia.org/wiki/Gross_Barmen

http://www.klausdierks.com/Biographies/Biographies_B.htm

http://www.republikein.com.na/plaaslike-nuus/laat-die-nageslag-van-schmelen-ongehinderd.211900